01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Geestelike voedsel

Oordenking

Dr.Kobus Victor

KERSFEES

Die woordjie Kers in Kersfees het niks te doen met die vetstafie met 'n pit in

wat ons voorouers as ligbron gebruik het nie en wat ons deesdae soms

noodgedwonge moet gebruik as die krag afgaan nie. Dit is 'n Oud-

Nederlandse woord wat ons ook vind in die Afrikaanse woord kersten: om

iemand tot die Christelike geloof te bring, of om iemand 'n Christen te maak.

Dus: Kersfees beteken letterlik Christusfees.

Ek merk dat al hoe meer besighede in ons tyd nie meer van Kersfees praat

nie, maar van Feestyd. Sonder die Kers as voorvoegsel. Die Fees word dus

van sy Kers ontneem, inderwaarheid word dit ontchristelik. Ek vermoed hulle

doen dit om polities korrek te wees. En daarteen kom ek werklik in opstand.

Die ander groot godsdienste in ons land is onbeskaamd Islam, Hindies, Jood

of wat ookal. Maar ons laat dit maar toe, dat ons Christelike feesdag

afgewater word tot 'n festive season. Wat my die onrustigste maak, is dat

wanneer 'n mens 'n standpunt inneem en teen hierdie soort optrede kapsie

maak, jy soms deur jou mede-Christene as 'n fundamentalis uitgekryt word, 'n

verkrampte en oud-modiese Christen wat iewers tred verloor het en totaal

agter die tyd is. Laat dit dan maar so wees, maar ek gaan my nie daardeur

laat ontmoedig om vir my Christelike geloofsoortuigings uit te kom nie.

Aan al die lesers van Kletz wat soos ek voel, wil ek 'n geseënde Kersfees

toebid. Kom ons sit ook met ons Christelike manier van lewe die Kers

(Christus) weer terug in Kersfees.

Mag dit vir julle almal 'n wonderlike Christusfees wees!

Soek en jy sal God vind

Lukas 2:7

―Sy het haar Eerstelingseun… in ‘n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen

plek in die herberg was nie‖.Die eerste Kersfees het waarskynlik in ‘n

caravanseria afgespeel. Van hierdie herberge was daar in die antieke tyd baie

– buite die dorpe of langs die hoofweë. Vertrekke is gebou rondom ‘n

binneplein waar die pakdiere of vee vasgemaak kon word vir die nag. Moeë

reisigers kon in ‘n leë vertrek afpak en rus. Met die massas mense in

Betlehem was die kamers egter tot oorlopens toe vol. Maria, reeds in pyn, het

waarskynlik beangs gewonder waar sy en Josef plek sou kry vir die geboorte.

Uiteindelik moes hulle hul maar tuismaak net daar waar hul donkie

vasgemaak was. So word Hy in die vuil en gedrang gebore, die Kind van

doodgewone en onbelangrike ouers. Hoe anders as die hoë verwagtinge wat

die mense van hulle Messias gekoester het – ‘n Koningskind, ‘n

gerespekteerde Leier. Baie min sou die Messias dáár gaan soek! En so is dit

met Kersfees vandag. Die liggies flikker, die Kersklingels speel, die persente

hoop op onder die boom en Kersvader lag ho-ho-ho. Die versierings is pragtig

en die glansbrosjures preek ‘n seisoen van vrede en welwillendheid. Maar al

is daar is ‘n figuurtjie in die Kersstelletjie se krip, is die fees onbeskaamd

Christusloos.Hoe harder die musiek en hoe leër die glase, hoe duideliker word

dit: Iets is weg. Maar weet jy, as jy regtig soek, sal jy Hom iewers in die

gemaal kry – op ‘n onwaarskynlike plek, by doodgewone mense. Miskien in

iemand se oë… Wees op die uitkyk. -Jimi le Roux (Leef)

Church Sign

Die 10 Gebooie word 10 beloftes

1. As Ek die belangrikste in jou lewe is, sal jy geen ander gode

wil dien nie, omdat jy My sal ken en weet dat Ek die enigste

ware en lewende God is - ek sal die ereplek in jou lewe hê.

