01.05.2013 Views

'Onaktiewe' Alexkor-trust striem hupstoot vir Namakwaland se

'Onaktiewe' Alexkor-trust striem hupstoot vir Namakwaland se

'Onaktiewe' Alexkor-trust striem hupstoot vir Namakwaland se

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Anenous Pas Uitkykpunte

Het jy ‘n mors-mentaliteit?

Die twee uitkykpunte weerskante van die Anenouspas op die

Steinkopf – Port Nolloth pad is met rommel besaai, alreeds sedert

Donderdag 24 November 2011 toe ons dit die eerste keer opgelet

en fotografeer het. Sedertdien het ons ‗n paar keer Port Nolloth

toe en terug gery en die toestand vererger net by die dag. Die

meegaande fotos is geneem op Woensdag 11 Jan 2012.

Mens voel skaam om te dink dat besoekers oor die feesseisoen in

daardie gemors moes afklim om die prag van die omringende

Namakwaland te bewonder, terwyl so baie van ons, insluitende

die Noord Kaap Toerisme Outoriteit, hard werk om besoekers hier

te kry en hulle te oortuig van die waarde van ‗n vakansie hier. As

mens oor die veiligheidsreling teen die helling afkyk, is dit duidelik

dat die plek vir maande lank al nie skoongemaak word nie.

Ons het vreemd genoeg opgelet dat die aftrekplekke tussen

Springbok en Steinkopf wel redelik skoon is. Behalwe dat die

betrokke verantwoordelike outoriteite hulle plig versuim in die

skoonmaak van die uitkykpunte in die Anenous Pas, dui die

gemors daar en die toestand van Springbok en Port Nolloth se

strate die oggend na die onderskeie Liggiefeeste en Ou Kersdag,

op ‗n mors-mentaliteit wat nog in baie plaaslike inwoners

vassteek. Ten spyte van die feit dat rommelstrooi teen die wet is,

is dit nie ‗n onbekende gesig om te sien hoe mense blikkies,

bottels, hamburger polystyrene houers en vis en tjips omhulsels

sonder huiwering net daar in die pad neergooi waar hulle daarmee

klaar is nie. Bierbottels, heel en gebreek, is ‗n algemene gesig

langs die paaie in die Richtersveld Bewaringsgebied (nogal ‗n

wêrelderfenis area (World Heritage Site).

In

22

Dui dit daarop dat die moraal laag is, of dat sommige mense net nie gelukkig is

as hulle nie in ‗n gemors lewe nie? Dit gaan ‗n definitiewe opvoedingspoging,

versterk deur wetstoepassing, verg om die impak van die mors-mentaliteit te

verminder. Intussen sal dit help as die verantwoordelike outoriteite ten minste

die basiese onderhoudswerk in die Anenous Pas doen, omdat dit ‗n besondere

toerisme uitkykpunt is. (C.Conradie)

SLANG!

meer oor die Kaapse Kobra

IN ONS NATUUR

Die Kaapse Kobra, of soos dit in die volks-mond

bekendstaan, bruin kapel of geelslang (beide is

van dieselfde spesie, Najanivea), is ‗n inwoner van

die droë dele van Suid Afrika. Die gemiddelde

lengte van die aantreklike slang is ongeveer 4 voet,

maar soms kan hulle tot 6 voet lank wees. Die kleur verskil van een gebied

na ‗n ander.

Die Kaapse Kobra is meestal aktief in die dag en vroeë aand. Die kobra het ‗n

wye verskeidenheid prooi, onder andere ander

slange, en het die gewoonte om in die laer takke van bome op te seil om

versamelvoël neste te plunder. Die teenwoordigheid

van knaagdiere, soos muise, trek hulle ook aan en hulle speel ‗n belangrike

rol in die beheer van knaagdiere. Die Kaapse Kobra produseer ‗n kragtige

neuro-gif wat die

asemhalingstelsel aanval. Sonder die be-hoorlike teengif, is die voorkoms van

dood as gevolg van ‗n kobra byt se kanse 60%. Dit is ‗n vinnige slang en word

aggressief as dit in ‗n hoek vasgekeer word en is die giftigste van alle kobra

spesies. In sy natuur-like omgewing waar daar wegkomkans is, sal die kobra

egter as eerste keuse vlug as dit gekonfronteer word. Die kobra is self ook

prooi vir ander spesies en word deur roofvoëls en muishonde gevreet. Ratels

staan ook nie terug vir ‗n kobra nie en dit vorm deel van hul voedsel. Die wyfie

lê 8 – 20 groot eiers (60 x 30 mm) in ‗n gat. In Namakwaland het die meeste

mense ‗n heilige vrees vir slange en word slange dikwels doodgemaak as

hulle teëgekom word. Hierdie praktyk is nie net gevaarlik nie, aangesien die

kobra ‗n gedugte slang is, maar is ook teenproduktief. Indien dit enigsins

vermy kan word, moet die slange in vrede gelaat word, sodat hulle hul

natuurlike rol as beheerders van knaagdiere kan vervul. Sonder hierdie

besonderse slang, sal ons landskap armer wees en sal daar ook te veel

knaagdiere wees, wat siektes kan veroorsaak en weiveld kan beskadig.

Slange, insluitende die Kaapse Kobra,

help om die balans in die natuur te handhaaf.

Verseker moet ons respek hê vir hierdie slang, maar dit is ook belangrik dat

ons hul rol in die ekosisteem erken en hulle die kans gee om hul werk te

doen. Die beste ding om te doen as ons vir kobra in die veld teëkom is om

ons hoed so effens te lig en dan uit sy pad te bly! (Veepos)

Bumper sticker qoutes:

"I may be slow but I'm ahead of you!"

"I just got a new car for my wife today. Best trade I ever made."

22

22

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!