01.05.2013 Views

'Onaktiewe' Alexkor-trust striem hupstoot vir Namakwaland se

'Onaktiewe' Alexkor-trust striem hupstoot vir Namakwaland se

'Onaktiewe' Alexkor-trust striem hupstoot vir Namakwaland se

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BRUNHILD STRAUSS AKTIVIS EN GESTREMDE SPORT

Brunhild Strauss, ‗n boorling van Worcester wat sy skoolopleiding in Worcester gedoen het in die Boland. Hy

het hom as ‗n tegnikus bekwaam wat te doen het met die instandhouding van verskeie hulpmiddels en

toerusting. Hy het dan later Worcester verlaat en in die Weskaap gaan werk vir ondervinding asook om die

lewe daardie kant van die draad te gaan ontdek, maar gou uitgevind sy wortels wil hy plant in die Platteland

en nie in ‗n stad nie. Baie gou het hy dan die Weskaap verlaat en hom bevind in Namakwaland .

Dit Was ook nie lank nie en hy pluk ‗n verbode daisy blom van Namakwaland waarmee hy kort voor lank

getrou het en dan ook nie op hom laat wag het om hom ‗n erfgenaam ryker te kry nie. Hy is die pa van ‗n

seun wat 18jaar oud is.

Op 18 Maart 1995 het my lewe dramaties verander deur ‗n tragedie - niemand weet wat en wanneer enigiets

soos die dood, of ‗n ongeluk jou sal ontmoet nie.

As ‗n persoon wat gestremd geraak het 18 jaar gelede, as gevolg van ‗n motorongeluk wat my rolstoel mobiel

gelaat het. Ek moes na intensiewe rehabilitasie en met ‗n goeie ondersteuningsbasis van familie en vriende,

deur middel van my nuwe uitkyk as ‗n persoon met ‗n spesiale behoefte ( Parapleeg ) betrokke raak by

verskeie organisasies en sport vir mense met gestremdhede. My gestremdheidsterme- parapleeg, beteken

dat ek slegs die gebruik van my bo-liggaam het.

As ‘n gestremde persoon het ek gou te doen gehad met die werklikheid van ons samelewing en spoedig

agtergekom dat die samelewing rondom ons, mense met gestremdhede behandel as 2de handse

landsburgers. Mense staan onsimpatiek teenoor persone met spesiale behoeftes soos gehoorgestremdes,

gesiggestremdes, mense wat met hulpmiddels beweeg soos rolstoele en krukke ens. Daar is ook die

persepsie dat mense wat gestremd is- dat daar iets verkeerd is met hulle brein. Daar word ook nie

genoegsame voorsiening gemaak wat toeganklikheid betref vir mense met spesiale behoeftes nie. Geboue

en mense in diens van die ope arbeidsmark laat ‗n groot leemte en behoefte om mens met gestremdhede ook

die geleenthede op ‗n gelyke vlak te bied.

As jongman was ek lief vir fietsry en was my begeerte dan ook om weer fiets te kan ry.Ek wou ook so gou as

moontlik iets doen wat sport betref en het dan ook fietsry as ‗n stokperdjie gekies - slegs ‗n ander metode en

manier van fietsry is. Die manier van fietsry is nie die gewone manier van fietstrap met die bene nie, maar met

die arms. Ek het dan ook vir myself ‗n rolstoel gekry waarvan jy die ‗handtrap‘ gedeelte vooraan haak en dan

in die rolstoel met die arms trap om jou weg te kry.

Ek het verneem van die jaarlikse ‗Outeniqua Wheelchair challenges‘ wat in George in die suidkaap plaasvind

en het dan ook sowat 10 jaar gelede begin deelneem aan die geskiedkundige byeenkoms waar honderde

persone met verskillende gestremdhede deelneem.

By hierdie byeenkoms te George het Ernst Van Dyk , Suid Afrika se wereld Rolstoel Marathon Kampioen dan

ook deel geneem aan ‗n straat marathon. Ernst het my dan ook aangemoedig om vir my ‗n ‗REGTE‘ handfiets

aan te skaf om sodoende in ‗n ander kategorie mee te ding.

Ek kon dan ook spoedig vir my ‗n ‗Regte Handfiets‘ aan skaf wat beteken dat ek op op ‗n meer kompeterende

manier kan ry asook die sport beter kan geniet. Die fietse is modern handfietse wat slegs te kry was in die

buiteland en moes ingevoer word en wat ook tans verskriklik duur is aangesien hulle beskik oor ratte en

remstelsels van goeie kwaliteit.

