01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Lekkerleesfees! Lekkerleesfees! Lekkerleesfees!

Dis maar goed dat die mens nie vooruit weet nie

Die meeste van ons was in ‗n vakansiestemming toe ons deur die skielike

afsterwe van Nettie Schreuder geskok is. Die nuwe jaar het met hartseer begin

toe ons op 4 Januarie in die kerk van haar moes afskeid neem. Ons sal vir Nettie

onthou vir haar intense belangstelling in haar medemens in tye van siekte. Haar

ondersteuning en bemoedigende woorde oor die jare heen, maak dat sy nog in

ons hart sal bly voortleef. Outiep se wyk sal haar baie mis.

Toe ek nog ‗n jongman was, het ek vir oom Gert en tannie Chris van Kleinriet leer

ken. Sy skurwe hande was oom Gert se handelsmerk, want dit het getuig van

harde werk. Vir die altyd vriendelike tannie Chris het ek altyd gespot as die vrou

wat nie wil oud word nie. Sy was geseën met die pragtigste vel van ‗n jongmeisie.

Ook hierdie geliefde moeder, ouma en oumagrootjie is na ‗n kort siekbed op 4 Mei

oorlede. Doornkraalwyk het ook ‗n geliefde staatmaker verloor.

Toe ek as laerskoolseun die eerste atletiekbyeenkoms op Garies bywoon, het ‗n

kort, bonkige seun voor my die lint gebreek. ―Mooi, Stoffelkuit!‖ het sy spanmaats

luid uitgeroep. Later sou ek vir Swartstoffel Mostert en Elize eers werklik leer ken

toe hulle Modderkraal toe getrek het. My pa het altyd van ‗n ―minsame‖ mens

gepraat. Ek dink dat die stil en beskeie Stoffel voldoen het aan hierdie

beskrywing. Min mense was seker bewus van hierdie sportman se prestasies. In

die albums van sy familie sal dit egter bly voortleef. In rugbykringe van die

sestigerjare was hy wyd bekend as ‗n gevaarlike vleuel.

Ant Jeanette Mulder was van die langste inwoners in Garies wat ook vanjaar so

skielik van ons weggeneem is. Sy het stil geleef, maar sy was elke Sondag op

haar plekkie in die kerk. Die jare toe oom Attie nog geleef het, was dit ‗n kontras

om hulle saam te sien. Hy was die lang man met die kort vroutjie en het sy die

bynaam Kleintjie gekry. Al was sy klein, het sy haar plek in die gemeenskap

volgestaan.

Ons Wallekraalwyk het die afgelope jare so gekrimp, dat ons op twee hande

afgetel kan word. Vroeg in hierdie jaar is ons ouderling, Jan Auret, met

longkanker gediagnoseer en kry hy nog steeds behandeling in die Kaap. Min het

ons geweet dat byna die jongste van ons lede, Paul Engelbrecht, so skielik van

ons weggeneem sou word. Ons het saam op Wallekraal skoolgegaan en ek

onthou dat skoolgaan seker vir hom die swaarste straf was, want die familieplaas,

Melkbosheuwel, was waar hy wou wees. Hy was altyd ‗n stil en eenkant mens

wat hom in sy boerdery uitgeleef het. Hy was toegewyd en ons almal het geweet

dat as dit bokwerktyd was, ons hom van die biduur moes verskoon. Toe hy die

laaste biduur nie bywoon nie, het ons nie geweet hoe siek hy werklik was nie.

Ons betreur sy heengaan en eer sy nagedagtenis. Met ons basaar het ons sy

gereelde plek agter die vleistafel gemis.

Oom Sarel du Toit van Modderkraal was nog in die fleur van sy lewe toe ek as

kind hom leer ken het. My oom van Outiep was Vaalsarel en toe word hy

Swartsarel geroep vanweë sy blas vel. Hy was ‗n werkesel en het op ‗n betreklik

klein stukkie grond ‗n suksesvolle bestaan gemaak. Hy was seker een van die

mees suksesvolle saaiboere waarvan ek weet van daardie omgewing. Hy was

besonder toegewyd aan sy boerdery en het dit beoefen nog nadat hy alreeds

tagtig jaar agter die rug gesit het. Oom Sarel het die laaste jare vanweë ant

Suzie se gesondheid na Vredendal verhuis waar hy op ‗n hoë ouderdom oorlede

is.‗n Groot seder van sy gewese Outiepwyk het geval en ons eer ook sy

nagedagtenis.

