02.05.2013 Views

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VERSLAG

DIREKTEURSVERSLAG AAN AANDEELHOUERS

vir die jaar geëindig 31 Maart 2003

Bedryfsresultate

Die afgelope jaar het ons groep gefokus op die verbetering

van marges in sy gevestigde sake en die aansporing van

nuwe ondernemings tot winsgewendheid. Relatief minder

nuwe geleenthede is ontwikkel.

Gedurende die finansiële jaar het veral die volgende

opgeval:

● MIH Limited (MIHL) het sy belang in OpenTV

verkoop. Hierdie transaksie is verantwoord as ’n

eindigende bedrywigheid en ’n wins van R751 miljoen

is erken. Hierdie wins sluit die realisering van buitelandse

valuta omrekeningsreserwes van R673 miljoen in.

● Die groep het ’n reorganisasie afgehandel ingevolge

waarvan die minderheidsaandele in MIH Beherend

Beperk (MIHH) en MIHL verruil is vir Naspers

N- gewone aandele. Die proses is afgesluit met die

sekondêre notering van Naspers op Nasdaq Nasionale

Mark. Klandisiewaarde van R1,8 miljard, asook ander

ontasbare bates, insluitende handelsname en patente van

R0,5 miljard, is op die balansstaat geskep.

Toestande bly straf in die meeste markte waarin die

groep werksaam is. In dié omgewing het ons gefokus op

die verbetering van marges in ons gevestigde sake en die

aansporing van nuwe ondernemings tot winsgewendheid,

wat daartoe gelei het dat bedryfswins voor amortisasie en

waardedaling tot R527 miljoen gegroei het.

Die inkomstestaat weerspieël ’n amortisasiekoste van

R342 miljoen. Ongeveer R276 miljoen hiervan hou

verband met die amortisasie van klandisiewaarde en

R66 miljoen met die amortisasie van ander ontasbare

bates.

Die afskryf van programregte van R155 miljoen

verteenwoordig voorafbetalings aan sekere Griekse

sokkerspanne om hul wedstryde in die toekoms uit te saai.

Gegewe die verwarring in Griekse sokker sal dit moontlik

nie verhaalbaar wees nie en die direksie glo dat, soos in

die tussentydperk gerapporteer is, dit verstandig sal wees

om daarvoor voorsiening te maak.

Finansieringskoste op R223 miljoen was laer as in die

vorige jaar, deels danksy laer leningsvlakke in die groep.

Die sterker rand – waarvoor ons geen erkenning verdien

nie – het tot gunstige omrekeningswinste gelei wat

finansieringskoste met R214 miljoen verminder het

(2002: R25 miljoen).

Terwyl ’n stewiger rand tot voordeel is van ons

Suid-Afrikaanse eenhede, waarvan die insetkoste in

buitelandse valuta is, is dit die groep se beleid om

46 NASPERS BEPERK JAARVERSLAG 2003

daardie uitgawes wat in buitelandse valuta

gedenomineer is, vooruit te dek, wat die voordelige

impak verwater. Hierbenewens het die sterker plaaslike

geldeenheid meegebring dat die verdienste uit ons

buitelandse eenhede in minder rande omgesit is.

Uitsonderlike items het op ’n totaal van R61 miljoen

te staan gekom. Dit bestaan hoofsaaklik uit ’n wins van

R121 miljoen uit die verkoop en herwaardasie van

Liberty Media-aandele en ’n koste van R67 miljoen ten

opsigte van die groep se aandeel in SuperSport se

waardedaling van sy MIHL-aandele.

Die belastingkoste van R159 miljoen sluit in ’n

eenmalige netto krediet van R118 miljoen wat verband

hou met die skep van ’n uitgestelde belastingbate in

’n groepmaatskappy.

Kontant uit voortgesette bedrywighede het op

R1,4 miljard te staan gekom.

Op 31 Maart 2003 het die groep netto

gekonsolideerde kontantbronne van R2,1 miljard gehad

en rentedraende laste van R1,0 miljard, gekapitaliseerde

bruikhuur ten opsigte van satelliet- en ander

transmissietoerusting uitgesluit.

Die wesensverdienste per N- gewone aandeel uit

voortgesette bedrywighede het op 1 sent gestaan, in

vergelyking met ’n verlies van 162 sent die vorige jaar.

’n Segmentele ontleding wat die omset en resultate

van die individuele sakesegmente weerspieël, verskyn

op bladsy 99 van hierdie verslag.

Aard van sakebedrywighede

Naspers Beperk is in 1915 ingevolge die wette van

die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer.

Die hoofbedrywighede van Naspers en sy bedryfsfiliale

(gesamentlik ‘die groep’) is die bedryf van

betaaltelevisie- en internet intekenaarplatforms en

die verskaffing van verbandhoudende tegnologieë, die

publikasie, verspreiding en druk van tydskrifte, koerante

en boeke, sowel as die verskaffing van private

onderwysdienste. Hierdie aktiwiteite word deur filiale,

gesamentlike ondernemings en geassosieerde

maatskappye in hoofsaaklik Suid-Afrika, sub-Sahara-

Afrika, Griekeland, Ciprus, Thailand, China en

Nederland bedryf. Die groep het sy belang in OpenTV,

met bedrywighede in die Verenigde State van Amerika,

gedurende die jaar verkoop.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!