03.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

eens daarvan nie. Hoe min geniet ons dit? Omdat ons dit nie eers weet nie

en dit ook nie glo nie. Maar die HERE sê in sy Woord, (Rom 10:17) geloof

kom deur die gehoor en die gehoor deur die Woord van God. Met ander

woorde as jy God se Woord hoor, God se Woord is ‘n lewende saak en as

jy hom ontvang met ‘n ontvanklike, gelowige hart, dan word daardie Woord

lewendig in jou hart en in jou lewe en dan werk Hy volgens dit wat Hy sê

wat Hy sal doen.

Goed, die engele sien dus om na die liggaamlike behoeftes van God se

kinders.

• Psalm 91:11-12

11 “Want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te

bewaar op al jou weë.

12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip

stamp nie.”

Nou, dit is ‘n heerlike hoofstuk daardie - Psalm 91 – wat, soos ek hom

verstaan, veral dui op hierdie dae waarin ons lewe en waar die eindoordele

op die aarde gaan losgelaat word en dat in daardie tyd, vir die wat glo, die

engele hulle sal bewaar. Ek sê weereens met groot omsigtigheid en ek sê

dit voor die HERE want die HERE ken ons harte en ek sê dit geensins - u

moet glad nie dink of u nou enige goeie lig op my werp nie want ek gee net

vir u my getuienis - Wanneer ek in my motorkar klim, ek alleen, of ek met

my vrou of die wat saam met my ry, dan bid ek eers voordat ek ry en een

van die dinge wat ek die HERE vra is: HERE, stuur U engel voor my uit. Dan

is dit nie maar sommer net om ‘n gebed te bid nie. Ek glo dat die HERE dan

vir my ‘n engel voor my uitstuur.

Die engele staan dus onder bevel van God om die een wat in die skuilplek

van die Allerhoogste sit en die HERE sy toevlug en bergvesting maak op al

sy weë te bewaar. Hulle sal hom teen ongelukke en skade beskerm maar

dan moet ons naby die HERE lewe (2 Kon 6:15-17, Matt 26:52-53) Die

engele beskerm God se diensknegte teen hulle vyande.

• Génesis 19:9-11;

Dit is waar die engele gegaan het na Sodom en Gomorra en waar die

engele toe by Lot tuis gegaan het en die mense van Sodom toe Lot se huis

omsingel het en vir Lot gesê het hy moet daardie twee manne wat engele

was aan hulle uitlewer sodat hulle daardie liederlike onheil met hulle kon

bedryf, waarvoor hulle bekend was - die mense van Sodom, die

Sodomiete.

9 “Toe antwoord hulle:”

39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!