01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Namakwa’s kou klippe

De Beers is al vir omtrent 80 jaar in die diamantbedryf in Namakwaland en het al miljarde

rande se diamante uit die gebied gemyn. De Beers is nou besig om Namakwaland te

verlaat en laat baie min vir die Namakwlanders as erfenis na – behalwe groot areas

ongerehabiliteerde mynhope. Tot op hede is baie min van hul sosiale verantwoordelikhede

nagekom.

De Beers het nou die Namakwalandmyne aan Transhex verkoop en die gemeenskappe is

ongelukkig omdat ook Transhex , wat alreeds in die gebied myn, baie min van hul sosiale

verantwoordelike nagekom het. Die transaksie het R225 miljoen beloop en is in

vennootskap met Emarald Panther Investment (EPI) en Transhex wat elk ‗n 50 % aandeel

het.

Die gemeenskappe was oor die jare nog net werkers op die myne en het geensins gedeel in

die rykdom en het geen voordele geput uit die myne nie. Geen transformasie in die

mynboubedryf het plaasgevind nie en die gemeenskappe was ook nie gekonsulteer oor die

transaksie soos deur die Minerale en Petroleum Hulpbronwet vereis word.

Die Departement van Minerale en Energie (DME) sal na verwagting binnekort besluit oor

die oordrag van mynregte aan Transhex. Die gemeenskappe poog nou om die Minister te

oortuig om hierdie besluit uit te stel, totdat behoorlike konsultasie met belanghebbende en

geaffekteerde gemeenskappe gevoer is. Dit is van kardinale belang dat gemeenskappe

vooraf moet weet hoe die transaksies hulle gaan affekteer, sodat hulle kan pro-aktief en nie

re-aktief reageer nie.

Daar is ‗n omgewingsbestuursplan by die Springbok biblioteek wat deur De Beers

beskikbaar gestel is, maar dit sluit geen kosteberaming vir die rehablitasie en restorasie in

nie. Onafhanklike konsultante het beraam dat die koste vir die rehablitasie en restorasie na

beraming sowat ‗n biljoen rand kan beloop. Die restorasie volgens onafhanklike konsultante

kan sowat 150 permanente werksgeleenthede skep vir die volgende 15 jaar. Die

gemeenskappe kan direk daarby baatvind en dit kan gesien word as ‗n gulde geleentheid vir

werkskepping. De Beers kan ongelukkig nie sy verantwoordelikheid oordra aan ‗n

maatskappy soos ‗n Transhex wat nie die finansiële kapasiteit het om dit te kan doen nie.

Transhex het nog glad nie sy myne in Hondeklipbaai gerehabliteer nie en kan ongelukkig

ook nie nog pa-staan vir De Beers se myne nie. Die R225 miljoen vir die transaksie skiet ver

te kort en voldoen nie eens beraamde koste van rehablitering nie.

Die DME het ‗n verantwoordelikheid om nie van die gemeenskappe te vergeet wat direk

hierdeur geraak word nie. Mnr. Dawid Markus, ‗n inwoner en aktivis van Hondeklipbaai

wys daarop dat ―dit gebeur te gereeld dat groot mynmaatskappye die land se natuurlike

hulpbronne uitbuit sonder om die skade wat aangerig word, te herstel. ‗n Bewys hiervan is

die skade wat berokken is in Nababeep, Okiep en Carolusberg, terwyl die mynmaatskappy

jare gelede reeds onttrek het sonder om enige rehablitasie en restorasie te doen.

Die gemeenskappe moet nou met die gelag sit.‖

Die maatskappye en groot besighede moet hulle verpligtinge nakom en daar moet spesiaal

gefokus word op sosiale volhoubaarheid en ekonomiese bemagtiging. As daar nie op die

nasionalisering van myne gekonsentreer word nie, is die ope vraag ―wat is die alternatief?‖

Die stem van die gemeenskappe waar daar gemyn word, word nie gehoor nie.

De Beers het in verlede week se Mining Weekly gesê, dat daar 5000 werksgeleenthede

geskep gaan word wat nie op die mynbou geskoei is nie, onder andere 1500 geleenthede

by ‗n windplaas. Volgens die besigheidsplan egter is daar slegs ongeveer 40

werksgeleenthede wat geskep word vir die oprigting van die windplase en ongeveer 3

permanente werksgeleenthede vir die instandhouding van die plaas. Wat die

perlemoenplaas betref is daar nie voordele nie en dividende gaan eers oorbetaal word

sodra daar winste getoon word; dit kan maklik eers oor tien jaar wees.

