01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Gehuurde fietse vir groen reise

Talle stede oor die wêreld neem deel aan die nuwe konsep

van ‗fiets-deel‘.

Die konsep is daarop gemik dat mense minder gebruik maak

van motors en dat besoedeling sodoende verminder word,

terwyl dit inwoners en toeriste voorsien met ‗n gemaklike,

goedkoop en gesonde maniere van vervoer.

Hoe werk dit?

In meeste stede kan besoekers kort-termyn inskrywings by

fietsstasies koop.

Gaan na enige van die elektroniese kioske, kies hoe lank jy

van die diens gebruik wil maak en betaal met jou kredietkaart.

Jy sal ‗n kode ontvang waarmee jy ‗n fiets kan uitneem.

Dit bied jou die geleentheid om die stad per fiets te verken en

wanneer jy by jou bestemming aankom kan jy die fiets bloot

teruggee by die naaste fietsstasie.

Daar is tans byna 300 georganiseerde fiets-deel-programme

oor die wêreld heen.

Pa se ouderdom kan kind se IK

beïnvloed

Amsterdam – Ouer pa‘s wat foutiewe gene aan hul kinders

oordra kan die oorsaak van 'n laer intelligensievlak by kinders

wees, het ‗n studie bevind.

Dié studie het ‗n laer IK verbind met foute in chromosome as

gevolg van verlore, herhaalde of geskommelde DNS-patrone.

Die probleem kom veral voor waar die pa van die baba ouer is,

het navorsers bevind.

Hulle glo die kanse op foute in gene vergroot soos spermselle

oor ‗n man se leeftyd aanhoudend verdeel – net soos wanneer ‗n

fotokopie van ‗n fotokopie gemaak word.

Vroue se eierselle verdeel egter nie verder as 30 generasies nie.

―Ons data bewys die hoeveelheid verdelings van selle wat

verband hou met verstandelike gestremdheid vind meestal by

die pa sy oorsprong,‖ het die hoofnavorser Jayne Hehir-Kwa van

die Universiteit van Nijmegen in Nederland gesê.

Die bevindinge is in die Journal of Medical Genetics gepubliseer.

Die waarheid agter vlieg-mites

Daar is ‗n hele paar mites wat al deur die jare

saam met vliegtuie die lug in gaan en net so

4

aanvaar word, maar nie alles moet soos soetkoek

opgeëet word nie.

Mite 1: Die herwinde lug in „n vliegtuig

versprei vinnig kieme en siektes.

Die lug in ‗n vliegtuig word omtrent elke drie tot

vyf minute gesirkuleer.

Om hierdie rede glo sommige passasiers dat die proses konstant kieme deur die

lug sirkuleer en siektes kweek.

Vliegtuie maak gebruik van gesofistikeerde HEPA-filters wat ontwerp is om

99,5% van die kieme en virusse uit die lug te verwyder.

Studies het selfs al getoon dat die lugfilters SARS en voëlgriep-kieme kan

verwyder, wat die lug potensieel skoner maak as die lug wat jy op land inasem.

Mite 2: Vliegtuie vlieg nog steeds nie oor die Bermuda-driehoek nie.

Dit is interessant hoe baie mense steeds in die legende van die Bermudadriehoek

glo, maar die waarheid is: vliegtuie vlieg wel elke dag oor die Bermudadriehoek.

Dit is ‗n belangrike vlugroete van Florida na Bermuda en die Bahamas.

Die legende het dekades terug ontstaan toe ‗n navorser die gebied wat hy

rakende verlore skepe en vliegtuie bestudeer het aangedui het.

Niks het daaruit gekom totdat die navorsing weer in die laat 1960‘s en vroeë

1970‘s die lig gesien het nie.

Die naam Bermuda-driehoek is aan die gebied gegee en het oornag ‗n sensasie

geword.

Talle verdwynings is op logiese maniere verduidelik en vliegtuie gaan steeds ‗n

paar keer ‗n dag oor die gebied.

Mite 3: Jy is geneig om vinniger dronk te word op „n vliegtuig

Volgens ‗n ou gesegde is een in die lug soos drie op die grond.

Dit is nie heeltemal waar nie. Jou bloed-alkoholvlak bepaal jou alkohol-inname

en dit word op geen manier deur hoogte beïnvloed nie.

Nietemin, met minder suurstof wat die brein bereik as gevolg van die hoogte en

die druk in die kajuit, mag dit dalk voel asof hulle meer in het as wat hulle werklik

het.

Tog word daar nie aanbeveel om oorboord te gaan met die drank op ‗n vliegtuig

nie, al is dit net uit ordentlikheid teenoor jou buurman.

Al hoe meer swanger tieners

Kaapstad - Die Choices Krisis Swangerskapsentrum het onthul dat nagenoeg

50% van hul kliënte tieners is.

Die organisasie het aan EyeWitnessNews se Chanel September gesê dat al

word nuwe ma's al hoe jonger, is hulle meer bekommerd oor die feit dat talle

vroue vir 'n tweede of derde keer swanger raak voordat hulle 20 jaar oud is.

Raadgewer Nikki Ramsbottom het gesê die getal swanger tieners is besig om

toe te neem.

Volgens haar is daar definitief meer tienermeisies wat swanger word, veral

diegene tussen 14 en 16 jaar oud. Hulle het egter ook al 'n hele paar 12-jarige

meisies bygestaan.

Hul kliënte wat tussen 17 en 19 is, het dikwels reeds 'n ander kind of het al 'n

aborsie gehad.

One thing you can't recycle is wasted time.

4

4

4 4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!