03.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Deuteronómium 3:11

Og, die koning van Basan, word vir ons hier beskryf. Maar luister net na die

gegewens. Sy bed se lengte was omtrent dertien en ‘n half voet en die

breedte ses voet. Wat ‘n geweldige groot man was hy nie. Geen wonder

nie dat die verspieders wat deur Moses op bevel van God uitgestuur was

om die land te gaan verken, hulleself morsdood geskrik het toe hulle die

reuse gesien het.

11 “Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van die

Refaïete. Is sy ledekant, ‘n ysterledekant,” (Dit moes seker ‘n

ysterledekant gewees het anders, sou dit van hout wees, sou dit

hom nooit kon dra nie. Is dit nie mooi dat die Bybel so in

besonderhede ingaan nie?) “nie daar in Rabba van die kinders van

Ammon nie? Nege el is sy lengte en vier el sy breedte, gewone

elle.”

Nou ek het vir u verduidelik verlede keer dat ‘n el is agtien duim. Dit is die

lengte van ‘n gemiddelde man van sy elmboog tot by die punt van sy

vingers. 18 Duim word dit gereken in gewone elle. Wat sê dit? Nou ja, nege

el, dit is nege voet en nog die helfte daarvan, dit is dertien en ‘n half voet

en die breedte van sy bed in die lengte en vier el sy breedte. Nou ja dit is

vier voet, vier maal een is vier en nog die helfte daarvan is ses voet, was sy

bed breed. Vir een man het hy hom vol gelê.

Die Bybel is nie geskrywe om nou maar sommer net beuselagtige

dingetjies vir ons te sê nie. Daarom het ek al so baie in hierdie Bybel

studies vir u gesê, ons moet nie die Bybel lees asof dit nou maar sommer

‘n klomp los onsamehangende verhaaltjies en feite en punte is nie. Die

Bybel is die Boodskap van God vir die mens en Hy is geskrywe onder

inspirasie van die Heilige Gees. Dit is nie ‘n gewone boek nie daarom al

hierdie dinge, as ons hulle bymekaar bring, dan maak dit vir ons ‘n

geheelbeeld uit en vertel dit vir ons die volle verhaal. As hy op die gewone

manier vertel moes gewees het, sou jy ‘n hele biblioteek van boeke nodig

gehad het om vir jou elke ding tot in die fynste besonderhede te ontrafel en

uit te pluis. As u hierdie patroon vir uself het dan kan u van hier af die Bybel

vir uself lees, natuurlik onder die leiding van die Heilige Gees waarsonder

jy dit nie kan lees nie en jy dit nooit sal verstaan nie. Dan sal die HERE vir

uself nog baie meer dinge openbaar.

• Númeri 13:33

Ons het dit al op ‘n vorige keer gelees, maar ons lees dit net weer in hierdie

verband sodat u kan sien die verspieders het na Kanaän toe gegaan, hulle

moes die land gaan verspied vir Joshua sodat hulle berig kon bring en kon

81

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!