Volgens Christie Pisane, algemene bestuurder van De Beers is ‗n besigheidsontwikkelingssentrum

in Kleinzee gestig en dit het alreeds 400 werksgeleenthede geskep. Waar is

die werksgeleenthede waarvan hy praat? Dit is tyd dat die gemeenskappe in Namakwaland

hierdie tipe dinge debateer en nie toelaat dat die mynmaatskappye en spesifiek De Beers,

ons mense om die bos lei nie.

Die gemeenskap van Hondeklipbaai het ‗n geregistreerde grondeis op die gronde van De

Beers wie nou die grond wil verkoop en weghardloop van hul verantwoordelikhede. ―Jou

velkleur straf jou‖ volgens Markus ― en die swartes het nie regte op grond nie. Dit is tyd dat

ons vir ekonomiese vryheid moet veg en onsself verlos van die slawementaliteit en deel

vorm van die ekonomiese hoofstroom.‖

‗n Aksiegroep is gestig as ‗n mondstuk vir die inwoners van Namakwaland om die myn-

maatskappye verantwoordelik te hou om hul verpligtinginge - sosiale, ekonomiese on

omgewings - teenoor die inwoners van Namakwaland na te kom.

Vir verdere inligting oor hierdie aksie kan die volgende lede van die aksiegroep geskakel

word: Ester Engelbrecht (0726113775) of Dawid Markus (0719508523)

Nota: op bladsy 31 – artikel oor landbouprojekte wat Trans Hex reeds in die Richtersveld

saam met die gemeenskappe suksesvol bedryf. Namakwa Kletz sal op gereelde basis

berig oor ander projekte waarmee hulle in hierdie area besig is.

Spesifieke rehabilitasieprojekte gaan ook binnekort meer suid begin word.

Namakwa en Siyanda suig aan

die agter speen

12

Die Departement van Koöperatiewe Regering,

Tradisionele Sake en Huisvesting het sy jaarlikse

verslag ingedien. Opvallend uit hierdie verslag is dat

veral Namakwaland die stiefkinders is van die

provinsiale regering. Uit die jaarverslag van hierdie

departement het dit duidelik geword dat

Namakwaland en Siyanda die minste huise ontvang

het. Dit blyk ook duidelik dat daar vir hierdie jaar en

ook volgende jaar nie vir huise beplan is nie.

Die DA is van mening dat dienslewering skeef getrek

is ten gunste van sekere areas. Die DA is oortuig dat

meer gedoen kan word vir hierdie twee streke wat

die skatkis van die provinsie is. Verder meer, is

gelde uit infrastruktuur en opgradering van paaie

minimal. Hierdie groot infrastruktuur projekte behoort

hope werksgeleenthede te skep.

Die DA het aan hierdie departement gevra om te

verduidelik hoekom dit so is. Die regerende party is

weer besig om politiek met mense se lewens te

speel en gebruik staatsinstansies wat dienste aan

almal moet lewer, daarvoor.

Die antwoord van die departement op die vraag was

dat hulle eers agterstande in ander areas wil uitwis.

Hulle het ook belowe om aandag hieraan te skenk.

Die DA sal hierdie beloftes en verwikkelinge dophou

en deur die Nama-Khoi munisipaliteit aan die hele

gemeenskap oordra. (ALLEN GROOTBOOM, LPW

DA NOORD-KAAP: KIESAFDELINGSHOOF)

No ! 2 Verbal Abuse

EGSKEIDING

Die ou man in die Kaap bel sy seun in Windhoek

die dag voor Ou Kersaand en sê: "Ek haat dit om

jou dag te bederf, maar ek moet jou vertel ek en jou

ma gaan na 45 jaar se getroude lewe skei."

"Pa! Waarvan praat jy?" skree die seun. ...

"Ja," sê die pa. "Ons het niks meer vir mekaar te sê

nie en ons kan mekaar net nie meer langer verduur

nie. Ek is moeg om hieroor te praat, so sal jy

asseblief jou suster in Randfontein bel en haar

vertel." Die ontstelde seun haas hom om die slegte

nuus aan sy suster oor te dra. By die aanhoor

daarvan ontplof sy: "Dit sal die blerrie dag wees,"

skree sy. "Laat dit in my hande!" Sy bel haar pa in

die Kaap en skree: "Julle gaan NIE skei NIE! Moet

niks doen voordat ek nie daar is nie. Ek gaan my

broer bel en ons sal albei more daar wees. Moet

NIKS voor die tyd doen nie. HOOR PA MY?" en sy

hang op. Die ou man skakel sy selfoon af, draai na

sy vrou en sê: "Opgelos! Hulle kom vir Kersfees

huis toe en hulle betaal hulle eie petrolgeld."

While creating wives, God promised men

that good and obedient wives 12 would be found

in all corners of the world.And then He made

the earth round.

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!