01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Verandering is groei

Die winkel is oorspronklik in November 1982 deur Ben Lazarus geopen as Lazurus Spar

Foodliner. Bernie en Harm Burger het in 1983 betrokke geraak. Gedurende 1987 het hy en

Bernie die winkel uitgekoop en dit verander na Springbok Spar. Dieselfde jaar het Shoprite in

Springbok geopen en het hulle deur baie moeilike tye gegaan ( hoë rentekoerse en hoë prys

inflasie ). Gedurende die jare het hulle gereeld veranderings en aanpassings aan die winkel

gemaak.

Gedurende die jaar 1997 het hulle `n groot "revamp" gedoen en onder andere `n nuwe

kombuis met wegneem- etes bygevoeg, plus Die Koffiepot en verskeie ander dinge.

In 2007 het hulle die groot waagstuk geneem en Spar verander na Superspar -vanaf ongeveer

1000 vierkante meter tot ongeveer 2100 vierkante meter!

In 2009 het ons Tops bygevoeg. In 2011 het hulle besluit om weer groot veranderinge te doen

aan hul Groente & Vrugte , Bakkery , Deli/Wegneemetes, Koffiepot en Tops-afdelings.Die

heropening het plaasgevind op Woensdag 23 November.

Hulle vier in 2012 die herdenking van hul dertigste bestaansjaar. Dit sal gepaard gaan met baie

verrassings. Hulle gaan onder andere `n splinternuwe Toyota Aygo fresh uitloof. (Sien

besonderhede in advertensies.)

Die winkel is in 2004 aangewys as die Wes-Kaapse Spar -winkel van die jaar. Verder wen hulle

gereeld toekennings as een v/d 20 beste Sparwinkels in Suidelike Afrika. Die winkel word ook

gereeld deur onafhanklike voedsel higiëniese instansies geoudit en ons verdien uitstaande

resultate.

Bernie en Harm Burger is by afsonderlike geleenthede aangewys as die Mnr. Spar kleinhandel

v/d Weskaapse Spar gilde.

Namakwaland is trots op hierdie prestasies en ook om so `n pragtige winkel in ons hoofdorp,

Springbok, te hê. Die kwaliteit, kwantiteit, uiterste netheid en diens lok alle kliënte om maar

weer en weer terug te kom. Baie geluk met die groot verbeterings.

Laat jou stem hoor oor die Geheimhoudingswet!

Die parlement het die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting, beter bekend as

die Geheimhoudingswet, goedgekeur. Die ANC het besluit om dié omstrede dokument deur

die wetgewende proses te stoomroller.

Hier is ‘n paar punte van die wet wat jy moet weet:

Dit is om verskeie redes ongrondwetlik en druis loodreg teen die reg op vryheid van

inligting in;

Die wet laat staatsamptenare toe om op inkonsekwente wyse te besluit wanneer inligting

tot ―geheime‖ inligting verklaar en onderdruk moet word;

In die praktyk sal dit vir staatsamptenare dus moontlik wees om inligting van die publiek

te weerhou, veral wanneer daar korrupsie betrokke is;

―Fluitjieblasers‖ teen korrupsie sal in die praktyk nie beskerm word nie;

Die media sal gestroop word van sy rol om as waghond vir die publiek op te tree deur

landsburgers in te lig oor belangrike verwikkelinge wat hulle lewens raak;

Diegene wat ―geheime‖ inligting openbaar maak, sal skuldig wees aan ‘n misdryf en kan selfs

tronkstraf kry.

Die regte op vryheid van uitdrukking en toegang tot inligting maak die hoeksteen van die

demokrasie uit. Indien hierdie wet afgedwing word sal dit dus geweldige semantiese

gimnastiek verg om te beweer dat Suid-Afrika steeds ‘n demokrasie is.

Daar is hoop!

Die staatspresident het nog nie die dokument geteken nie. As dit nie gedoen word nie, sal

die wet nooit afgedwing kan word nie. Ten einde jou in staat te stel om by die veldtog betrek

te word, het AfriForum die webblad, The Bill Stops Here, van stapel gestuur. Op hierdie

webblad kan jy ‘n petisie teen die wet teken en in die proses ‘n e-pos direk na president

Zuma se persoonlike e-pos-adres stuur, om hom te versoek om die dokument nie te teken

nie. Hoe sterker die publiek nou standpunt inneem, hoe groter ons kans op sukses.

Intussen het AfriForum aangedui dat hy voornemens is om die wetsontwerp in die

konstitusionele hof ongrondwetlik te laat verklaar en om die stryd selfs na die Verenigde

Nasies te neem, indien nodig.

Doen jou deel!

Maak seker dat jy vandag nog The Bill Stops Here besoek en die petisie teken!

Nou is dit tyd vir saamstaan

Suid-Afrikaners het ʼn unieke geleentheid om oor kleur en

politieke grense saam te staan. Dit gaan oor ʼn eenvoudige

beginsel wat in demokratiese lande as vanselfsprekend

aanvaar word maar tog word die beginsel in Suid-Afrika

nou bedreig. Dit gaan oor die vryheid van spraak en hoe dit

stilgemaak gaan word deur die staat en die regerende

party. Hiervoor kom nuwe wetgewing voor in die

parlement.

Namibiër vas vir Vredendalplaasaanval

14

Kaapstad – 'n Namibiese man is in hegtenis

geneem in verband met die aanval op 'n bejaarde

egpaar op hul plaas buite Vredendal in die Wes-

Kaap, het die polisie Saterdag gesê.

"Die verdagte, wat van Namibië afkomstig is, woon

in die Vredendal-omgewing," het 'n woordvoerder

van die polisie, lt.kol. André Traut, gesê.

"Sy vingerafdrukke, wat op die misdaadtoneel

gevind is, het sy identiteit onthul weens 'n vorige

arrestasie in verband met 'n dwelmmisdaad," het

Traut gesê.

Die aanval het Vrydagoggend omstreeks 03:00

plaasgevind toe die bejaarde egpaar in hul huis

oorrompel is nadat 'n agterdeur oopforseer is.

Die 86-jarige man is met 'n skroewedraaier

aangeval en sy 84-jarige vrou se bene vasgebind.

Kontant asook 'n vuurwapen is gesteel voordat die

drie verdagtes op die vlug geslaan het.

Die egpaar is nie ernstig in die voorval beseer nie.

Nuus24

Wenk aan NamaKhoi inwoners

NamaKhoi Munisipaliteit wil hul inwoners

aanmoedig om asseblief hul dienste en

kragverbruik te betaal, ten einde te verhoed dat

hul krag blokkeer word.

Prioriseer asb. en leer `n kultuur van betaal aan.

14

Op daardie wyse kan die munisipaliteit fondse

genereer, wat aangewend word vir opgradering

in ons dorpe.Wees deel van die proses van

verandering en vooruitgang.

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!