Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Die stryd om grond duur voort

“National sovereignty is defined in terms of land.”

Hierdie kort sin uit die aanvangsparagraaf van die Groenskrif op

Grondhervorming som – heel veelseggend – die onderliggende

filosofie van die regering se grondhervormingsagenda op. Nasionale

soewereiniteit word deur grondbesit bepaal – so glo die ANC – maar

nie net die ANC nie. Ironies genoeg, is hierdie begrip ook ‟n

onderliggende uitgangspunt van volkstaat-ideale. Wyle Prof.

Carel Boshoff het tereg op sy tyd gesê “die grondvraag is die grondvraag”. Op ‟n verrassende

manier stem Afrikaniste en Afrikanernasionaliste dus saam oor die belang van grondbesit vir die

toekomstige gang van die politiek. Vir beide is grond nie net ‟n kommoditeit of ‟n produksiefaktor

nie, maar ‟n bepalende faktor vir die toekomstige magsverhoudinge in Suid-Afrika. Afrikaners het

175 jaar gelede op soek na vryheid – en grond – die binneland ingetrek. Die stryd om grond en

gepaardgaande botsings op die Kaapse oosgrens en die inkonsekwente hantering van die

grondvraagstuk deur die Britse koloniale bewind was immers ‟n vername rede vir die Groot

Trek.Grond was ook die onderwerp van die traktaat tussen Piet Retief en die Zoeloekoning

Dingaan wat onderteken is kort voordat Retief en sy geselskap uitgemoor is. Sedertdien was die

struwelinge – maar ook die skikkings – tussen Afrikaners en plaaslike inboorlingstamme telkens

deur grondgeskille geïnspireer. Die stryd om grond in Suid-Afrika het egter tot dusvêr onbeslis

gebly. In 1913 en weer in 1936 het Gen. JBM Hertzog gepoog om swart grondbesit en

grondbestuur in Suid-Afrika te kodifiseer. Onder leiding van Dr. HF Verwoerd is sedert 1948 –

1966 gepoog om die sogenaamde trust-gebiede of reservate soos dit voorheen bekend gestaan

het, met staatkundige gesag van selfregering en uiteindelik onafhanklikheid te beklee. Maar die

idee van afsonderlike vryheid vir swart volkere het nie op die lange duur aanklank gevind by die

agitators vir een-mens-een-stem regering in Suid-Afrika nie. Deeglik bewus van die getalleoorwig

van swart Suid-Afrikaners, het ANC- en PAC-leiers deurgaans aangedring op Suid-Afrika

as een onverdeelde land en die samevoeging van die verskillende volkere van die land tot een

sogenaamd verenigde nasie.Vandag is Suid-Afrika inderdaad „n onverdeelde land. Die

bewindhebbers kies gerieflikheidshalwe om daarop te hamer dat slegs 13% van die land se

grond in swart besit is. Hierdie syfer dateer terug na die 1936-syfers van Gen. Hertzog en neem

nie in ag dat miljoene hektaar grond in staatsbesit is, of in besit is van swart bemagtigde

maatskappye, of sedert 1998 aan swart grondeisers-gemeenskappe oorgedra is nie.Die proses

van grondherverdeling wat in 1998 begin is, sal onthou word as een van die mees kosteondoeltreffende

oefeninge wat ‟n regering nog aangepak het. Trouens, as al die geld wat die

afgelope 13 jaar deur die staat spandeer is aan sy begroting vir grondhervorming, bymekaargetel

word, kon al die geëiste grond reeds teen markprys aangekoop en oorgedra gewees het. Maar

die geld het in ‟n bodemlose put van burokrasie, korrupsie en blote oneffektiwiteit beland.

Telkens soek die huidige bewind die medisyne vir sy eie ondoeltreffendheid op die verkeerde

plek. Dit is asof „n selfgeskepte mislukking gebruik word om die weg te berei vir ‟n meer

sosialistiese agenda. ‟n Groenskrif vir grondhervorming is onlangs gepubliseer en die publiek het

tyd gehad tot die einde Desember 2011 om kommentaar daarop te lewer. In die

aanvangsparagraaf van die groenskrif word veelseggend verklaar: “Even without it being

enshrined in the country‟s supreme law, the Constitution, land is a national asset.”

• Die groenskrif voorsien dus dat grond (net soos minerale en water) ‟n “nasionale bate is”;

• Daar word voorsien dat private eiendomsreg voortaan bloot “vrypag” gaan wees;

• Staatsgrond sal nie meer in private besit oorgedra word nie, maar slegs by wyse van “huurpag”

aan individue en gemeenskappe beskikbaar gestel word;

• Streng beperkings sal geplaas word op die regte van buitelanders op Suid-Afrikaanse grond; en

• ‟n Onheilspellende nuwe burokratiese struktuur, die “Grondbestuurs-kommissie”, word in die

vooruitsig gestel.

Die kommissie sal uitgebreide magte hê om titelaktes te verifieer en selfs nietig te verklaar; om

enige grondeienaar te dagvaar om verantwoording te doen oor die gebruik van sy grond en om

grond wat na sy oordeel op ‟n korrupte of bedrieglike wyse verkry is, namens die staat te

konfiskeer.2012 sal dus die jaar wees waarin Suid-Afrika hierdie ingrypende inbreuke in die land

se beproefde stelsel van eiendomsreg moet oorweeg en afweer. Grondeienaars sal hulle moet

voorberei op aktiewe openbare deelname oor die groenskrif – en die witskrif wat nou in die

vooruitsig gestel word – en die burgerlike samelewing sal homself moet voorberei op die moeder

van alle regstryde om eiendomsreg in stand te hou. Die eerste toets vir hierdie regstryd sal die

appèlhof en die grondwethof se hantering van die minerale onteiningsaak van die landbougroep

AgriSA wees. Indien die regering slaag met sy argument dat hy nie die houers van minerale regte

hoef te vergoed vir die onteiening van alle minerale regte nie sal die tafel gedek wees vir ‟n

soortgelyke hantering van eiendomsreg op grond. Hoe dit ookal sy – die vraag na grond en meer

bepaald die politieke en privaatbeheer oor grond sal nie net in 2012 nie maar ook in die jare wat

kom, die grondvraagstuk van die Afrikaner en Suid-Afrika se toekoms wees. (Willie Spies )

10

Transhex: SANITY OR

INSANITY

It is said that the definition of insanity is to do

the same thing over and over again expecting

different results. This principle also applies to

our business. If we want to be the best at what

we do then what we did in the past will not

necessary produce the results that we want in

the future.

How do we do things differently to get the

results that we want? Well it is all about

thinking about the way we think. We need to

constantly challenge our thinking by asking

questions. Questions like: What can I do

differently to improve the situation or process?

Is there a better or faster way of getting the

results I want? Do I need to change my attitude

in order to influence other people‟s attitudes?

How can I make my environment safer for me

and my fellow employees?

Before we act or do anything we can also ask:

What are the possible consequences of my

actions? Will I endanger my life or anybody

else‟s life? Is what I am doing legal? Is what I

am about to do in the best interest of the

Company or am I doing it for my own reasons?

By using this technique we will ensure that

there is constant improvement and change in

what we do and how we do things and this is

where we want to be. As soon as we have

reached this level we can expect different and

better results from our actions.

Traditionally people who talked to themselves

were considered in-sane; I challenge you to be

sane by doing an insane thing.

Ask yourself questions every day and expect

different results. (Stan Turketti)

Use what talents you

possess: the woods

would be very silent

if no birds sang

there except those

that sang 10 best.

11 10