03.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

7 “En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het

oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog

gevoer;

8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer

te vinde nie.

9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word

duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op

die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.”

Hier is wesens op aarde aan die werk wat onsigbaar is vir die natuurlike

oog, maar wat in baie opsigte al reeds deur die eeue heen deur mense

werk en wat ek glo wat ook in hierdie laaste dae in baie ander gebiede en

omstandighede ook sal materialiseer. Ek glo ons gaan groot en geweldige

dinge nog sien in die dae waarin u en ek lewe. Dit is nader as wat u dink.

11. Die Nephilim of Reuse

Nou, ons gaan nou bietjie verder kyk na hierdie Nephilim of hierdie reuse

wat gebore is uit hierdie vermenging tussen gevalle engele en mense

vroue. (The Companion Bible) Die afstammelinge van die gevalle engele

by die dogters van die mens, word in Gén 6 “Nephilim” - wat die gevallenes

(uit ‘naphal’: om te val) - beteken, genoem. Wat die aard van hierdie

wesens was, kan maar alleenlik uit die Skrif afgelei word. Hulle was

blykbaar baie groot van liggaamsbou, maar ook groot in goddeloosheid.

Hulle was amper bo-menslike abnormale wesens en hulle uitdelging was

absoluut noodsaaklik vir die voortbestaan van die menslike ras en vir die

onfeilbaarheid van God se Woord. (Gén 3:15) (onthou dat Satan die hoof

‘gevalle engel’ is - hiervan meer later).

• Génesis 3:15

15 “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou

saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in

die hakskeen byt.”

Net nadat Adam en Eva gesondig het, besef het dat hulle naak is en

weggekruip het vir God en hulle probeer toedek het met vyeblare, kom die

HERE in Eden en roep Adam, Adam, waar is jy? Toe het die HERE vir

Adam gekry en het die HERE vir hom en Eva hulle naaktheid toegedek het

met velle. Toe staan hulle daar bymekaar.

Hier staan God, dis nie nou maar denkbeeldige dinge nie. Dis nie nou maar

‘n geestesgedagte nie. Hierdie is werklikhede. Het u geweet dat God

werklikheid is? God het in die Here Jesus, het Hy verskyn op die aarde.

72

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!