01.05.2013 Views

'Onaktiewe' Alexkor-trust striem hupstoot vir Namakwaland se

'Onaktiewe' Alexkor-trust striem hupstoot vir Namakwaland se

'Onaktiewe' Alexkor-trust striem hupstoot vir Namakwaland se

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Lekkerleesfees! Lekkerleesfees! Lekkerleesfees !

Vet Piet onthou as Kalahari-professor

Ons het op ‘n keer met my viertrekbakkie op ‘n sandpad in die Kalahari gery. ‘n

Gemaklike snelheid van 30 km/h is gehandhaaf.

―Swartwolf,‖ sê Vet Piet, wat langs my sit. Hy het beduie na die spore in die rooi

Kalaharisand wat teen dié snelheid onder die bakkie verdwyn.

Ons het gestop en uitgeklim. Daar lê die spore. Hoe weet ek dis ‘n swartwolf (of

bruinhiëna, die meer konvensionele naam)?

―Kyk, sy agtervoet is baie kleiner as die voorvoet. En hy het baie hare op sy voete. Kyk

hoe sit die hare tussen sy vingers.‖

Hierdie was die fyn besonderhede waarmee ‘n mens die verskil tussen ‘n bruinhiëna

en ‘n gevlekte hiëna kon sien. Vet Piet het tussen die twee spore onderskei terwyl

hulle teen 30 km/h onder die bakkie deur geflits het.

Só was Vet Piet se vaardigheid. Ek onthou dat ons eendag langs so ‘n tweespoorpad

in die Kalahari gery het. Vet Piet het my gevra om te stop.

Langs die bakkie het die spore van ‘n leeumannetjie gelê. ―Kyk, hy draf nou,‖ het Vet

Piet gewys.

Toe begin hy met ‘n verduideliking van die verskillende redes hoekom ‘n leeumannetjie

sommer sal begin draf. Die waarskynlikste rede onder daardie omstandighede, het hy

gedink, was dat ander leeus ‘n vangs gemaak het en dat hy nader draf om in die fees

te deel.

Raai wat kry ons toe 2 km verder? ‘n Trop leeus op die vars karkas van ‘n eland.

Vet Piet het sy merkwaardige kennis met graagte gedeel. Dit was omvattend en het

die hele spektrum van die ekostelsel gedek.

Oor die weer sou hy byvoorbeeld sê: ―As die sterretjies hulle se ogies so knip, dan

kom die koue uit die suide uit.‖

Die koggelmanders wat so op die punte van die driedoring se takke gedrapeer lê, was

weer ‘n duidelike teken van reën wat op pad is.

Of dit was die gedrag van springbokke ná die winter. Hy het met smaak vertel hoe die

dragtige springbokooitjies aan die driedoring se blommetjies en peultjies vreet en

hoedat dit hulle melkproduksie stimuleer op ‘n tyd wat die veld nog arm is aan kos,

voor die eerste reëns.

Hy het oneindige plesier daaruit geput om te wys hoe die spoorvatterjie ‘n skerpioen

uit sy gat jaag. Die spoorvattertjie is ‘n grondkewer met ‘n ordentlike stel kake. As hy

by ‘n gat kom wat deur ‘n skerpioen gegrawe is, kies hy onmiddellik koers in die gat in.

Binne minute kom ‘n verontwaardigde skerpioen uitgekruip, sy stert penorent. Minute

later verskyn die spoorvattertjie weer en stap nonchalant voor die skerpioen se neus

verby.

Sy veldetiek was merkwaardig, gegewe sy lewensgeskiedenis. Ons het een aand by ‘n

kampeerplek langs Lang Rambukapan gesit, toe ‘n groot tampan by ‘n tafelpoot

opklim. Verontwaardig wou een van die mense hom vermorsel, maar Vet Piet het

gekeer. ―Nee, los hom. Dis sy plek dié,‖ het hy gesê.

