01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Diamantmuseum

open in Kaapstad

Die Kaapstad Diamantmuseum het sy deure

vir die publiek oopgemaak by die

opgeknapte Clock Tower by die V&A

Waterfront.

Dit is die enigste museum van sy soort in

Kaapstad en die eerste wat hulde betoon

aan die besonderse storie van die Suid-

Afrikaanse diamantbedryf.

Die Kaapstad Diamantmuseum is die

jongste op Kaapstad se lys van moet-sienaantreklikhede

en is gerieflik geleë by die

poort na die wêreldbekende Robbeneiland.

Mariette du Toit-Helmbold, uitvoerende hoof

van Kaapstad Toerisme, sê: ―Die

Diamantmuseum is ‗n opwindende

toevoeging tot Kaapstad se diverse

aantreklikhede. Dit vertel die stories van ons

stad en ons land en die ervarings wat ons

geskiedenis gevorm het.

―Die Diamantmuseum sal besoekers en

inwoners ‗n eerstehandse ervaring gee van

Suid-Afrika se merkwaardige bydrae tot die

internasionale diamantbedryf.‖

Die museum het ‗n verskeidenheid

outentieke artefakte wat die ongelooflike

storie van diamante vertel en veral die storie

van Suid-Afrika se diamantbedryf.

Die hele ervaring is ontwerp om te verseker

dat besoekers die opwinding en misterie

voel wat met hierdie pragtige skatte verbind

word en om meer van een van Suid-Afrika

se grootste uitvoerprodukte te leer.

Apple iPad

Met die Apple iPad wat in 2010

bekendgestel is het ‗n hele nuwe wêreld

van moontlikhede vir reisigers oopgegaan.

Die iPad is ‗n baie nuttige reis-vennoot.

Dit is ligter en meer kompak as ‗n

skootrekenaar, met basies dieselfde

funksies, soos e-pos en internettoegang.

Die batterylewe is ook baie beter as

meeste skootrekenaars s‘n, met sommige

wat tot 10 ure kan hou.

Waarvoor kan ek my iPad gebruik

wanneer ek reis?

Daar is ‗n verskeidenheid programme wat

reis-vriendelik is.

-Laai Skype af vir video-oproepe.

-Laai programme af soos Foursquare en

Urbanspoon vir restaurant-aanbevelings

in jou omgewing.

-Besprekingsprogramme soos Kayak,

Agoda, Booking.com en Hipmunk help jou

om vir vlugte en hotelkamers te soek.

-Talle toerismerade bied ook gratis

programme wat afgelaai kan word.

-Dit is ook gerieflik om

televisieprogramme en films af te laai,

sowel as e-boeke, waarmee jy jouself op

jou reis kan besig hou.

‘n VERGETE, MAAR LEWENDIGE

MUSEUM

Dit is seker ongevraagd om te vra hoeveel inwoners

nog bewus is van die bestaan van die Namakwaland

Museum op Springbok, want dit staan nog

lewensgroot op die hoofdorp.

Of is die Joodse sinagoge, waarin dit tans gehuis word

ook al vir baie mense ‗n vergete gebou van weleer?

Nietemin, na ‗n besoek aan die museum, word ‗n mens net

weer bewus dat die verlede springlewendiger word en dat

die verlede-werklikheid nooit wegredeneer kan word nie.

Tans is me. Daphne Bonn in beheer van die munisipale

museum op Springbok en praat sy met ‗n vurige passie

oor haar veld en terrein , waar sy tans stoksielalleen die

kitaar slaan.Sy is al die afgelope paar jaar aan die stuur

van sake en haar visie is om te help dat dit ‗n groot

toerismebate van die streek moet word. ‘n Geldpotjie vir

die munisipaliteit.?

Volgens haar het is sy daagliks met toeriste, land-en

wêreldwyd te doen en is die een persoon interessanter as

die ander.

