01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Swart voertuie die meeste

gesteel

Die algemeenste kleur voertuig wat gesteel word is swart, het

‗n studie wat vanaf 2004 tot 2008 in Nederland gedoen was,

bevind.

Dit mag dalk wees omdat swart voertuie duurder lyk.

Tweede op die lys is silwer voertuie.

Ben Vollaard, die navorser wat die studie uitgevoer het, het

laat blyk uit die 109 pienk voertuie wat in die studie opgeneem

is, nie een gesteel is nie.

- Vir die volledige storie besoek Slashdot.

Die blond het nooit kerk toe gegaan nie. Op n dag sien die

dominee sy woon die oggend diens by. Daarna is sy soggens

& saans, met bidure en bybelstudie in die kerk. Na 3 maande,

vra die dominee eindelik vir haar: "Wat gaan aan? Na al die

jare wat jy nooit kerk toe gekom het nie, kan jy nou nie genoeg

kry nie?" Blond: "Dis die nuwe motor van my, Dominee. Die

verkoopsman het gesê: ―As ek een diens mis, verval my

waarborg.‖

Hierdie piesangs „eet nie apies

nie‟

Dis absolute bog dat daar piesangs uit KwaZulu-Natal is wat ‘n

vleesvretende bakterie bevat.

Só het die departement van landbou, bosbou en visserye gesê

oor ‘n e-pos wat in omloop is oor sulke piesangs wat glo dodelik

is en al die lewe van talle ape geëis het.

In dié e-pos – met ‘n adres in Marabastad, Pretoria – word

mense gewaarsku om nie die piesangs te eet nie en dadelik

mediese behandeling te kry as hulle ‘n koors begin ontwikkel

nadat hulle wel daarvan geëet het.

Die departement het in ‘n verklaring gesê die departement van

gesondheid het bevestig die e-pos is ‘n skelmstreek.

Die webwerf About.com skryf ‘n soortgelyke e-pos het in 2005

ook in Suid-Afrika kop uitgesteek.

Die webwerf sê die e-pos het sy oorsprong reeds 11 jaar gelede

in Noord-Amerika gehad. Dit wys ook daarop dat dit

onwaarskynlik is dat vrugte ‘n draer van so ‘n bakterie kan wees.

(Sarel van der Walt -Die Burger)

There are three

kinds of people in

the world, the wills,

the won'ts and the

can'ts. The first

accomplish

everything; the

second oppose

everything; the third

fail in everything.

Navorsing bewys dat rooibos goed is

Die eerste kliniese bewyse dat rooibostee wel anti-oksidante in ‘n mens se bloed

verhoog, is pas gevind.

As ‘n mens dus dié tee drink, verhoog dit jou natuurlike verdedigingsmeganismes,

het die vier internasionale navorsingsinstellings wat aan die studie gewerk het,

gesê.

Baie mense wat sogenaamde natuurlike produkte bemark, maak aanspraak op

doeltreffendheid, maar dié studie, pas gepubliseer in die vakjoernaal Food

Chemistry, het die kliniese bewyse om dit te staaf.

Dit toon ook dat tradisionele rooibostee (gefermenteer) sowel as groen rooibostee

(ongefermenteer) die hoeveelheid anti-oksidante in die bloed verhoog.

Prof. Mauro Serafini, navorsingsleier aan die anti-oksidantnavorsingslaboratorium

in Rome, Italië, het in ‘n verklaring gesê dit is moontlik dat sodra die tee in die

bloedstroom geabsorbeer is, die unieke bestanddele van rooibos ook ander

biologiese uitwerkings in die menslike liggaam kan hê. Daarom gaan navorsing

hieroor voort.

Prof. Jeanine Marnewich van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie

het gesê: ―Ná ‘n uur begin die vlakke van plasma-anti-oksidant daal, en daarom

beveel ons aan dat mense ses koppies per dag drink vir goeie gesondheid‖.

Sy het onlangs ‘n studie gelei waarin bevind is ses koppies rooibostee per dag is

voordelig vir die hart.

Verskeie studies die laaste paar dekades het bevind die aktiewe bestanddele in

rooibos is bio-beskikbaar en word wel gemetaboliseer in die liggaam.

Die mees aktiewe anti-oksidant in rooibos – aspalatin – is uniek aan sy spesie,

Aspalathus linearis. Dié fynbosplant kom veral in die Wes-Kaapse Sederberg

voor.

Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad belê jaarliks sowat R1 miljoen in navorsing om

die gesondheidseienskappe van die plant te ondersoek. Daar word onder meer

gekyk na hoe rooibos teen kanker en stres kan werk, asook na die skakel tussen

rooibos en oefening.

‘n Projek oor rooibos en vetsug is vir 2011 goedgekeur.(Nuus 24)

Besoek www.sarooibos.co.za vir meer inligting.

Hier kom groot moeilikheid!

Pa-muis gaan soek kos en trap in 'n muisvalletjie.

'Klik'! slaan dit op sy agterpootjie toe. Pa sleep die

valletjie klik-klik-klik gat toe. Daar wag sy kliek

kleintjies (al 18) hom opgewonde in. "Ma, Ma!"

skree hulle in die gat in. "Kom kyk! Pa het vir ons

'n Land Rover gekoop.

Love me when I least deserve it, because that's

when I really need it. ~ Swedish Proverb

8

Maraaitjie stap by die library in

en daa sien sy vi Gammat diep

ingedagte met die Bybel in sy

hanne.

Sy sê: "Gammat en as djy dan nou

hie sit en Bybel lies? Ek dog djull's

Moeslems?"

"Nay", sê Gamat, "ek soek wêk."

"Innie Bybel nogals?" vra Maraai.

"Dja" sê Gamat. Hie innie boek van

"Job".

Om 'n verhouding te

beëindig en te besluit

om vriende te bly, is

soos om jou hond te

hou nadat 'n lorrie hom

doodgery het.

8

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!