01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Waarheen is

ons trustgeld?

Die DA takke in Wyk 3 in die Kamiesberg, het `n DIE DA

REIK UIT-program van stapel gestuur na die onlangse takherstruktuering

regoor die provinsie.

Die takke in Wyk 3, poog om deur die program elke maand

iets konstruktief in hul dorpe te doen, tot voordeel van hulle

onderskeie gemeenskappe.

Op Dinsdag 06 Desember 2011, het lede van die plaaslike

DA-tak en ander vrywilligers die begraafplaasterrein van

hoek tot kant gaan skoffel, gehark en gevee. Die

Wyksraadslid, Rld.Hilgard Links, het die aksie van die

inwoners geloof en voorts gesê " Jy gee maar min as jy van

jou besittings gee, jy gee eers werklik, wanneer jy van

jouself gee. " Die verversings is voorsien met vriendelike

komplimente van Rld. Hilgard Links.

DA Kongres 2012

Provinsiale Leier: Weer Andrew Louw ?

Provinsiale Voorsitter :Sal die dobbelsteen op

Harold Mgluwa val?

Dís hoe jy dit doen!

'n Paar jaar gelede het 'n Spaanse dorp 'n tweelingverhouding

met een in Suid-Afrika gesluit. Die

burgemeester van die Suid-Afrikaanse dorp het die

Spaanse dorp besoek. Toe hy die paleisagtige woning

van die Spaanse burgemeester sien, het hy gewonder

hoe hy so 'n huis kan bekostig. Spanjaard: "Sien jy daai

brug? Die EU het geld geskenk vir 'n vierlaanbrug, maar

deur 'n enkellaanbrug met verkeersligte op te rig, kon

hierdie huis gebou word."'n Jaar later is daar 'n

omgekeerde besoek en die Spanjaard was verstom oor

die Suid-Afrikaner se huis met die goue krane,

marmervloere en jacuzzi. Hy vra toe hoe dit bekostig is.

Suid-Afrikaner: "Sien jy daai brug daar?"

Spanjaard: "Nee?"

Trustees trap (vir 3de keer) klei voor

parlement oor ‘verlore’ R18-m 13

ontwikkelingsgeld

Derde keer is skeepsreg lui die spreekwoord, maar vir die trustees van die Alexkorontwikkelingstigting

(AOS), ‘n instelling wat sedert 1993 broodnodige ontwikkeling in

veral arm Namamkwalandse gemeenskappe moet bring, was verlede Vrydag ‘n

warm dag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne.

Die ses trustees is geskrobeer oor hul steeds versuim om stawende dokumente, oor

hoe meer as R18-miljoen se ontwikkelingshulp spandeer is, voor te lê.

Hul afwesige kollegas het skriftelik laat weet dat hulle nie die reisfondse het,

eksamenopsieners is of verlof kon kry.

Mnr. Fred Gona, die komiteevoorsitter het gesê die komitee is teleursteld dat die

trustees, weereens nié hul finansiële beamptes samgebring het.

Derhalwe is belangrike vrae deurentyd met slegs ‘n optrek van ‘n skouer, halwe

antwoorde en soms openlike aggressie begroet.

Gona het op ‘n stadium self gedreig om die sekuriteitswagte te roep om mnr. Josua

Losper, ‘n trusteelid (hy is ook die speaker van die Nama Khoi-munisipaliteit) op te

sluit toe die twee in ‘n woordestryd betrokke was.

Die gort was gaar toe mnr. Lakus van Rooi, die voorsitter van die Namakwalandse

ontwikkkelingsagentskap (Namda) verseg het om enige vrae te beantwoord.

Hy het die komitee driftig versoek om die vrae eerder ―formeel‖ aan Namda -

Namda is gevorm toe die trustees die AOS glo ―ontbind‖ het - te rig.

Ook dat dit sy ―grondwetlik reg (is) om nie verder oor die kwessie te praat‖.

Gona het gesê Van Rooi ―weet duidelik nie waar hy is.

―Jy dink jy is in ‘n straat êrens in die Noord-Kaap.

―Ons het jou gedagvaar om hier te wees. Dit is die eerste grondwetlike verpligting

wat jy het‖.

Me. Beverley Vries, ‘n trusteelid, het toe verder verduidelik dat Namda Edms. Bpk.

as ‘n ―besigheidsarm‖ gevorm is en dat die AOS en Namda sedert 2004 ―onaktief‖

is.

Namda Edms Bpk. sou onder andere lenings aan opkomende besighede en

studente verskaf.

Sowat R5-miljoen se lening is aan gemeenskappe gemaak, waarvan slegs R1000

terugbetaal is.

Vries het erken dat sy en me. Ellen Delie (ook teenwoordig) ook geen

terugbetalings op hul Namda-lenings van R10 000 gedoen het.

Studente, wat nie hul studiebeurse kon terugbetaal, kon gemeenskapwerk verrig.

Gona het teruggekap en gesê die komitee het hul eie speurwerk gedoen en gevind

dat beleggings steeds in twee liggame plaasvind én dat sodanige beleggings nie

gedokumenteer is.

Dat die AOS R6.1-miljoen (dit is benewens die R18-miljoen) in Maart 2009 en R900

000 in 2010 ontvang het en dat selfs die Suid-Afrikaanse Mikrofinansieringsfonds

(SAMAF) al probleme met Namda gerapporteer het.

Volgens ‘n komiteelid, me. Faith Bikani sou dit beter wees indien ‘n regsproses

eerder met die AOS en Namda gevolg word, synde die trustees die komitee se tyd

en die publiek se geld mors.

Gona het die trustees gewaarsku om weer op 24 Januarie 2012, mét hul finansiële

beamptes te verskyn.

Hulle moet ook alle geouditeerde finansiële verslae teen 2 Januarie by die komite

inhandig. ( Julian Jansen-Rapport)

Nama Khoi sukkel steeds met waterprobleme

As gevolg van `n pyplyn wat oor jare nie na behore in stand gehou is nie, betaal

inwoners van die NamKhoi gebied nou vir hierdie voorafgaande swak bestuur.

Die hoof toevoerpyp is vir 12km totaal verweer. Sedibeng Waterraad het intussen

die lyn oorgeneem en het reeds die eerste 6km vir vervanging identifiseer . Die

omleining word bogronds gedoen, maar is weens tegniese probleme nog nie

opgekoppel nie.Die pyp het die afgelope tyd sporadies op verskeie plekke gebars

en dit het meegebring, dat ten spyte van voorbereidings getref, die watervlakke

vinnig gedaal het en inwoners dae sonder water gesit het. Na herstel van die

gebarste dele word water teen `n laer druk deurgevoer, wat a.g.v. die topografie van

bv. Springbok,veroorsaak dat alle dele nie gelyk water kry nie.

Alhoewel Nama Khoi slegs die water by Sedibeng aankoop en nie meer

verantwoordelik is vir die pyplyn, het dit waar moontlik is, water na die gemeenskap

pe aangery. Die munisipaliteit beskik egter oor beperkte hulpbronne en baie mense

moes lank wag vir water.NamaKhoi vra om verskoning aan inwoners a.g.v. ongerief

ervaar. Inwoners word aangemoedig om, wetende dat ons gereeld waterkrisisse

het, voorsorg te tref en maar altyd `n spaar kan of twee met water aan te hou. `n

Watertenk vir noodsituasies is ook `n goeie belegging.

13

12 14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!