02.05.2013 Views

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AANTEKENINGE

AANTEKENINGE BY DIE

GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE

(vervolg)

2. Vernaamste rekeningkundige beleid (vervolg)

(o) Inkomste-erkenning (vervolg)

58 NASPERS BEPERK JAARVERSLAG 2003

Tegnologiekontrakte en -lisensies (vervolg)

Inkomste uit professionele dienskontrakte word erken volgens die persentasie-van-voltooiing-metode gebaseer

op die aantal uur gelewer relatief tot die totale geraamde aantal uur vir vaste prys kontrakte en gebaseer op die

ure gelewer vermenigvuldig met die uurlikse tarief vir tyd- en materiaalopdragte. Hierdie dienste sluit in: strategiese

interaktiewe televisie konsultasie, middelware-poortwerk en integrasiedienste vir dekodeerder- vervaardigers

en vlokkiestel-handelaars; netwerkoptimalisering- en veldvalidasietoetse; aanpassing van kerntoepassings

of integrasietoetsing van derdepartytoepassings; optimaliserings- en implementeringsdienste vir uitrol van

HTML-enjins en rondblaaiers na dekodeerders en internettoestelle; en inhoudtransformasie en -opleiding.

Inkomste word oor die algemeen erken volgens die persentasie-van-voltooiing-metode indien die risiko

verbonde aan kliënt-aanvaarding klein is. Inkomste uit professionele dienste met ’n hoë vlak van kliënt-aanvaardingsrisiko

word erken op die voltooide-kontrak-metode. Tipes ooreenkomste met ’n hoë kliënt-aanvaardingsrisiko

sluit in dienste wat beduidende produksie, modifikasie of optimalisering van sagteware verg. Aangesien

SA-AARP geen spesifieke riglyne bied ten opsigte van die inkomste-erkenning van tegniese professionele

dienste nie, word hierdie ooreenkomste erken volgens die spesifieke rekeningkundige riglyne in die Verenigde

State van Amerika, insluitende ARB No 45, deur gebruikmaking van die relevante riglyne in SOP 81-1,

soos voorgeskryf deur SOP 97-2. In gevalle waar hierdie dienste nie beduidende produksie, modifikasie of

optimalisering benodig nie, word inkomste erken apart van die sagteware lisensie-inkomste en word dit erken

soos wat die dienste gelewer word, soos vereis deur SOP 97-2.

Die groep sluit ooreenkomste met netwerkoperateurs, waarvolgens toepassingsagteware gelisensieer word aan

netwerkoperateurs in ruil vir ’n persentasie van die intekengeld wat hulle verdien vanaf hul klante. In gevalle

waar al die sagteware ingevolge die ooreenkoms gelewer is, word inkomste erken soos die netwerkoperateur die

groep se inkomste-deling rapporteer, wat normaalweg op ’n kwartaallikse basis plaasvind. Onder ooreenkomste

waar die groep onderneem het om ongespesifiseerde toekomstige toepassings te lewer, word die inkomste op

gelewerde toepassings erken op ’n subskripsiebasis oor die termyn van die ooreenkoms.

Kitsboodskap-inkomste

Kitsboodskap-inkomste verteenwoordig die groep se belang in die inkomste uit kitsboodskapdienste (KBD) wat

bestaan uit toegevoegde waarde dienste en ander verwante produkte wat gelewer word aan selfoon- en

rekenaargebruikers in terme van ’n aantal samewerkingsooreenkomste met verskeie selfoonoperateurs.

Die KBD-inkomste word primêr erken gebaseer op die maandelikse state wat van die operateurs ontvang word.

Die inkomste word netto van die operateurs se deel van die inkomste en geskatte oninvorderbare bedrae erken,

wat uit operateurs se transmissie- en faktureringsprobleme ten opsigte van tegniese probleme bestaan, aangesien

die groep die operateurs beskou as die primêre rolspelers in die inligtingtransmissie- en afleweringsproses, wat

’n kritieke en intregrale deel van die groep se draadlose toegevoegde waarde-dienste vorm.

Onderriggelde

Onderriggelde is nie-terugbetaalbaar en word erken volgens die reguitlyn-metode oor die duur van die

toepaslike kursus.

Rente-inkomste

Rente word erken op ’n tydsgrondslag, gebaseer op die effektiewe opbrengs op die onderliggende bates.

Dividendinkomste

Dividende word erken wanneer die reg op betaling gevestig is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!