01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Sosiale en Maatskaplike probleme in

Namakwaland

Gedurende die naweek van 26 November 2011 is hierdie man en sy

hondjie in die strate van Bergsig opgemerk waar hy besoekers en

motoriste genader het om sy hondjie se streke aan hulle te vertoon.

Die hond is geleer om `n plastiekbottel wyn (rooiprop) in sy bek na sy

eienaar se huis te dra. Ongelukkig het die man nooit `n bottel byderhand

om die kunsie te vertoon nie en moet die besoeker dan gou `n bottel

koop, sodat die hond sy talente kan ten toonstel. Sodra die bottel gekoop

is, vat die hond dan die bottel ewe gerieflik en draf na sy eienaar se huis.

Hierdie is net nog n manier wat iemand gevind het om drank in die hande

te kry. Daar sal daadwerklik aandag aan die vele sosiale probleme in

Namakwaland geskenk moet word.

Duidelik was ek nie die eerste persoon wat genader was om` n bottel wyn

te koop om die wonderhond se truuks te sien nie- die eienaar was op

hierdie stadium reeds ver heen. (J.Pretorius)

Ware konneksie is moontlik

Op 24 Mei 1842 het Samuel Morse die eerste stukkie elektriese

kommunikasie in die geskiedenis bewerkstellig. Sy eerste boodskap

tussen Baltimore en Washington in die VSA was die woorde: "What

hath God wrought?" Op daardie einste oomblik het die spoed van

informasie vanaf ongeveer 75 kilometer per uur (oftewel, die spoed van

die vinnigste treine in daardie tyd) dramaties toegeneem tot by vandag

se ligspoed. Alles is vinniger, kragtiger en haastiger as ooit tevore. Dit

voel kompleet of die wêreld buite beheer tol.

Die wêreld van ons dag het klein en vinnig bereikbaar geword. Almal is

skielik op nuwe maniere verbind deur selfone en rekenaars. Nogtans is

mense alleen, moeg, ontworteld en bedruk. Ons almal vrees daardie

woord: "Disconnected!" Daarom smag ons almal op ons eie maniere na

egte konneksie, dié soort wat nabyheid, aanvaarding en veiligheid bied.

Hoor dan 'n slag dat Christus se hemelse verbinding 'n nuwe tuiskoms

aan elke ontwortelde bied. Nog beter, Hyself is die enigste Tuiste wat

rustelose harte tot bedaring bring. Rus vir jou gemoed — dit waarborg

Jesus Self in vandag se blitsvinnige, alleen wêreld. Hy is die Een wat

ons tot 'n ewigheid ver anderkant die graf met sy Vader konnekteer.

Veldgidz

(prof.R.Verhoeven)

24

BOLPLANTE MESEMBRYANTHEMACEAE

(“ice plant”, mesems, vygie)

In die vorige uitgawe van Namakwa Kletz is daar melding gemaak van

die meningsverskil oor die twee familiename, Aizoaceae en

Mesembryanthemaceae wat gebruik word. Mesems is ‗n populêre

term wat vir die sukkulente verteenwoordigers van die familie

Aizoaceae gebruik word en soms word hulle in ‗n aparte familie die

Mesembryanthemaceae geplaas. Om mesems te identifiseer is nie

maklik nie. Dit is egter handig om te onthou dat die mesems in twee

subfamilies verdeel word, die subfamilie Mesembryanthemoideae en

Ruschioideae. In die Mesembryanthemoideae word 11 of 12 genera

met 95 of 97 spesies onderskei. Dit is dus ‗n klein groepie in die

familie Mesembryanthemaceae wat uit 123 genera en ±1680 speseies

bestaan. Die Mesembryanthemoideae staan algemeen as die ―weedy

mesembs‖ bekend en kom dikwels as onkruid op versteurde grond

soos langs paaie en geploegde lande voor. Die blare en stingels is

glansend of grys-groen en sag in tekstuur. Belangrike kenmerke van

die subfamilie is die asstandige plasentasie van die vrug. As die vrug

dwars deurgesny word, is die plasenta in die middel en die sade is aan

die sentrale as van die vrug geheg. In die blom kom nektarkliere voor

wat ―koilomorphic‖ is, dws. hulle kom in skulpvormige holtes voor. Die

nektarkliere is nie verhewe strukture nie. ‗n Ander kenmerk van die

subfamilie is die meeldrade en kroonblare wat meestal ‗n buis vorm.

Genera wat in Namakwaland kan voorkom is Aridaria

(brakveldwitvygie), Aspazoma, Brownanthus, Mesembryanthemum

(brakslaai, brakvy, olifantslaai, soutslaai), Phyllobolus (vingerkanna),

Prenia (seepampoen, skotteloor), Psilocaulon (asbos), Sceletium

(kanna, kougoed).

Die subfamilie Ruschioideae (112 genera en 1585 spesies) word

gekenmerk deur wandstandige plasentasie. Die sade is aan die

buitenste wand van die vrugbeginsel geheg. Die nektarkliere in die

blom is verhewe (―lophomorphic‖) en die meeldrade is harig aan basis.

Die Ruschioideae word in tot twaalf groepe verdeel. Lithops is in

Titanopsis groep, Conophytum in Dracophilus groep, Carpobrotus in

Lampranthus groep.

Mesems word deur insekte bestuif wat deur die helderkleurige blomme

gelok word. Die blomme is of in die dag, of in die namiddag of in die

nag oop. Die sade word uit kapsule vrygestel wanneer dit in die

teenwoordigheid van vog oopmaak. Sommige mesems het ook

medisinale waarde bv. Carpobrotus (suurvy), Sceletium (kougoed) en

Trichodiadema (moerwortel, moerwortelvygie).

Inligting verkry uit boek:

G.F. Smith en mede-outeurs. 1998. Mesembs of the world. Briza

Publications, Pretoria.

Great acts are made up of small deeds.

Het jy geweet?

'n Mol kan in een nag 'n tonnel van 80 meter grawe.

Die Houthoop Gasteplaas

15km buite Kleinzee 24

On suite / Hutte / Graskampering

0832362152 / 027 8211 669

19

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!