01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WALLEKRAAL SE BASAAR

Ons basaar was vanjaar in die weegskaal omdat ons ledetal

uitgedun was deur siekte en Paul se skielike dood. Stompie

het ons aanbeveel om ‗n ―handlangerbasaar‖ te hou en ek het

vroeg reeds my helpers bestel, maar toe raak ek self siek! In

die hospitaal het ek gehoor ons basaar is in die weegskaal en

ek het vir die Here gevra om Self oor te vat en te voorsien,

want uit ons eie was ons nou hopeloos.

En het Hy nie voorsien nie! Susan Brand het Koingnaas se

vrouens opgekommandeer vir koekies en alles wat nodig is,

Koos en Marié het ‗n heerlike ete voorsien (dit was ons

grootste kopseer) en van oral het hulp gekom – tot die 4 ‗jam

rolls‖ wat ons gewoonlik het, het Susara uit haar eie gestuur.

Ek kon nie help met die klomp vleis wat bewerk moes word

nie en my handlangers, Koos Koek en sy skoonsuster Rita en

Elsa en Brenda Smith, het van Maandag tot Woensdag

ongeveer 150kg vleis bewerk – pakkies en wors gemaak,

maalvleis en los stukke – elkeen het ‗n werk gehad! (behalwe

ek) Matrie en Elsa het die poedings en terte gemaak en

Bassie het ons geselskap gehou.

Die dag met die basaar het ons verstom gestaan oor wat

alles daar was – van gebak, handwerk en die wonderlike

gees onder die gaste. Baie dankie aan almal wat ons kom

ondersteun het sodat ons die mooi bedrag van R124,088 kon

insamel. Dankie ook aan Kolie wat die afgelope jare kom

opveil het en Gert wat sommer op ‗n bank gespring en begin

opveil het aan ‗n hele bad vleis en 2 koeke wat agterweë

gebly het na byna almal al weg was. Dis moeilik om mense

uit te sonder, want almal het gehelp en ons is baie dankbaar

vir elkeen se bydrae. Ons het groot waardering vir die

bydraes van veral hulle wat (nog nie) deel van ons gemeente

is nie.

Ons is dankbaar dat ons die laaste Wallekraalbasaar so

lekker kon afsluit, want DV volgende jaar sal ons moontlik

moet saamspan met Koingnaas en Hondeklipbaai – alles nog

in die pyplyn. (Hestelle Engelbrecht)

Oom Bertus Brand & Koos Koek

Tannie Alie & Betta ▲

21

Basaargaste▼ Vol tafels ▲

Hoe mooi het GOD nog een

dag aan jou lewe gelas!

Nie omdat jy die dag so nodig

het nie....

Maar omdat iemand

ANDERS jou nodig het..!

Die bieërs

Gert Engelbrecht veil op▼

Be kind to all you meet, each of us carries a

burden that others can't see

21

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!