―Maar veral die Japanese en Chinese is ‗n interessante

nasie wat kans sien om by ons museum te kom aandoen.‖

En so vertel sy van die oompies en tannies, studente en

leerders wat gereeld daar kom delf opsoek na antwoorde

en inligting uit die verre verlede.

Van die oudste items, hier is silwer servetringe wat dateer

uit 1886, met ander woorde dit is al ‗n ronde 125 jaar

oud.Die kokerboomyskas en handwasmasjein van toeka

se dae, is net so waardevol vir haar en sy wys dit graag vir

besoekers.

Daar is egter vele ander items(oudhede) wat nie in hierdie

artikel aangehaal word nie, omdat dit waardevoller is as

lesers self moeite doen om die museum te besoek.

Daar is egter ook heelwat tekortkominge wat aandag moet

geniet sodat die museum aan die minimum vereistes van

museums kan voldoen.Maar die publiek kan hiermee help

deur items soos ou foto‘s,gereedskap, ameublemente,ens.

aan die museum te skenk, het Bonn versoek.

Veral oudhede van ouer as 50 jaar met ‗n kort geskiedenis

en beskrywing daarby sal waardeer word.Dit is haar visie

dat die museum die historiese van al die kultuurgroep

moet uitbeeld, maar daar is ‗n te kort aan artefakte,ens.

van veral die Nama- en Khoi-mense.

Enige geskiedenis word eers lewendig(er) as ‗n mens jou

daarin inleef en daarom is ‗n besoek aan die museum vir

elkeen ‗n moet een of ander tyd.

☻ Die Namakwaland Museum is opgerig ter nagedagtenis

van mnr. Joseph en mev. Rebecca Jowell, Joodse

welbekende inwoners op Springbok.

Die besoektye is as volg:

Maandag –Donderdag: 8:00 - 13:00 en 14:00 -17:00

Vrydag: 8:00- 13:00 en 14:00 - 16:00

Skakel Bonn by 027-7188134 vir verdere inligting of

besprekings. Isaac Cloete

The only reason we don’t have what we

want in life is the reasons we create why

we can’t have them.

DA stig takke in die

Richtersveld

15

Na ‗n geslaagde verkiesingsveldtog in

die Richtersveld het die Demokratiese

Alliansie voortgebou op hulle

momentum en begin met die

herstrukturering van takke regoor die

Richtersveld.

Takke is op 15 November 2011 op

Kuboes en Sanddrift geherstruktureer

en nuwe besture is verkies.

Die entoesiasme en ywer waarmee die

lede deelgeneem het was aansteeklik

en die DA, asook die plaaslike

Raadslede, sien uit na ‗n opwindende

jaar vir die DA in die Richtersveld.

Raadslede Jolandé Pretorius en Jannie

Isaacs wil dan ook langs hierdie weg

almal bedank vir hulle insette en

ondersteuning in die verlede, maar ook

hulle ywer om die toekoms tegemoet te

gaan.Met ondersteuners soos hierdie

sien ons uit na 2014! (J.Pretorius)

Raadslid Jannie Isaacs en Rodney

Kritzinger (Namakwaland Comms DA)

saammet die Kuboes bestuur

Raadslid Jolandé Pretorius en

Rodney Kritzinger (Namakwaland

Comms DA) saam met die Sanddrift

bestuur

Inligting rondom

Namakwaland:

Besoek

www.namaqualand-info.co.za

Adverteer op hierdie website:

R450.00 -eenmalig

Ma aan seun: ―Waar was jy

vanaand? Is dit nou die tyd om hier aan

te kom?‖

Seun: ―Ek was by die strip-club ma‖

Ma, baie bekommerd: ―Het jy iets

gesien wat jy nie moes nie?‖

Seun: ―Ja, ……. Vir pa!‖

Het jy geweet?

'n Hond hoor klanke wat 100 keer

dowwer is as die dofste klank wat die

mens kan hoor. As jy 'n geluid hoor

15

wat 10 meter weg is, kan die hond

15

dieselfde klank op 'n afstand van 100 13

meter hoor.

15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!