02.05.2013 Views

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AANTEKENINGE

AANTEKENINGE BY DIE

GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE

(vervolg)

2. Vernaamste rekeningkundige beleid (vervolg)

56 NASPERS BEPERK JAARVERSLAG 2003

(h) Voorraad

Voorraad word waardeer teen die laagste van kosprys of netto realiseerbare waarde. Voorraad se kosprys

word in die algemeen bereken op die eerste-in-eerste-uit-metode (EIEU). Produksiekoste sluit direkte arbeid,

’n toepaslike gedeelte van bokoste en ander direkte koste in, maar sluit finansieringskoste uit. Netto

realiseerbare waarde verwys na die verwagte verkoopprys minus enige voltooiingskostes en verkoopskostes.

Afskrywings word gemaak vir verouderde, onbruikbare en onverkoopbare voorraad en vir latente skade wat

eers aan die lig kan kom wanneer voorraad gebruik of te koop aangebied word.

(i) Handelsdebiteure

Handelsdebiteure word gedra teen verwagte realiseerbare waarde. Twyfelagtige debiteure word beraam op

grond van ’n evaluering van uitstaande bedrae op jaareinde. Oninbare skulde word afgeskryf in die jaar waarin

dit geïdentifiseer word.

(j) Kontant en kontantekwivalente

Kontant en kontantekwivalente bestaan uit kontant voorhande, onmiddellik opvraagbare deposito’s by banke

en beleggings in geldmarkinstrumente met ’n maksimum leeftyd van drie maande vanaf aankoopsdatum. Sekere

van hierdie kontantsaldo’s is beperk vir onmiddellike gebruik ingevolge ooreenkomste met banke en ander

finansiële instellings. Vir doeleindes van die kontantvloeistaat word kontant en kontantekwivalente aangebied

netto van bankoortrekkings.

(k) Voorsienings

Die groep skep voorsienings as daar ’n huidige wetlike of afgeleide verpligting bestaan wat voortvloei uit ’n

vorige gebeurtenis, dit waarskynlik is dat toekomstige ekonomiese voordele uit die groep sal vloei ten einde

die verpligting af te los, en daar ’n betroubare raming van die bedrag van die verpligting gemaak kan word.

Die groep erken die geraamde verpligting op alle produkte onder waarborg soos op die balansstaatdatum.

Die groep erken ’n voorsiening vir beswarende kontrakte wanneer die onvermybare koste die verwagte voordele

uit die kontrak oorskry. Herstruktureringsvoorsienings word erken gedurende die tydperk waartydens die groep

’n wettige of konstruktiewe verpligting oploop om te betaal. Koste verbonde aan die voortgesette aktiwiteite van

die groep word nie vooruit voorsien nie.

(l) Belasting

Belastingkoerse

Die standaardkoers gebruik vir normale Suid-Afrikaanse maatskappybelasting is 30%.

Sekondêre Belasting op Maatskappye (SBM) is bereken teen 12,5%.

Internasionale belastingkoerse wissel van jurisdiksie tot jurisdiksie.

Uitgestelde belasting

Uitgestelde belasting word ten volle voorsien volgens die balansstaat-aanspreeklikheidsmetode vir alle

tydberekeningsverskille wat ontstaan tussen die belastingbasis van bates en laste en hulle drawaardes vir finansiële

rapporteringsdoeleindes. Huidige statutêre koerse word in die bepaling van uitgestelde belasting gebruik.

Ingevolge hierdie metode moet die groep voorsiening maak vir uitgestelde belasting met betrekking tot verkrygings,

op die verskil tussen die billike waardes van die netto bates verkry en hul belastingbasis. Voorsiening vir belasting,

hoofsaaklik terughoubelasting, wat kan ontstaan met die uitkering van behoue inkomste, word slegs erken tot

die mate wat daar ’n huidige voorneme is om sodanige reserwes uit te keer.

Die belangrikste tydberekeningsverskille ontstaan op waardevermindering van eiendom, aanleg en toerusting,

ander ontasbare bates, voorsienings en ander bedryfslaste, vooruitontvange inkomstes en belastingverliese

oorgedra. Uitgestelde belastingbates word erken tot die mate dat dit waarskynlik is dat toekomstige belasbare

inkomste beskikbaar is om die onbenutte belastingverliese en tydberekeningsverskille te kan benut.

Sekondêre Belasting op Maatskappye (SBM)

Dividende verklaar is onderhewig aan SBM, maar word verminder met dividende ontvang gedurende die

dividendsiklus ten einde die SBM-aanspreeklikheid te bepaal. Indien die dividende wat gedurende die siklus

ontvang is die dividend verklaar oorskry, ontstaan daar geen SBM-verpligting nie. Enige sodanige oorskot

word oorgedra na die volgende dividendsiklus en word as SBM-krediete in die belastingaantekening openbaar.

Indien die dividend verklaar die dividende ontvang gedurende die dividendsiklus oorskry, ontstaan die

SBM-verpligting teen die heersende SBM-koers. Die SBM-uitgawe vorm deel van die belastinguitgawe

in die inkomstestaat in die tydperk wat die dividend betaal word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!