03.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die versoeking van die eerste mens, Adam het begin met die vraag, ‘Is dit

ook so dat God gesê het?’ Die versoeking van die tweede mens, die HERE

uit die hemel, het met ‘n soortgelyke vraag begin, ‘As U die Seun van God

is’, toe die stem van die Vader skaars weggesterf het, wat gesê het ‘Dit is

My geliefde Seun.’ Die duiwel het gekom by Eva en gesê: ‘Is dit ook so? Hy

het gekom met ‘n vraag. (Gén 3)

Hy kom by die Here Jesus in die woestyn - onthou u nadat die Here Jesus

gedoop is in die Jordaan, toe hy opkom uit die water toe daal die Heilige

Gees op Hom neer en toe kom daar ‘n stem uit die hemel en sê: ‘dit is My

geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom.’ Die Vader het uit

die hemel bevestig dit is sy geliefde Seun in wie Hy ‘n welbehae het. -

Jesus gaan die wildernis in, Satan kom by Hom en wat is die eerste

woord? Onthou die laaste woorde wat met hom gepraat is, was die stem uit

die hemel: dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Hy is in die

wildernis, daar is niemand by Hom nie, Hy praat met niemand, daar is

niemand se stem by Hom nie. Die volgende stem wat Hy hoor is Satan se

stem: ‘As U die seun van God is, sê vir hierdie klippe om te verander in

brood.’ Is dit nie verskriklik nie? Kan u dit sien, dit is presies net dieselfde.

Weer met ‘n suggestie van onwaarheid. ‘n Suggestie dat God ‘n leuenaar

is. Dit is presies wat hy nog altyd doen.

Alles het gewentel om die waarheid van wat die HERE God gesê het. Nadat

die Woord van God onder verdenking geplaas is in die gemoed van Eva

het dit haar in haar antwoord aan die Satan gelei om:

- Die woord “vry” uit te laat

Vergelyk Gén 3:2 (Eva) met Gén 2:16 (God).

Eva: “van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet”

God “van al die bome van die tuin mag jy vry eet”

- Die woorde “en dit nie aanroer nie” by te voeg

Vergelyk Gén 3:3 (Eva) met Gén 2:17 (God).

Eva “het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer

nie”

God “daarvan mag jy nie eet nie”

- Om ‘n sekerheid in ‘n moontlikheid te verander

Vergelyk Gén 3:3 (Eva) met Gén 2:17 (God).

Eva “anders sal julle sterwe”

God “sal jy SEKERLIK sterwe”

So is dit ook met ons, Satan sal eers God se Woord in u eie hart en in u eie

lewe onder verdenking plaas. Dit moet u teen waak, dan sal hy met die

volgende kom. In die moment wat God se Woord in u eie gemoed en u eie

lewe verdraai het, het Satan klaar die oorwinning oor u behaal.

97

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!