01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoe om jouself te verbeter

Die meeste van ons streef daarna om onsself te verbeter.

Ons almal maak egter foute en doen soms die verkeerde

dinge. Dit is inderdaad maklik om in die slaggate van die lewe

te val en agterna skaam en skuldig daaroor te voel.Die vraag is

of daar wel riglyne bestaan om 'n beter mens te raak. Watter

karaktertrekke kan ek navolg in my soeke om as 'n persoon te

ontwikkel en groei as 'n mens te ervaar. Ek bespreek enkele

aspekte wat jy prakties in jou lewe kan implementeer:

1. Leef met blydskap: Wanneer jy na die wêreld rondom

jou kyk, sien jy trane en verdriet, doodslag en wreedheid,

korrupsie en onbevoegdheid, onregverdigheid en

wanhoop. Ons leef inderdaad in moeilike tye waarin

finansiële bekommernis en misdaad en stukkende

verhoudinge hoogty vier. Jy kan toelaat dat hierdie dinge

vir jou te veel raak. Jy kan in depressie verval en in

spanning leef en negatief na die lewe kyk. Maar jy kan

egter ook met 'n blydskap en positiewe uitkyk elke dag

aanpak en leef. Dit is 'n keuse wat jy maak.

2. Moenie gierig lewe nie: Ons leef in 'n tyd waar 'n mens

se sukses, en ook jou oorlewing, in terme van geld

bereken word. So baie dinge draai om geld. Jy beoefen 'n

beroep en gaan werk toe om geld te verdien. Jy het geld

nodig om sekere dinge te kan bekostig en om voorsiening

vir jou oudag te maak. Amper alles draai maar geld of die

tekort aan geld. Maar tog is daar belangriker dinge as

geld. Dinge soos liefde, vriendskap, ondersteuning vir

mekaar en jou geloof. Mense belieg en bedrieg, besteel en

verraai mekaar vir geld. Moenie net op geld fokus nie,

want dit verskraal jou menswees. Stel jou visier vir die

lewe hoër as net geld.

3. Leef rustig: Die wêreld waarin ons lewe is 'n deurmekaar

en 'n gejaagde lewe. Ons jaag voort en woeker met

nuttelose plesier en bemoei ons te veel met ander mense

se sake. Ons probeer mense beïndruk en veg om as

wenner uit die rotresies te tree. Wees eerder rustig en

kalm in wat jy doen. Fokus op die goeie dinge in jou lewe

en arbei getrou in jou roeping as mens.

4. Doen die goeie dinge: Leef 'n goeie lewe en doen die

regte dinge en vermy om verkeerde dinge te doen.

Dikwels is dit juis die verkeerde keuses en handelinge wat

veroorsaak dat ons in 'n verknorsing beland en dan kla

ons oor die noodlot wat teen ons is. 'n Mens hoef net die

koerante deur te blaai om die boosheid te sien van hoe

mense mekaar vertrap en besteel en belaster. Wees jy 'n

voorbeeld vir jou naaste deur die goeie elke dag te doen.

Laat jou woord jou eer wees. Behandel mense met respek.

Wees geduldig en bied jou hulp aan mense wat in nood en

krisis is.

5. Moenie in onnodige stryery betrokke raak nie: Staan

jou man is nodig en jy behoort dit ook so te doen. Stel jou

saak en hoe jy dinge insien. Dis egter nie nodig om in 'n

uitgerekte argument betrokke te raak nie. Elkeen is

immers geregtig op sy eie mening. Soveel

byeenkomste is bederf met 'n nuttelose getwis.

Soveel gesinne leef met stukkende bande as

gevolg van rusies. Soveel geskeurde verhoudinge

as gevolg van 'n stryery. Die wyse Salomo het

gesê: "Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te

bly, maar elke sot breek los."

6. Wees 'n lewende voorbeeld: Hierdie is 'n

moeilike een. Ons almal maak foute en dikwels

besef ons nie die impak van ons voorbeeld op

ander mense nie. Ons woorde en dade en ons

voorbeeld beïnvloed al die mense rondom ons.

Doen wat reg en eerbaar is deur jou woorde en jou

dade. Leef dan so dat jy as 'n positiewe rolmodel

dien vir enigeen met wie jy in aanraking kom.

