12.07.2015 Views

Amos Africa

Amos Africa

Amos Africa

SHOW MORE
SHOW LESS
  • No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

is en dit word sigbaar in dinge soos eenheid en samewerking, asook dieomgee vir mekaar. Die burgers van God se Koninkryk het die taak omook te help met die herstel en bou van verhoudinge met mense entussen mense wat nog buite die Koninkryk van God staan. Baie andermense en organisasies beywer hulle ook vir die herstel en bou vanverhoudings, selfs al is hulle nie Christene nie. Waar en wanneer hullemet AMOS wil saamwerk, ten spyte van ons duidelike belydenis vanChristus, is ons bereid om saam te werk. Ons glo immers dat dieenigste fondasie vir blywende eenheid en versoening, Christus is.Diakonia verwys na die liefdesdiens teenoor ander. Hierin is Christusvir ons die groot Voorbeeld. Hy het Homself prysgegee en almal gedien(Filippense 2:3-8). Uit talle Skrifgedeeltes is dit duidelik dat dieliefdesdiens van God se kinders nie beperk kan en mag word tot diensaan mekaar nie. In AMOS glo ons dat alle mense na die beeld van Godgeskep is en daarom met liefde en respek behandel moet word. Ryk enarm; siek en gestremd; werkgewers en werknemers; mans, vroue enkinders; mense van alle godsdienstige en politieke oortuigings;geleerdes en ongeletterdes; mense van elke volk, stam, taal en nasie,moet met liefde gedien word. Daar is baie verskillende diensorganisasieswat uitstekende werk doen. Daar is ook regeringsprojektewat geloods word om mense in hulle nood by te staan. Waar enwanneer ander met AMOS wil saamwerk, ten spyte van ons duidelikebelydenis van Christus, is ons bereid om sover prakties moontlik, saamte werk. Ons sien die samewerking as ’n geleentheid om vir Christus tegetuig en sy Koninkryk aan die wêreld te demonstreer.Praktiese voorbeelde waar AMOS alreeds met ander vennote betrokkeis, of betrokke wil raak is: Samewerking met Teologiese- en/of Bybelskole om ons te helpmet die opleiding van broers en susters wat deel gaan vorm vandie <strong>Amos</strong> Reisende Bediening-Span (ARBS) en hulleself graagvêrder wil bekwaam in die Woord van God; Samewerking met ’n ander apostoliese bediening om PlantingGod’s Way-opleiding in vyf Afrika lande, waar ons nog niebetrokke is nie, te gee;69

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!