01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Beste Redakteur

RE: ALGEMENE PITKOS – FEITE WAT MIN MENSE

WEET DEUR FRIK (UITGAWE 30, NOVEMBER 2011)

As tydelike inwoner van Port Nolloth, wil ek u net oor die

algemeen (en veral met bogenoemde rubriek),

gelukwens met hierdie pittige blaadjie wat u uitgee. Ek

kan eerlik sê die Namakwa Kletz is die lekkerste

plaaslike leesstof waarop ek nog ooit my hande gehad

het en ek en my man kan gewoonlik nie wag vir die

volgende uitgawe nie! Die insetsel oor die Karretjiemense

was veral baie spesiaal.

In sy laaste feit besing Frik die lof van die granadilla en

noem terloops, dat hy nie verstaan waarom die Engels

dit Passion Fruit noem nie. Wel, omdat ek een van

daardie siele is wat altyd móét weet waar iets vandaan

kom, het ek jare gelede die wonderlike simboliek van

hierdie blomme raakgelees. Ek het gou gaan google om

my van die feite te vergewis en siedaar: die antwoord in

swart op wit!

Sal u asb so vriendelik wees om die meegaande stukkie

aan Frik deur te gee? Net vir ‘n bietjie pit in sy kos, want

lyk my ons volg dieselfde diëet. ( Sien onder.)

Vriendelike groete en waardering, Marietjie Badenhorst

Passieblomme (passion

flower/ flos passions)

Die blomme van die granadilla/grenadella word nie verniet

passieblomme genoem nie.

Passie verwys na die lyding van Christus.

Die passieblomme is deur die sewentiende-eeuse

Spaanse priesters gebruik om die lyding van Christus aan

die Suid-Amerikaanse inheemse bevolkings te verduidelik.

Grenadellas was vir duisende jare aan die Asteke, Inkas

en die inheemse Indiane bekend.

As inheemse plant van die Nuwe Spanje, soos die gebied

ná die Spaanse besetting bekend gestaan het, het die

blomme van die grenadella ‗n belangrike en vir hierdie

groepe verstaanbare, verklaringswyse van die

Lydingsgebeure gebied. Die dele van die passieblom is in

ongeveer 1609 geїntrepeteer deur Giacomo Bosio, ‘n

Roomse kerkvader en historikus, wat die droë blomme en

sketse daarvan bestudeer het en verskeie elemente van

die Kruisiging van Christus daarin raakgesien het.

Die simboliek van die passieblom word so verklaar:

Die vyf kroonblare en vyf kelkblare versinnebeeld die tien

dissipels sonder die teenwoordigheid van Judas Iskariot

en Simon Petrus. Die fyn blomkroondraadjies dui op die

doringkroon. Die vyf meeldrade met hul helmknoppies is

simbolies vir die vyf wonde aan Christus se liggaam en

die drie stempels verteenwoordig die drie spykers.

Die grenadella plant is in 1745 vir die eerste maal deur

Linnaeus, wat 22 spesies beskryf het, as plant

geklassifiseer. Vandag is daar meer as 600 spesies.

Baie inheemse grenadellas word vandag bedreig as

gevolg vand uitwissing van die Suid-Amerikaanse

reënwoude.

Die grenadellaplant is in die agtiende eeu deur die

Spanjaarde aan Europa bekendgestel en word vandag

oor die wêreld heen gevind, onder andere Afrika, Asië en

Australië.

Die simboliek van die passieblom is egter nie universeel

nie. In Japan staan dit ook bekend as The Clock-faced

Plant en daar te lande word dit ook in sommige kringe as

simbool vir homoseksuele Japanese jeugdiges gebruik.

Bron: Passiflora Online (Google)

Baie dankie vir die interessante inset. (Red.)

Kletzkolom 27

Vir bydraes aan die briewekolom: stuur asb. aan :

houthoop@telkomsa.net.

Die redaksie ondersteun nie noodwendig die opinies van bydraes gelewer nie.

Sjoe, die Kletz is weereens wonderlik en so baie om te lees – dankie

vir die plasing van ons funksie. Suzette v Jaarsveld (Springbok)

―Baie dankie weereens vir ‗n puik stuk werk soos gewoonlik…‖

27

Deon

Daar is skilders wat die son tot 'n geel kol transformeer. Daar is

anderwat, met die hulp van hul talent en verstand, die geel kol tot

die son transformeer. -- Pablo Picasso (1881 - 1973

Grenadella blom

Moedelose Jood by die Klaagmuur

'N VROUE-joernalis van CNN het gehoor van die ou Joodse

man wat al baie jare lank twee keer per dag by die

Klaagmuur gaan bid. Sy gaan toe na die muur en vind hom

besig om te bid. Na 45 minute staan hy op, en sy stap nader

en stel haarself bekend. "Hoe lank bid u al elke dag hier?"

vra sy, en hy antwoord 60 jaar. "En waarvoor bid u?"

"Ek bid vir vrede tussen die Christene, Jode en Moslems. Ek

bid dat al die oorloë en haat moet ophou. Ek bid vir die

kinders, dat hulle verantwoordelike grootmense sal

word en hul medemens sal liefhe."

"En hoe voel u, nadat u dit al 60 jaar lank doen?"

"Ek voel of ek met 'n muur praat."

Het jy geweet?

V: Hoekom het banke vir muntstukke 'n varkie se

vorm?

A: Lank gelede is skottels en potte in Europa

gemaak van 'n digte, oranje klei genaamd pygg.

Toe mense muntstukke in hulle begin

wegsit het, het die fles bekend geword as 'pygg

banks.' Toe 'n Engelse pottebakker

die woord misverstaan het, het hy 'n houer in die

vorm van 'n varkie gemaak en dit het gewild

geword.

11

17

11

13

11

8

9

12

21

24

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!