03.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Hebreeus vir ‘slang’ in Génesis 3:1 (‘diere’ hier beteken lewende

wesens) is ‘nachash’ wat beteken om te blaas, fluister of mompel soos ‘n

towenaar doen. Dit beteken ook in ‘n sekere sin om waar te sê of om te

bekoor met die bedoeling om te betower of te mesmeriseer, soos ‘n slang

dikwels doen met sy slagoffer voordat hy hom vang. Dit het ook die

betekenis van ‘om te blink of te glinster’ soos brons of koper. Sommige

Skrifgedeeltes vertel ons dat Satan ‘n uiters bekoorlike voorkoms het en

hierdie Hebreeuse woord sluit dan ook die betekenis in van ‘om te bekoor

of te betower’.

• Deuteronómium 18:9-14

9 “AS jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy

nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.

10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter

deur die vuur laat deurgaan - wat met waarsêery, goëlery of met

verklaring van voortekens of towery omgaan nie,”

(Dit is die tipe mense wat daar in die land was, wie se nasate was hulle?

Die van gevalle engele en die mense.)

11 “of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n

afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies

raadpleeg nie.

12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en

om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou

uit.

13 Opreg moet jy wees met die HERE jou God.

14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besittings verdrywe, luister na

goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God

het jou nie so iets toegelaat nie.”

U moet onthou watter nasies in daardie land was, u sal dan die verband

sien. Daardie nasies was die Refaïete, Enake hier waar die reuse was. Dit

is waar daardie nasies was. U moet onthou - ek het u vantevore gesê -

waar die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan het voor

die sondvloed en ook daarna. U onthou wat ek vir u gesê het in Gén 18:16

waar Abraham in Kanaän ingegaan het, toe was die Kanaäniete alreeds

daar. Die voorspring, elke keer as Satan vir God voorspring in sy plan. Die

Here Jesus kom om sy koninkryk op aarde te vestig en sy hoofstad sal

Jerusalem wees daar in Palestina, want dit is die beloofde land. Dié is nou

alreeds daar. Kyk ‘n bietjie mooi, al hierdie dinge werk met mekaar saam.

Goed, kyk in die land wat jy ingaan, kyk watse soort mense is in hierdie

land en dink ‘n bietjie aan die dae waarin ons lewe. ‘Nachash’ het die

betekenis van al hierdie dinge.

88

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!