11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Marna se Reisjoernaal

Winter in Nederland

Terwyl ek daagliks van my vriendinne hoor hoe warm dit op

die oomblik in Namakwaland is, beleef ons hier in Europa een

van ons ergste winters ooit. Daarom dat ek besluit het om te

skryf oor winter in Nederland, want ek het agtergekom dit is tog net ‟n bietjie

anders as die winters Henry in Ford Suid-Afrika. once said: “Coming together is a

Al is dit hoe koud beginning, binne, is ons keeping huise together altyd lekker is progress warm. Ons and het verwarmers deur

die hele huis, asook working winkels, together skole, is ens. success” Alles is warm. Die kinders moes dus nog

nooit op ‟n vroeë Maandagoggend met gevriesde vingers die tik eksamen afgelê

het nie. Ons het dit mos gereeld beleef in HSN. Buite is dit egter nog steeds baie

koud. Die temperatuur kan minus 8 grade celsius wees, maar met ‟n windjie is dit

nog kouer. Die daaglikse lewe gaan gewoonweg aan. Ons kinders speel buite.

Ons ry fiets. Vir elke taak pantser ons ons teen die koue. Jy gaan nooit uit sonder

‟n jas, ‟n serp, handskoene en ‟n mus op jou kop nie, en natuurlik ook ‟n

langpyponderbroek (thermos). Die kinders in die stootwaentjies kry ‟n ekstra dik

tipe van „n slaapsak waarin hulle sit om hulle warm te hou. Soos jul gryp na jul

sonbrille voor jul die huis verlaat, is dit tweede natuur om na ons jas, serp,

handskoene en mus te gryp. Wanneer jy dan byvoorbeeld by ‟n restuarant

ingaan, hang jy weer ouder gewoonte jou warmmaakgoed by die ingang op.

In die winter is dit nie eers nodig om jou kosvoorraad in die yskas of vrieskas te

bêre nie, alles word buite gesit om koud te bly. As dit vries deur die nag, moet jy in

die oggend lekker wees met jou fiets, want die paaie is baie glad. Alhoewel daar

al die vorige aand sout op die strate gegooi word om te help dat die paaie nie te

glad is nie, bly dit nog steeds baie glad. Ek het al ‟n paar keer lekker grond gekoop

van briek en dan gly die fiets onder my uit op die gladde pad. Die geluid van

mense se ysskraper waarmee hulle hul voertuie se ruite skoonmaak, is ook baie

bekend vroeg in die oggend. Ook die ruitwisservloeistof (soortgelyk aan

windolene) werk goed tot selfs temperature van minus 30 grade celsius. Jy kan

nie water alleen gebruik nie, want as jy net water sou gebruik, sou dit weer

vasvries op jou ruit.

Ons het dan ook dae wat dit snags minus 24 grade celsius is en die maximum

temperatuur in die dag -8 grade is. Hierdie jaar was ons gelukkig om baie sulke

dae te hê waar die temperatuur nie bo nul grade gekom het nie. Dit het beteken

dat die waterpoele begin vries het. Die Nederlanders het ‟n soort van opgewonde

begin raak, want hulle het geweet as dit lank genoeg so vries, dan sal hulle kan

skaats op die waterpoele, kanale en miskien op die gragte. Dit het inderdaad toe

koud genoeg gebly en daar is geskaats dat dit goed gaan. Die kleintjies leer al van

kleins af om te skaats en meeste Nederlanders kan ook goed skaats. Met al die

koue nagte het ons begin hoop op ‟n Elfsteden tocht. Dit is ‟n resies in Friesland

waar die mense in een dag tussen 11 stede op die ys ry en die resies kan tot meer

as 200 kilometer wees. Die laaste keer wat dit gebeur het was in 1997. Ek het al

vroegtydig verlof by my werk gevra vir as dit sou plaasvind, want ek moes dit

darem ook beleef. Die ys moet minimum 18 centimeter dik wees vir die resies om

plaas te vind. Ongelukkig het die ys nie dik genoeg geword nie. Ons sien nou uit

na die volgende keer dat dit begin vries en ek bly hoop dat ek tog „n keer ‟n

elfstede tog sal kan beleef.Ek was wel bevoorreg genoeg om al op die kanale wat

gevries was te kan loop en vir die eerste keer in my lewe kon ek hierdie jaar op die

gragte van Amsterdam rondgeloop het. Die vorige keer wat die Hollanders op die

gragte geskaats het, was 17 jaar gelede. Sommige van die gragte word net so

gelos sodat dit kan vasvries, maar deur die ander gragte vaar hulle elke dag met

‟n ysbreker om te sorg dat die water nie vasvries nie. As dit so koud is buite en jou

wange word rooi van die koue (want dit is al deel van jou lyf wat nie bedek is nie),

is daar twee dinge waaroor ek mal is en waarmee ek my lekker opwarm. Dit is

eerstens warm chocolademelk met slagroom (hot chocolate met whipped cream),

dit smaak definitief meer romerig as enige soort wat jy in Suid-Afrika sal kry.

Tweedens is Oud Hollandse snert. Snert is ertjiesop met spek en ‟n stuk gerookte

wors in, wat bedien word met rogbrood,mostert en gerookte spek. Dan word jy

sommer weer lekker warm van binne en kan jy weer die koue buite aanvat.

Jy word binne ‟n paar dae gewoond aan die koue temperature en dan is dit al

weer amper normaal vir jou om in sulke koue buite te wees. Na ‟n paar weke van

uiterste koue het dit nou weer begin warmer word by ons en is die ys besig om te

smelt. Na hierdie jaar se geweldige koue winter, kan ek nou soggens weer sonder

handskoene fietsry na my werk toe. ‟n Teken dat die winter amper op sy einde is.

Die einde van nog ‟n jaar met pragtige sneeu.

Hoop julle het ‟n idee van hoe die winters by ons hier in Nederland is en as daar

nog vrae is, laat weet, ek vertel graag van hoe ons hier in die noorde woon en

leef. (Marna van Zyl)

30

Na jare skaats hulle weer in Amsterdam op die gragte.

30

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!