`n Verhaal wat inspireer….Ons gestremde seun

Ons blommekyk was heerlik en baie mooi, veral van Kamieskroon af ondertoe

en selfs tot in Calvinia! Die dorp was oortrek met blomme!

Baie dankie vir die heerlike oorbly en kuier by julle. Jy het my sommer

geinspireer met alles waarmee jy jou besig hou. Jy is vir ons almal 'n voorbeeld

van wat gedoen kan word.

Jy het gevra dat ek iets oor ons seun, Simon skryf en nou is dit skielik nie so

maklik nie. Laat ek begin deur te sê dat hy 'n werklike sonstraal en bestiering

van die Here is in ons almal se lewens. Alles wat ons is of doen sou armer

gewees het sonder hom in ons lewens.

Hy is vanaf geboorte serebraal gestrem a.g.v. 'n tekort aan suurstof voor,

tydens, of net na die geboorte. Ons het nooit gevra hoekom nie en die genade

gekry om hom van die begin af as 'n geskenk van die Here te aanvaar. Hy het

nie die gewone mylpale van ontwikkeling behaal nie en van 6maande af fisio-

arbeids- en spraakterapie ontvang. Die spraakterapie was om die mondspiere

en tong te kry om kos te kan inneem en verwerk om te sluk. Hy het dit gehaat,

maar ons het deurgedruk. Ons moes 'n besluit neem of ons al ons aandag aan

hom gaan gee om hom tot sy volle potensiaal te laat ontwikkel, of om 'n

gebalanseerde huwelik en gesinslewe te bou rondom hom met sy behoeftes.

Ons het die tweede gekies en ek dink dit is ook 'n groot genade! Te veel

huwelike met gestremde kinders hou nie. Ek en Fanie is nog dolgelukkig

getroud na 26 jaar en maak regtig tyd vir mekaar, soos die naweek se

blommekyk!

Hy was in die Kaap en nou hier in Potch in spesiale skole met baie spesiale

onderwysers en het goed gevorder. (stadig, maar tog)

Hy is vanaf 19 jaar in die week in 'n huis, Simonsoord, versorg, wat ons self op

die been gebring het vir nie-selfversorgende mense. Daar was 5 ander en 'n

huismoeder en versorgers in die huis. Naweke het ons hom weer huistoe

gebring. Die huis was egter op die langduur nie volhoubaar nie, aangesien

finansies altyd 'n probleem bly vir die meeste mense en die bestuur daarvan nie

los van ons sou kom nie. Ons het dus die huis toegemaak einde Junie 2011 en

moes weer begin soek vir 'n meer permanente plek, wat onafhanklik van ons as

ouers kon aangaan. Ons het 'n baie oulike oord in Rustenburg ontdek, wat hom

as alles goed gaan teen middel Oktober kan inneem. Spes Bona sorg vir

ongeveer 50 mense met verskillende gestremdhede en hul ingesteldheid is een

van: of die persoon pas by ons in, of ons pas by hom aan. Daar is nie 'n manier

dat hulle nie vir iemand 'n tuiste kan skep nie.

Dit is vir ons as ouers 'n wonderlike gerusstelling en ons sien uit na sy inskakel

daar.

Die 5 jaar in Simonsoord het die groot voordeel vir ons gebring dat ons kon sien

Simon pas aan by ander mense wat vir hom sorg en hy word verskriklik lief vir

sy huismense wat soos hy is.

Ons is dus net dankbaar vir al die ondersteuning en liefde wat ons nog altyd

ontvang van die gemeentes waarin Fanie gewerk het, asook die breër

gemeenskap waarin ons leef. Die gemeente hier in Potchefstroom het ons

gehelp om 'n trust op die been te bring vir sy versorging en dit staan tans net

onder R1miljoen!

Baie dankie dat jy geluister het en doen daarmee wat jy goedvind.

Laat dit goed gaan met julle daar aan die Weskus en baie seën op al die werk

wat jy doen.

Groete uit Potch.

Judie Coetzee

25

www.da-namaqualand.co.za

25

19

25 17 20 22

23

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!