02.05.2013 Views

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

NASPERS BEPERK JAAR VERSLA G 2003

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AANTEKENINGE

AANTEKENINGE BY DIE

3. Beduidende verkrygings en vervreemdings (vervolg)

GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE

(vervolg)

Finansiële jaar geëindig 31 Maart 2001 (vervolg)

Gedurende die fiskale jaar 2001, het MIHL sy aandeelhouding in M-Web met 6,5% tot 22,3% opgestoot teen ’n

kontantteenprestasie van R49,2 miljoen. Die oorskot van MIHL se ekwiteitsbelegging oor die billike waarde van die

netto bates verkry, bedra R38,0 miljoen wat aan klandisiewaarde toegewys is en word oor sy beraamde nuttige

lewensduur van vyf jaar geamortiseer.

In April 2000 het MIHL ’n 100%-belang in A-1 Net Holdings Limited en sy volfiliaal, M-Web Online, vir ’n

kontantteenprestasie van R10,2 miljoen en die uitreiking van 11 226 528 M-Web China (BVI) Limited A- gewone

aandele, verkry. Die koopsom van R85,3 miljoen is geallokeer aan ontasbare bates en klandisiewaarde en word oor ’n

verwagte nutsduur van drie jaar geamortiseer.

In Mei 2000 het MIHL ’n 10%-belang in 21 Vianet Inc. verkry vir ’n kontantteenprestasie van R48 miljoen.

Dié belegging is teen koste in rekening gebring aangesien die groep geen beduidende invloed oor 21 Vianet Inc.

uitoefen nie.

MultiChoice Cyprus Limited (MCC) is in Julie 2000 op Ciprus se aandelebeurs genoteer. Altesaam 29 096 582

aandele (38,38%) is aan die publiek aangebied, met ’n gevolglike verwatering van MIHL se effektiewe belang in

MCC van 51% tot 35,21%. Die opbrengs op die aanbieding het R28,9 miljoen beloop. ’n Wins van R29,0 miljoen op

die verwatering van die groep se belang is aangeteken.

Met ingang November 2000 het MIHL sy belang in NetMed NV (die houermaatskappy van die Mediterreense

televisie-intekenaarplatformbesigheid) van 100% tot 88,81% verwater deur die uitreiking van aandele aan Global

Finance Investors II LP vir R193,3 miljoen kontant. Dié transaksie het aanleiding gegee tot ’n verwateringswins van

R189,1 miljoen.

In Desember 2000 het Noochee Solutions Inc. (Noochee) al sy bates en sekere aanspreeklikhede oorgedra na

Mindport IBS Limited, ’n nuutgevormde maatskappy, en MIHL het al Integrated Business Systems BV se aandele

wat MIHL besit en R113,5 miljoen kontant aan Mindport IBS Limited oorgedra. As gevolg van die oordrag besit

MIHL 70% en vorige aandeelhouers van Noochee 30% van Mindport IBS Limited. Die transaksie is in berekening

gebring as ’n aankoop onder die reëls van besigheidsamevoegings, met Noochee as die verkrygde entiteit. Die billike

waardes van die netto bates verkry, bedra R113,5 miljoen.

In Februarie 2001 het MIHL ’n verdere 4%-belang in NetMed Hellas SA (’n kanaalmaatskappy in die Mediterreense

gebied) vir R60 miljoen verkry, wat sy belang tot 100% versterk het. Die koopteenprestasie is vereffen deur die

uitreiking van 459 770 MIHL Klas A- gewone aandele.

Die koopteenprestasie is aan klandisiewaarde toegewys.

NASPERS BEPERK JAARVERSLAG 2003

63

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!