01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SUKSESVOLLE 2011 RELAY FOR LIFE

Isaac Cloete

Die afgelope naweek het Kansa Namakwa streek hul derde agtereenvolgende

Relay for Life funksie gehou waaraan honderde persone met belange by die

geveg teen kanker deelgeneem het.

Die amptelike verrigtinge, met die tema as: ―Oorwinning en hoop vir Namakwa”

het op Saterdag, 25 November teen 18:00 afgeskop en aan geesdrif en

ondersteuningsgees was daar geen tekort nie. Hierdie jaar het altesame 42 spanne,

met die interessantse name, soos Dokkies, Bionic(Bosassa), Voetjies, DCS

Toktokkies en Breaking Dawn vir hierdie goeie en edele geld-insamelingspoging

ingeskryf.

Dit was opvallend hoedat die spanne sekere soorte kanker met hul logo‘s, klere en

kleure uitgebeeld het.Die program het dramaties begin toe die burgemeester van die

Nama Khoi munisipaliteit, mnr Tommy Cloete en munisipale personeel, vir

mev.Loreen Cardinal na die verhoog ―gedra‖ het.

Cardinal, werksaam as ‗n verkeersbeampte by die munisipaliteit en een van die vele

kankeroorlewendes(survivors) het die gaste aanwesiges toegepreek deur middel

van ‗n gevoelvolle mededeling oor haar kennismaking met kanker.

Sy was in Desember, 2010, met aggresiewe kanker(bors en borskas) gediagnoseer,

maar is huidiglik skoon.Sy het gesê:

― ‗ n Mens moet maar jou lot aanvaar, maar steeds positief bly as dit soms moeilik

gaan.‖

Die volgende 12 uur was ‗n vol en lewendige program wat musiek storie vertellings,

vermaak en kompetisies ingesluit het.Kunstenaars soos Glen Bezuidenhoudt,

Tommie Diergaardt het opgetree en almal wakker gehou.

Die oggend(5:30) is afgesluit met skriflesing en gebed en daarna is die pryse aan

die wenners uitgedeel en die totale bedrag wat ingesamel was, aangekondig.Dit

was R125 000, 00 en alhoewel dit nie die R170 000 kerf gehaal het nie, was ds.

Edward Swartbooi( kantoorhoof van Kansa) meer as dankbaar daarvoor.

Die Namakwa omgewing, ontvang 90% van die fondse, 1 % gaan vir

administratiewe doeleindes en 9% gaan aan die internasionale moederligaam van

kanker.

Hy het aan die Kletz gesê dat die Relay merkwaardig gegroei het sedert 2009 toe

slegs 27 spanne ingeskryf het. Volgens Swartbooi kan Kansa Namakwa nog groter

uitbrei as die nasionale besuur van die Kanker Vereniging net geduldig is en

genoeg tyd daarvoor laat.Hy het ook sy hoop uitgespreek dat meer munisipaliteite in

die Namakwa-streek sulke relays gaan aanbied.

Ten slotte, het Swartbooi almal hartlik bedank vir hul toewyding, bydraes en

ondersteuning.

Die nuwe ambassadeur van Kansa Namakwa is mev. Nicolene Burger(Superspar

Springbok),wat oorneem by mnr. Frank van den Heever(uitvoerende

burgemeester:Namakwa Distriks Munisipaliteit.)

Die wenspanne was:

Beste Spangees:Bionic

Beste Fondsinsameling:Team Rapha

Beste Gesondheidsboodskap:Sonneblommetjies

Nama Khoi ondersteun CANSA Relay 2011

Concordia span

26

Springbok 027 7122451

Fondsinsamelingsinkomstes

Met kettingtee :Marlene le Roux van 29 September, het

ons R30 250 ingesamel.

Opedag/basaar 28 Oktober het ons R50 000 ingesamel.

Baie, baie dankie aan almal vir die harde werk en

bydraes.

Ons subsidie is met R10 000 gesny en is ons

genoodsaak om die R120 000 vir die jaar ekstra in te

samel buiten ons gewone pogings.

Geseënde Kerstyd aan almal.

BEKOSTIGBARE HUISVESTING

Die NG Kerk beskik oor twee huise vir pasiënte en hulle

families - tydens hospitalisasie en ander doktersbesoeke,

maar selfs ook tydens ander besoeke aan die stad.

Besprekings kan gedoen word by:

NG Kerk Oornaghuis: Lincolnstraat, Hoheizen/Welgemoed

021 913 3733

Kerkhuis Hanna Hopkins: Trillweg 49, Observatory

021 448 7301.

26

26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!