04.05.2013 Views

Final EIAR - Aurecon AME Environmental | Environmental Projects

Final EIAR - Aurecon AME Environmental | Environmental Projects

Final EIAR - Aurecon AME Environmental | Environmental Projects

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

etroubaarheid van hierdie energiebron. Die blaaie is gewoonlik liggrys en kan 20 – 60 m lank wees. Die

buisvormige staaltorings is 60 – 120 m hoog. Die blaaie roteer teen 10 – 22 6 – 15 omwentelings per

minuut. Die ratkas word gewoonlik gebruik om die spoed van die kragopwekker te verhoog. Sommige

modelle werk teen ʼn konstante spoed, maar meer krag kan opgewek word deur turbines met ʼn

veranderlike spoed. Alle turbines word toegerus met beskermende eienskappe om skade tydens hoë

windspoedtoestande te voorkom – dit beskik naamlik oor die vermoë om die blaaie na die wind toe te

draai en dus die rotasie daarvan te staak, en ʼn gepaardgaande remstelsel.

Windturbines met horisontale asse se hoof-rotoras en kragopwekker is in ʼn gondel aan die bokant van

die toring geleë. Konvensionele windturbines met horisontale asse kan in die volgende drie komponente

verdeel word.

• Die rotor-komponent, wat die blaaie insluit wat windenergie na lae-spoed roterende energie

omskakel.

• Die opwekkingskomponent, wat die kragopwekker en beheer-elektronika insluit, en waarskynlik

ook ʼn ratkaskomponent vir die omskakeling van lae-spoed inkomende rotasie na ʼn hoëspoed

rotasie wat geskik is vir die opwekking van elektrisiteit.

• Die strukturele ondersteuningskomponent, wat die toring en die rotor-slingermeganisme (wat die

rotor in dieselfde rigting as die wind draai) insluit.

Die finale ontwerp vir die fondasie van die turbines hang af van verdere geotegniese ondersoek, maar die

fondasies vir hierdie beoogde projek sal waarskynlik uit bewapende beton bestaan. Die fondasie sal

ongeveer 20 m x 20 m, en gemiddeld 3 m diep wees. Die fondasie sal in situ gegooi word en opgevul

word met bogrond sodat die plantegroei rondom die staaltoring (ongeveer 6 m in omtrek) weer kan

teruggroei. ʼn Waterdigte oppervlakte (20 m x 40 m) vir ʼn hyskraan sal rondom elke turbine gebou word.

Grond toegangspaaie van 6 – 10 m sal ook benodig word tussen turbines.

Rooster konneksie infrastruktuur (Wind):

Die beoogde windprojek kan by wyse van die twee satelliet-substasies (elk 100 x 100 m in grootte) met

die elektrisiteitsnetwerk verbind word. Die satelliet-substasies sal seksies van die aanlegte met die

beoogde hoof-substasie by die Kangnas windenergie-aanleg verbind, wat op sy beurt weer aansluit by

die dubbelbaan oorhoofse kraglyn. Die satelliet-substasies sal beskik oor ʼn medium (22 – 66 kV) tot hoë

(132 – 400 kV) transformasievermoë, met die gepaardgaande infrastruktuur soos Eskom-verlangde

skakeltuie, telekommunikasie, stoorplek, kontrolekamer, toegangspad, geleistamme, oorhoofse

kraanstellasies, omheining en ander generiese infrastruktuur. ʼn Enkelspoor-grondpad sal dien as

toegangspad vir onderhoudswerk aan die substasie. Die twee satelliet-substasies kan energie voorsien

aan die hoof-substasie via oorhoofse kraglyne.

Die stroomspanning by die beoogde hoof Kangnas substasie sal verhoog word en by wyse van die

bestaande 220 kV Eskom (of toekomstige 132 – 400 kV) kraglyn wat oor die noordelike deel van die

terrein loop, weggevoer word. ‘n Nuwe dubbelstroom 132 – 400 kV kraglyn van ongeveer 18 km lank sal

opgerig word om die hoof substasie te konnekteer aan die bestaande Eskom rooster wat die eiendom

kruis. Daar word verwag dat die nuwe oorhoofse kraglyn sal verbind d.m.v. ‘n lus aan die Eskom rooster

wat sal vereis dat die bestaande kraglyn twee afsonderlike draaie maak in die nuwe dubbelstroom

kraglynne. Alternatiewelik kan Eskom verkies dat ‘n verbindingstasie opgerig word naby die bestaande

Eskom kraglyn. Die hoof-substasie sal beskik oor ʼn medium (22 – 66 kV) tot hoë (132 – 400 kV)

transformasievermoë, met die gepaardgaande infrastruktuur soos Eskom-verlangde skakeltuie,

telekommunikasie, stoorplek, kontrolekamer, toegangspad, geleistamme, oorhoofse kraanstellasies,

omheining en ander generiese infrastruktuur. ʼn Enkelspoor-grondpad sal dien as toegangspad vir

onderhoudswerk aan die substasie. Die totale oppervlakte van die hoof-substasie sal na verwagting nie

groter as 200 x 200 m, oftewel 4 ha, wees nie.

FV Component

FV-stelsels skakel sonlig om na energie. Die kleinste eenheid van ʼn FV-aanleg word ʼn sonkrag-sel

genoem. ʼn Aantal sonkrag-selle wat elektronies met mekaar verbind en op ʼn ondersteunende struktuur

of raam gemonteer is, word ʼn FV-eenheid (module) genoem. ʼn Aantal selle vorm ʼn eenheid en ʼn aantal

eenhede vorm ʼn reeks (wat in Engels as ʼn “array” bekend staan). Eenhede word in afdelings gerangskik

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!