Vet Piet was by uitstek ‘n spoorsnyer en een van die eerstes in Suid-Afrika wat deur

Louis Liebenberg as Meesterspoorsnyer gekroon is.

Meesterspoorsnyers is die professore van spoorsny, is Louis se standpunt. Van die

grootste plesier wat mense uit Vet Piet se teenwoordigheid geput het, was die

verstommende wyse waarop hy ‘n stuk Kalaharisand lewendig kon maak met sy

spoorinterpretasie.

‘n Paar gate in die sand kry lewe as Vet Piet wys hoedat die leeuwyfie probeer het om

‘n haas te vang en op een plek selfs bo-oor ‘n bos gespring het om die vreesbevange

hasie aan te keer.

Soos iemand eendag gesê het ná ‘n vroegoggend-stappie op die duine: ―Dis soos om

die koerant te lees. Al die nuus van die nag lê in die sand.‖

– Vet Piet was ‘n veldwagter in die Kalahari-Gemsbok Nasionale Park.

Hy het sy hele lewe in die park gewoon.

Onder die mentorskap van legendariese Boesman-spoorsnyers soos Agarob en

Regopstaan het hy gedy en ‘n meesterlike natuurmens, veldwagter en spoorsnyer

geword.

Op 27 Maart 2004 is hy tragies in ‘n motorongeluk oorlede.

– Johan Fourie het 20 jaar lank by Sanparke gewerk en was ‘n kollega van Vet Piet.

Hy is ‘n skrywer, en sy boek Stryd in die Bos is oor renosterstropery.

Namakwaland

24

se musiek

ontroer

Die vraag van die hoender en die eier is nog onopgelos.

Dikwels werk dit ook so met albums en optredes.

Sou Koperkoors, die album, die lig gesien het as daar nie

optredes was nie? Sou dit soveel lekker luistergenot

gebied het as dit nie vooraf beproef, geskaaf en

aangepas is nie? Waarskynlik nie.

Die album vertel die verhaal van 400 jaar van

Namakwalandse geskiedenis.

Sakka Stone en Jannie Uys het Koperkoors vir die

eerste keer in 2010 op Springbok opgevoer. Hulle is albei

gebore Namakwalanders.

Durbanville was een van die dorpe wat sy deure vir hulle

oopgegooi het. Nostalgie alleen was nie die rede waarom

Namakwalanders en ander gehore na die musiek

geluister het nie. Die musiek en lirieke is aangrypend.

Weliswaar raak die hele besigheid ‘n bietjie langdradig

wanneer die storie daarmee saam vertel word. Dié kom

uit ‘n denkbeeldige dagboek van ene Ouma Gesie wat (in

die verhoogproduksie) vleis aan die been sit.

Of is dit nou weer die hoender en die eier – is die musiek

en lirieke die vleis en die verhaal die been, of andersom?

Daar is verskeie liedjies op die album wat op sig self op ‘n

album kon staan. ―Murg en Been‖ en ―Tkoenebee en

Krimpsiek‖ is twee goeie voorbeelde. ‘n Mens kan jou

voorstel hoe hulle sal klink met ‘n bietjie voller klank en ‘n

paar stemme in die agtergrond.

Die hoofsaaklik kitaarklanke werk egter goed saam met

die nostalgiese liedjies.

Een van die hoogtpepunte op die album is ―llGuse Sats

Elots !Oa‖ in Nama waarby Duits en Afrikaans van ―Nader

my God by U‖ ingewerk is.

Stone en Uys sing ook in Frans en Engels om aan alles

‘n verteenwoordigende stemming te gee.

Verlore liefde, oorlog, hebsug en die gevolge van skielike

rykdom is alles deel van die tapisserie wat in Koperkoors

geweef word.

Jy hoef nie ‘n Namakwalander te wees om ontroer te

word deur die storie en die musiek te geniet nie.

As jy een is, het jy seker al hierdie album op jou rak.

24

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!