Ek doen die sport slegs as ‗n stokperdjie en geniet dit terdeë om deur Springbok se strate te ry en die wind in

my hare ( wat ek nie het nie ) te voel. Ek voel ook na aan die natuur wanneer ek op my fiets ry , omdat ek as

‗n persoon wat daagliks met my rolstoel moet beweeg, vry voel in die ope lug wanneer ek op my fiets is. Jy

voel nie rolstoelgebonde, aangesien jy op ‗n hoë spoed met ander nie-gestremde fietsryers in die buitelug op

‗n gelyke manier deelneem aan fietsry aktiwitiete.

Die jaarlikse Toer De Kaap is ‗n fietsrit wat meer as 550 km strek oor 5-6 dae .Dit is 5 jaar gelede begin deur

‗n gestremde dame wat gesien het dat gestremde handfietsryers ook soos die jaarlikse Cape Epic fietsry vir

nie gestremdes, wat oor ‗n paar dae strek, ook gedoen kan word. By hierdie Toer De Kaap word jy tot die

uiterste beproef om jou vermoë te bewys, aangesien die roete steil bergpasse het , asook te doen het met

ondraaglike weersomstandighede soos reën en hitte.

Hierdie Toer De Kaap het my nuuskierigheid geprikkel en het ek dan betrokke geraak en begin deel neem,

soveel so, dat ek steeds jaarliks deelneem aan hierdie uitmergelende tawwe Handfiets Toer wat ook jaarlikse

internasionale deelnemers lok.

Die Jaarlikse Cape Argus fietsry wat in die Weskaap plaasvind en strek oor 109km, het ek ook al vele kere

aan deelgeneem en geen uitsonder word gemaak met ons as gestremde handfietsryers teenoor nie

gestremde fietsryers. Ons ry dieselfde afstand asook dieselfde roete met veeleisende passe soos bv

Chapmans peak en die baie bekende tawwe Suikerbossie- hele afstand natuurlik met jou arms.

Hierdie sport het ook sy uitdagings, aangesien ons as gestremde handfietsatlete self ‗n papwiel moet

regmaak langs die pad, alhoewel ons nie kan opstaan uit die trapmasjiene nie, of jy moet wag vir hulp langs

die pad.

Ek het ook ‗n goeie ondersteuning span soos my familie wat my heeltemal ondersteun met die sport en ook

saam met my gaan indien ek na plekke gaan om sosiaal te gaan deelneem aan byeenkomste.

As handfietsryers van Namakwaland is ons ook gereeld op soek na borge om te help met onderdele en

vervoer uitgawes om deelnemend en verteenwoordigend te kan wees op plaaslike, nasionale en

internasionale vlak.

Met gestremde sport word jy beproef tot die uiterste, maar erken en aanvaar jou tekortkominge. Jy besef jy

moenie toelaat, dat hulle jou lewe oorheers nie. Leer daaruit geduld, lieftalligheid en insig. Jy het waarskynlik

ook ‗n paar gebreke, maar weet jy wat? Hulle hoef nie enige verskil te maak aan jou waarde as persoon nie.

Jy het inherente waarde, gebaseer op niks meer nie as die feit dat jy ‗n mens is. Jy bly ongelooflik waardevol.

Jy is ‗n wenner en ‗n presteerder, ongeag of jy slim is al dan nie, of jy musikaal is, of nie.

Jou gebreke en tekortkominge speel egter ‗n rol in die bepaling van die doel van jou lewe en dit is goed.

‘If you are blind, it does not mean you haven’t got vision, and if you can’t walk it does not mean you

haven’t got distance; Stevie Wonder

28

Adverteer d.m.v.

Radio Nfm 98.1

0277441100 / :

nfm98.1@gmail.com

Besigheid

Te Koop / Springbok

'n Sukesvolle

eenmansaak

kleinsake onderneming

bestaan 18 jaar

'n

kliëntebedieningsarea

van meer as 160 km

radius: Alexanderbaai,

Port Nolloth, Garies,

Pofadder

Minimum omset van

R40 000.00 +per

maand

Ligging: Sentraal in

besige sakesektor,

naby Absa

Geen kompeterende soortgelyke

besighede in en rondom

Springbok

Prys : Onderhandelbaar

Vir Verdere Navrae 28 Kontak:

078 0194 758 /079 622 1793

Nama Khoi Munisipaliteit ( Springbok), ons maak staat op julle om vanjaar vir ons opritte vir rolstoele aan te lê op strategiese

areas in die dorp. Dit sal die lewe van ons rolstoelgebruikers baie vergemaklik. Byvoorbaat dankie!

11

17

11

13

11

8

9

12

21

28

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!