03.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nou goed. Dit is nou die gelykenis. Ons gaan nou die verklaring lees wat

die Here Jesus self gegee het. Maar laat ek net u aandag vestig op ‘n paar

punte. Hier kom skielik onkruid op en sy diensknegte sê wat gaan nou

aan? Het u dan nie goeie saad gesaai nie? Waar kom die onkruid

vandaan? Toe sê Hy, luister nou mooi: ‘n vyandige mens het dit gedoen.

Daardie woord: ‘n vyandige mens, is belangrik. Die tweede wat belangrik is

dat hulle saam moet groei tot die oes toe. Want daar is so min onderskeid

sover jy kan sien dat as julle dit nou gaan doen dan trek julle dalk die

koring saam met die onkruid uit. Dit is belangrik. So, met die oestyd sal die

maaiers die onderskeid maak en dan sal hulle die onkruid eerste bymekaar

maak en hulle in bondels bind om dit te verbrand - maar bring die koring

bymekaar in My skuur. Goed, nou gaan lees ons die verklaring wat Jesus

self gegee het.

36 “NADAT Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan;

en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die

gelykenis van die onkruid in die saailand.

37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad

saai, is die Seun van die mens,

38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad - dit is die kinders van

die koninkryk,” (met ander woorde hulle is mense) “en die onkruid

is die kinders van die Bose,” (Met ander woorde, die onkruid is ook

mense, maar die Bose is ook ‘n mens. ’n Slegte mens het dit

gesaai)

Ons gaan sien in onse studie, maar ons gaan sien hoe dat daar sekere

engele was wat die gedaante van mense aangeneem het maar wat teen

God gerebelleer het. Maar wat soos mense op die aarde gekom het en ook

omgang gehad het met mense vroue en uit hulle is mense gebore. Maar

mense van ‘n ander karakter.

Nou hier sê dit, ‘n mens, ‘n slegte mens het dit gesaai. Nou sê Paulus aan

die Korinthiërs dat die duiwel doen homself ook voor as ‘n engel van die lig.

Nou goed, ek wil nie te diep daarop ingaan nie, u sien dit in baie van my

pamflette maar ek wil vir u verduidelik omtrent die engele aan die eindtyd.

Die vyand wat dit gesaai het is die duiwel, maar die HERE sê in die

gelykenis, ‘n slegte mens het dit gedoen. Goed, die vyand wat dit gesaai

het is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld en die maaiers is

die engele. Net soos die onkruid dan bymekaar gemaak en met vuur

verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld.

Dit is wat almal glo wat nou voor die deur staan. Die Seun van die mens sal

sy engele uitstuur en hulle sal uit sy koninkryk bymekaar maak al die

47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!