02.05.2013 Views

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AANTEKENINGE

AANTEKENINGE BY DIE

GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE

(vervolg)

40. Verskille tussen Suid-Afrikaanse Standpunte oor Algemeen Aanvaarde

Rekeningkundige Praktyk en Verenigde State Algemeen Aanvaarde

Rekeningkundige Beginsels (vervolg)

Onlangs uitgereikte rekeningkundige standaarde

VSA-AARB

In Julie 2002 het die FASB FAS No. 146, ‘Accounting for Costs Associated with Exit or Disposal Activities’ (FAS 146)

uitgereik. Hierdie standpunt vereis dat maatskappye kostes verbonde aan stakings- of vervreemdingsaktiwiteite erken in

die jaar waarin dit aangegaan word, eerder as op die datum wat ’n aanspreeklikheid ontstaan ten opsigte van ’n stakingsof

vervreemdingsplan. Hierdie standpunt vervang die huidige riglyne wat verskaf word deur EITF Issue No. 94-3,

‘Liability Recognition for Certain Employee Termination Benefits and Other Costs to Exit an Activity (including Certain

Costs Incurred in a Restructuring)’. Hierdie standpunt sal van toepassing wees vir die groep vir die jaar geëindig 31

Maart 2004. Die vereistes van FAS 146 sal van toepassing wees op alle toekomstige vervreemdingsaktiwiteite.

In November 2002 het die FASB Interpretation No. 45 (FIN 45), ‘Guarantor’s Accounting and Disclosure

Requirements for Guarantees, Including Indirect Guarantees of Indebtedness of Others’ uitgereik. Hierdie interpretasie

brei uit op die rekeningkundige riglyne wat voorgeskryf is in FAS 5 ‘Accounting for Contingencies’, FAS 57 ‘Related

Party Disclosures’ en FAS 107 ‘Disclosures about Fair Value of Financial Instruments’ en inkorporeer sonder enige

veranderings die riglyne van FIN 34 ‘Disclosure of Indirect Guarantees of Indebtedness of Others, an interpretation of

FASB Statement No. 5’ wat vervang gaan word. FIN 45 brei uit op die bestaande openbaarmakingsvereistes vir

waarborge, insluitende leningswaarborge soos bystandskredietbriewe. Dit bepaal ook verder dat ’n maatskappy

aanvanklik ’n las moet erken vir die billike waarde of markwaarde van die verpligtinge wat die maatskappy aanneem

ten opsigte van die waarborg op die datum waarop die waarborg uitgereik word en die inligting moet openbaar word in

die interim en jaarlikse finansiële state. FIN 45 word toegepas vir alle waarborge wat uitgereik of verander is na

31 Desember 2002. Die groep is tans besig om die impak van FIN 45 te evalueer en is reeds bewus van

waarborgverpligtinge teenoor studente wat ontstaan het met die verloop van sekere private onderwys konsessiehouers.

Indien die konsessiehouers sou versuim om hul verpligting teenoor die studente na te kom, sou die groep

verantwoordelik wees om teenprestasie te verskaf. Die waarborgverpligting is slegs van toepassing op huidige studente

wat op die datum van verkoop geregistreer was en duur tot en met die voltooing van die kursus, wat na verwagting

binne ’n jaar sal wees. Die finansiële impak van hierdie potensiële verpligting is nog nie gekwantifiseer nie, maar

bestuur is van mening dat dit nie ’n wesenlike effek sal hê op die groep se bedryfsresultate, finansiële posisie of

kontantvloei nie.

In Januarie 2003 het die Financial Accounting Standards Board FASB Interpretation No. 46 ‘Consolidation of Variable

Interest Entities, an interpretation of ARB No. 51’ (FIN 46) uitgereik. FIN 46 verskaf riglyne ten opsigte van: 1) die

identifisering van ondernemings waaroor beheer verkry word op ’n ander wyse as stemreg, bekend as Veranderlike

Belang Entiteite (‘VBE’); en 2) watter onderneming die primêre begunstigde is en wanneer die onderneming die VBE

moet konsolideer. Hierdie nuwe konsolidasiemodel is van toepassing op entiteite: 1) waar die ekwiteitsbelegger (indien

enige) nie ’n beherende finansiële belang het nie; of 2) wie se ekwiteitsbelegging onvoldoende is om daardie

onderneming se aktiwiteite te finansier sonder verdere finansiële bystand van ander partye. Addisioneel hiertoe vereis

FIN 46 ook dat beide die primêre begunstigde en alle ander partye met ’n beduidende veranderlike belang in ’n VBE

addisionele openbaarmakings moet maak. FIN 46 is van toepassing op alle nuwe VBE’s wat na 31 Januarie 2003 gestig

of verkry is. Vir VBE’s wat voor 1 Februarie 2003 gestig of verkry is, moet die vereistes van FIN 46 toegepas word

vanaf die eerste interim periode wat volg na 15 Junie 2003. Sekere openbaarmakingsvereistes is onmiddellik van

toepassing. Die groep is tans besig om die impak van FIN 46 te beoordeel en is reeds bewus dat die groep die primêre

begunstigde is van ’n ‘captive’ versekeringsmaatskappy wat die herversekering van sekere digitale en analoog

dekodeerders dek. Die groep se maksimum blootstelling aan verlies is gelyk aan die vervangingswaarde van al die

dekodeerders wat gedek is van ongeveer R164 miljoen, minus bedrae herverseker deur ’n derde party ten bedrae van

R24 miljoen. Verder het die groep ’n belang in ’n gesamentlike onderneming wat analoog dekodeerders aan klante

verhuur, ingevolge waarvan die groep die primêre begunstigde is. Op 1 April 2003 het die groep die oorblywende

50%-belang in die gesamentlike onderneming bekom vir ’n nominale waarde. Die netto bates bekom beloop R4 miljoen.

In April 2003 het die FASB FAS 149 ‘Amendment of Statement 133 on Derivative Instruments and Hedging Activities’

(FAS 149) uitgereik. Hierdie standpunt verander en gee duidelikheid oor die finansiële erkenning en meting van

afgeleide instrumente, insluitende sekere afgeleide instrumente wat ingesluit is in ander kontrakte (gesamentlik na

verwys as afgeleide instrumente) en verskansingsaktiwiteite volgens FASB Statement No. 133 ‘Accounting for

Derivative Instruments and Hedging Activities’. FAS 149 sal van toepassing wees vir die groep op alle kontrakte

aangegaan of verander na 30 Junie 2003. Die groep het nog nie bepaal of die aanvaarding van die standpunt ’n

wesenlike invloed op die groep se bedryfsresultate of finansiële posisie sal hê nie.

In Mei 2003 het die FASB FAS 150 ‘Accounting For Certain Financial Instruments with Characteristics of both

Liabilities and Equity’ (FAS 150) uitgereik. Hierdie standpunt bepaal hoe ’n uitreiker finansiële instrumente met

eienskappe van beide laste en ekwiteit moet klassifiseer en meet en vereis dat ’n uitreiker sekere finansiële instrumente

wat binne sy bestek is, as ’n bate of as ’n las moet klassifiseer in sekere omstandighede. FAS 150 sal van toepassing

wees op finansiële instrumente aangegaan of verander na 31 Mei 2003, en andersins vanaf 10 Junie 2003 vir die groep.

Bestuur is van mening dat die aanvaarding van hierdie standpunt nie ’n wesenlike uitwerking sal hê op die groep se

bedryfsresultate of finansiële posisie nie.

NASPERS BEPERK JAARVERSLAG 2003

133

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!