2. As Ek in jou hart is, sal dit nie nodig wees om gesnede

beelde van my te maak nie, want jy sal self My beeld wees.

3. As jy My liefhet, sal My naam nooit 'n vloekwoord oor jou

lippe kan wees nie, maar in alle omstandighede deur jou geëer

en gerespekteer word.

4. As Ek die ereplek in jou lewe het, sal die Sondag die

hoogtepunt van die week vir jou wees. Dit sal vir jou 'n vreugde

wees om in die gemeenskap van die heiliges My te aanbid. 'n

Dag nie om na op te sien nie, maar om na uit se sien.

5. As Ek in jou lewe is, sal dit vir jou 'n voorreg wees om jou

ouers te eer en lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie,

want agter hulle, sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies het.

6. As jy in My liefde leef, sal jy nooit iemand wil seer maak nie,

om iemand dood te maak sal nie eers in jou gedagtes opkom

nie.

7. As jy My liefhet, sal dit nie moeilik wees om aan jou

lewensmaat getrou te wees nie. As Ek 'n plek in julle huwelik

het, sal julle vir mekaar lief wees, want julle liefde vir mekaar, is

'n beeld van My liefde vir julle.

8. As Ek op die troon van jou lewe sit, sal jy daagliks vra: Aan

wie en waar kan ek aan 'n ander iets gee of goed doen en sal jy

nie iets van 'n ander wil neem nie.

9. As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om

van 'n ander kwaad te praat nie. Deur My Gees sal jy 'n mens

wees wat van 'n ander niks sal sê as dit nie iets goeds is nie.

10. As jy een is met My, sal My Gees jou tevredenheid gee om

vergenoegd te wees met wat jy het, met die besef dat Ek gee

soos wat jy dit nodig het. Wat Ek gee, is altyd genoeg en niks

sal jou ontbreek nie - jou beker loop oor.

KERSFEES - Hier? Vir my?

Ja ,jy hoor en lees dit in die media, beleef dit in die

samelewing, ervaar dit soms aan jou eie lyf: die lewe kan nogal

regtig ‗n slagveld wees. So tussen die tekens van stukkende

verhoudings, teleurstellings, siekte en dood, seergemaakte

lewens… skreeu jy mos in jou hart partykeer: Sal dit dan nooit

ophou nie? Hoelank kan ek steeds vertrou en mag ek aanhou

hoop? Is daar en wanneer sal daar antwoorde wees op my

baie vrae?

Is daar hoop? Ja daar is! Deur al die tye het mense se

hulpkrete God se oor bereik; het die stukkend-gebreekte

skepping Sy hart aangeraak. Daarom het God, in die volheid

van die tyd, die sluise van Sy genade oopgetrek. Op ‗n skoon

nag, bietjie meer as 2000 jaar gelede, is HY gebore. Sy

Naam? Jesus Christus. Hy het God se genadepad aarde toe

kom bou. Met liefde. Tot vlak by ons nood, op die voorstoep

van ons kwelvrae, in die binnekamer van ons hartseer…

God se genade het ‗n Naam en Adres gekry daardie nag in

Betlehem in Judea en vandag in Namakwaland in die Noord-

Kaap. Want Jesus Christus is gister en vandag dieselfde, tot in

ewigheid. En toe Hy uiteindelik die hartseerste waarom-vraag

gevra het - O God, waarom het U My verlaat? - is die

duidelikste DAAROM op al ons waarom-vrae gegee: Daarom

is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus

Christus (Rom.5:1), en kan niks, maar niks ons ooit van die

liefde van God skei nie… (Rom.8:38,39).

Dis die wonder van Kersfees - hier, vir jou en my: Nie ‗n mooi

wense van maanskyn en rose nie, maar ‗n bede om met God

se genade, oor en voor te begin. Om in my eie stukkie

donkerte, die Lig van Jesus Christus te ervaar.

Geseënde Kersfees 2011!

(Ds. Willie Badenhorst, NG Kerk Port Nolloth)

2

2

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!