03.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

na hierdie. Daar is baie mense wat sal sê: ‘Nee wat, dit is nou suiwer

spekulasie daardie, Pastoor Neser’. Maar as ek dan vir elke stelling ‘n Skrif

gee en sê maar hoe verklaar jy dit dan? Dan moet u kies tussen die een of

die ander. Hier, as die engele dan die slegte mense gaan afskei van die

regverdiges, hoe verklaar andere dit dan, hoe gaan dit gebeur?

• Matthéüs 24:29-31

29 “EN dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son

verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre

sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud

word.

30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel

verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die

Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot

krag en heerlikheid.” (En luister nou):

31 “En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal

sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een

einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.”

Wat ‘n geweldige operasie gaan dit nie wees nie! Ons ou poginkies met lug

armadas, ligbrug van Berlyn hier in die sestigerjare en daardie dinge, dit is

niks in vergelyking met wat hier vir ons beskrywe word nie en u moet

daaraan dink. En die son wat sal verduister en die sterre wat van die hemel

sal val - wat ‘n konsternasie! Geween; sodat die nasies van die aarde sal

rou bedryf en geen wonder nie, die verskriklike dinge wat oor die aarde

gaan kom en wat die HERE sy engele sal stuur om sy uitverkorenes

bymekaar te maak. Dit is ‘n fantastiese toneel wat homself hier voor jou

verbeelding ontvou as jy ‘n bietjie daaroor nadink.

Goed, kom ons lees verder: Die ander lede van hierdie groot familie sal tog

seker intens belangstel in die uiteindelike verlossing van die mens? Ons

glo dat die nag ver gevorder is en dat dit al amper dag is en die engele

gaan ‘n baie uitstaande rol in hierdie, op hande synde gebeurtenis speel.

Die mens staar algehele uitwissing in die gesig. In alle groot krisisse van

die mens is daar altyd intense belangstelling in daardie ‘ander wêreld’, daar

waar die engele woon. Het die Here Jesus nie byvoorbeeld gesê dat daar

groot blydskap onder die engele van die hemel is oor een siel wat hom

bekeer nie?

• Lukas 15:10

10 “So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God

oor een sondaar wat hom bekeer.”

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!