01.05.2013 Views

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

Superspar Springbok - Nuwe dimensies

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Met fietse van die Kaap tot

Alexanderbaai

Ons ses fietsryers wat Vrydag 21 Oktober 2011 by Velddrif weggespring het staan

by die ingang van Alexanderbaai op Saterdag 29 Oktober 2011. Die totale afstand

van ongeveer 700km was afgelê oor nege dae. D.w.s so ongeveer 77km per dag

gemiddeld. Net ʼn gerieflike afstand vir die ses manne van oor die 60jaar elk. Ons

reken nie vir Izak, die jongman heel regs, by nie want hy trek die gemiddelde

ouderdom te veel af. Hy het nog heelwat hare wat ook nog nie veel verbleik het nie

– as mens dit so met die res van die manne vergelyk.

Ons het die eerste dag tot by Elandsbaai getrap en heerlik by die hotel oornag. Die

volgende dag tot op Doringbaai getrap en daar by Die Anker oornag. Daarna via

Lutzville tot op Landplaas waar ons die Sondagaand op verlate spoorweghuisies se

stoepe geslaap het. Die volgende dag, Maandag, tot op Koeëlfontein gasteplaas

waar ons deur Albe en Adél met ʼn heerlike aandete bederf is. Daarvandaan via

Kotzesrus tot op Garies waar ons in die bekende Sophia Gastehuis oornag het.

Die Woensdag het die omgewing begin mooi raak met die tipiese Namakwaland

granietkoppies. In blommetyd moet dit ʼn fees wees om dié pad via Wallekraal na

Hondeklipbaai te fiets. Op Hondeklipbaai het ons in die Hondehokke oornag waar

Attie en Esmé vir ons seevars snoek met heerlike bykosse voorgesit het.

Donderdag was die pad maar lank en warm maar was die verrassing des te groter

om by Houthoop Gasteplaas – ʼn oase midde in wye verlate, droë vlaktes – te

arriveer. Dié aand het die manne gesukkel om te kies tussen al die heerlike geregte

wat Veronica voorgesit het. Die mosselsop was die lekkerste van al die lekker

seekossoppe op die roete en die kos te veel om baas te raak. Vrydag het die roete

via Kleinzee tot by Port Nolloth gegaan en Saterdag was dit weer ʼn slag al die pad

teerpad tot in Alexanderbaai. Weens ʼn totale gebrek aan gerieflike en mooi

oornagplekke aldaar, is die fietse op die voertuig gelaai en is ons terug na Port

Nolloth om weer soos die vorige nag op seefront by die Bedrock Lodge te oornag,

voor Sondag se lang pad terug Kaap toe.

Jasper van Breda, Jannie Groenewoud, Adriaan Lourens, Veronica van Dyk, Gerrit van Zyl

en Hannes Botes

Die meeste van ons is nie onbekend met die Weskus nie.

Ons het weereens die buitengewone gasvryheid van die

streek en sy mense ervaar. Die pragtige dorpies van

20

Doringbaai en Hondeklipbaai kan soveel meer aanloklik

wees vir toerisme as die inwoners geleer kan word om

op te hou rommel en bottels rondstrooi. Kleinzee met sy

honderde goeie huise wat leeg staan is ʼn groot jammerte

terwyl Alexanderbaai eweneens ʼn teleurstelling bly.

Sekerlik die mees blywende indruk van hierdie

kusgebied is steeds die vernietigende werk van De

Beers. Die kastige klein bietjie rehabilitasie van

mynhope en myngate is slegs oëverblindery. ʼn Paar

kilometer skadunette wat hier en daar gespan is met

geen oppervlak stabilisering teen afvloei nie. Die

koste van hierdie klein bietjie rehabilitering kos De

Beers seker skaars soveel soos wat ek vir een

vyfkaraat diamant by die juwelier betaal. Dan lees

mens op 21 November in Die Burger dat Mnr. Nicky

Oppenheimer die tweede rykste man in Afrika is met

„n fortuin van R 53 miljard. En helaas nou hoor ons

hulle gee pad en los alles net so – vir wie om op te

ruim? Meer nog, hulle laat hele gemeenskappe in die

steek met geen werk en geen inkomste. Beslis nie ʼn

veer in die hoed vir die mynbedryf nie! Wel „n goeie

verduideliking vir die Oppenheimers se fortuin sou

ek dink. (Adriaan Lourens)

ANCYL circus

That the ANCYL in the Northern Cape has once again

thrown its weight behind John Block, who is facing fraud

and corruption charges, as well as suspended ANCYL

president, Julius Malema, doesn‘t surprise us.

The ANCYL long ago transformed from a once radical

organisation with an honourable cause, to a mere rent-acrowd,

used to lobby for ridiculous and unfounded causes

that are driven by self-serving politicians, who are more

interested in enriching themselves than they are in

improving the lives of our people.

What a joke! These corrupt cadres are fooling no one,

except perhaps those who are bought over with freebies,

food parcels and empty promises. There have been

numerous calls for Block to step down, the latest coming

from Judge Appie Steenkamp, who was recently quoted in

a local newspaper as saying that Block should go on long

leave or resign, pending the outcome of the case against

him. These are the sentiments of many.

I want to challenge all young people to take the blinkers off

their eyes and to think before they act. Are you going to

stand in front of court buildings and head offices, defending

men who have more than likely diddled you of your

inheritance as a South Africa citizen, just because you want

the t-shirt? These men are living like kings at your expense,

while you are faced with limited opportunities and can‘t

even raise your living standards above the bread line.

Please young people, think about your future and the future

of your children. Stop enabling corruption, stop enabling

the demise of service delivery, and stop being so gullible.

Big promises of quick fixes through things like

nationalisation and land grabs are unfounded and

nonsensical. Such instant gratification is unsustainable and

will be followed by crisis upon crisis, causing even more job

losses and more poverty.

Wake up young people, before it is too late!

Andrew Louw, MP, DA Northern Cape: Leader

Vrou aan vriendin, ―My man sê ek doen niks wat sy

asem wegslaan nie‖

Vriendin : ―En toe wat maak jy ?‖

―Toe gooi ek sy asmapompie weg... dit 20 behoort die

ding te doen‖.

7

15 15

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!