Ons ander wat bevoorreg was om nie ‗n geliefde te verloor nie, bid vir u wat nog

hartseer is baie seën en sterkte toe. Mag u tydens die vreugdevolle Kersgety u

troos by ons Hemelse Vader vind. Ons dink aan julle.

Dis goed dat die mens nie vooruit weet nie. (Gert (Sarrisam) Engelbrecht)

"Everything that is happening at this

moment is a result of the choices

you've made in the past."

VYF NAMAKWALANDERS IN GRIEKWALAND-

WES PLATTELAND SPAN

Isaac Cloete

23

Op hoërskoolvlak gaan dit baie goed met die plaaslike

krieket en is verskeie spelers onlangs in die provinsiale

span opgeneem.

Voor die vakansie het verskeie seuns na Kuruman gereis om

aan die krieketproewe daar deel te neem.Hulle het teen die

ander distrikte gespeel sodat hulle opgeem kon word in die

Griekwaland –Wes Plattelandse span(GWP).

Vyf hoërskoolleerders het toe wel die GWP span gehaal.Hulle

is Manfred Cloete en Tevin Williams(Hoërskool

Namakwaland) en Granville Engelbrect(Concordia

Hoërskool)).Hulle is in die 0/18 span opgeneem.Relton de

Jongh(Okiep Hoërskool) is in die 0/17 span opgeneem, terwyl

Jeano Brink(HSN) in die 0/15 span opgeneem is.

Hierdie leerders het in die Septembervakansie na Kimberley

gegaan om teen Griekwaland-wes te speel en om hulle

verder te sluip vir die nasionale toernooi hierdie

maand.Volgens die afrigter, mnr. Mortan Coetzee, het al die

spelers hul kant gebring en daarom het hy hulle voorspeod

toegewens vir die res van die jaar.

Vanaf 4-8 Desember gaan die 0/19 spelers, Manfred, Tevin

en Granville op Welkom(Vrystaat) aan die Platteland Week

deelneem.Hulle het Saterdag-oggend vertrek.

Die dep. onderwys(Namakwa distrik) op Springbok het met

die vervoer gehelp en die ouers is baie dankbaar

hiervoor.

Vlnr .Mnr. Cooper ,Granville,Tevi,n Manfred,Jeano by van d ie

ouers mnr. en mev. Engelbrecht

(Met erkenning aan onder andere Herman Lategan in Rapport

van 11 September 2011 en Joan Hambidge in 'n artikel oor C.

Louis Leipoldt se kookkuns in Rapport van 4 September 2011).

Vaaljapie: Natuurlike, onverwerkte wit wyn, dikwels van

minderwaardige gehalte, ook genoem raaswater of

slingersous.

Slegs 'n katspoegie ver: Baie naby.

Musiekpiering: Kompakskyf (CD)

Die geblikte deuntjie van die roomyskar: Eentonig,

aanhoudend, raserig.

Slonshemp: T-hemp.

So deurmekaar soos „n verkleurmannetjie op „n Smartieboks

(dit verduidelik alles!)

Loslippig: Praat maklik.

'n Kluitjie bak: 'n Leuen vertel. (Is kluitjie nie die mooiste

woord nie?)

Kontantgewasse: Oor-, neus en keelspesialiste se benaming

vir mangels.

Hy‟s die ene wawielore: Luister aandagtig

'n Stasiereëntjie: Daardie reënbuitjie wat mos altyd uitsak,

nes jy na werk smiddags huiswaarts keer.

23

Het jy geweet?

Tot in die 15de eeu was daar geen punktuasie nie (en dis

steeds vreemd vir baie mense wat hulle tot skrif wend).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!