11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

DA-plakkaat

veroorsaak opskudding

Die DA studenteorganisasie (Daso) het ʼn

opskudding veroorsaak op sosiale netwerke

nadat die organisasie sy nuwe

werwingsplakkaat op Facebook geplaas het.

IOL berig dat die plakkaat wys hoe „n wit

man en swart vrou mekaar met kaal bolywe

omhels. Die DA se jeugleier, Makashule

Gana, het intussen die plakkaat verdedig.

“Ons is ʼn nuwe generasie van mense en

leiers en ons wil ʼn sekere samelewing te

weeg bring, een waar mens nie twee keer sal

kyk wanneer jy so iets sien nie. Ons praat

van die toekoms.” Die plakkaat het ʼn storm

ontketen op sosiale netwerke soos Facebook

en Twitter met sommige mense wat dit as

pornografie bestempel en sê dit sal meer

gepas wees vir ʼn advertensie vir kondome as

vir ʼn politieke organisasie. Daar is ook

diegene wat die DA geloof het vir die

plakkaat en meen dit is ʼn ware uitbeelding

van die huidige Suid-Afrika. (Nico Strydom)

"If you want things to

be different, perhaps

the answer is to

become different

yourself."

Die DA-jeug se rassepolitiek

Die legendariese swart Amerikaanse ekonoom, Thomas Sowell, het eenkeer in ʼn 11 debat ten velde

getrek teen die persepsie dat swart mense gelykheid van uitkomste en dergelike beleide soos

regstellende aksie en swart bemagtiging steun. Hy het veral die sogenaamde meningspeilings oor

sulke kwessies gekap en gesê as ʼn swart persoon het hy nog nooit eers ʼn meningspeiler gesien nie.

Sy skerpste kritiek was gerig op die sogenaamde liberale en linkses (ja, daar is ʼn verskil!) in die

media, politiek en akademiese wêreld wat vir swart mense besluit wat die beste vir hulle is.

Volgens hom steun swart mense nie gelyke uitkomste nie, die wit liberale skryf dit voor aan almal.

Die DA se studentevleuel se nuutste bemarkingsplakkaat het weereens beelde van die briljante

Sowell se sieninge by heelwat mense, my inkluis, opgeroep. Die plakkaat wys ʼn kaal, jong, blanke

man in ʼn erotiese posisie saam met ʼn kaal, jong, swart vrou. Die trefreël lees as volg: “In our future,

you wouldn‟t look twice”. Hoewel gemengde huwelike lank nie meer iets ongewoon is nie, lê daar

positiewe en negatiewe punte in hierdie boodskap en plakkaat opgesluit en smeek om ontleding. Dit

is boonop ʼn politieke plakkaat en moet binne die konteks van die Suid-Afrikaanse politieke landskap

asook die demografie van die teikengroep ontleed word.

Eerstens moet die party 10 uit 10 kry vir waagmoed want dit verskuif werklikwaar nuwe grense.

Ons is al lankal gewoond aan gemengde paartjies wat mekaar soen in advertensies en op mekaar

verlief raak in sepies soos Generations en 7de Laan. Maar hierdie plakkaat, hoewel gemik op die

betreklik liberale jeugsegment wat (nog) nie so sosiaal konserwatief soos hul ouers is nie, het in

onverkende gebiedswaters begin vaar. Ek vermoed dit het nog steeds sommige 20-jariges geskok

en sommiges gevlei maar in die algemeen het meeste studente, swart én wit, slegs daarvoor gelag.

In ʼn pas uitgereikte boek deur die twee Stellenbosch-akademici, proff. Hennie Kotzé en Pierre du

Toit, word daarop gewys dat sosiale konserwatisme een van die min waardes is wat alle Suid-

Afrikaners deel. Gedagtig hieraan moet ek die DA geluk wens om nuwe kiesers met so ʼn wulpse

plakkaat te probeer werf. Slegs die tyd sal leer of studente en ander Suid-Afrikaners vatbaar was vir

so ʼn boodskap.

Tweedens verdien dit ook punte omdat dit strook met die party se beeld waarvolgens integrasie, nierassigheid,

ʼn oop geleentheid-samelewing en sosiale liberalisme die septer swaai. Die aanstelling

van die jong me. Lindiwe Mazibuko as die party se leier in die parlement is tekenend van die

vernuwing, verjonging en daarmee saam die diversifisering van die DA.

Derdens het hulle die Grondwet in die letter en gees gestand gedoen. Hoofstuk 1 van die opperste

wet van die land lui as volg:

“Die Republiek van Suid-Afrika is een, soewereine, demokratiese staat gegrond op die volgende

waardes:

a) Menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede.

b) Nie-rassigheid en nie-seksisme.

Die Handves van Regte waarborg daarbenewens onder meer die vryheid van uitdrukking, mening,

en gelykheid. Die party het hiermee die Grondwet volkome gestand gedoen en in die lig van Julius

Malema se hatige retoriek en openlike rassisme – wat subtiel deur die ANC goedgekeur word –

moet dit verwelkom word. Die party systap ook netjies die strik van dwang en voer aan dat integrasie

dermate sal geskied onder die DA se bewind, dat veelrassige paartjies algemeen sal raak en dit nie

in mense se kele afgedwing sal word nie. Die plakkaat het boonop die DA weer in die media-kollig

geplaas en dit het altyd waarde, of dit goeie óf slegte publisiteit kry. Almal praat daaroor en dit is die

hoofdoelwit.

Maar terwyl die plakkaat dalk ʼn indruk op sekere mense gemaak het, ly dit twyfel of dit die regte

boodskappe uitstuur. Met hierdie advertensie reduseer die DA, nes die ANC, ons politiek tot die

element van ras. Dus vertel dit vir jongmense dat integrasie – en in hierdie geval erotiese integrasie

– belangriker as beleid is. Volgens hierdie logika is veelrassige kopulasie mos belangriker as om te

wys hoe werk geskep word vir die duisende jong mense wat elke jaar nie werk ná skool of

afstudering kry nie. Seks is eweneens belangriker as om jou studies klaar te maak en nie vir ses jaar

op universiteit te sit vir een graad nie. En in ʼn land met ʼn MIV/Vigs-koers wat van die hoogste ter

wêreld is en waar duisende jongmense met hierdie virus besmet word en uiteindelik doodgaan

daarvan, het die DA dit goed gedink om seks en ras bo goeie beleid te verhef.

Die party het derhalwe Sowell se kritiek laat lewe kry deur iets te skep wat hulle dink deur die land

se mense aanvaar behoort te word. Hulle skep dus die “regte” werklikheid, bepaal wat “moreel” reg

is en dwing dit op Suid-Afrika af, want dit is mos “hulle” toekoms. Nes die ANC skep hulle dus ʼn

“meesternarratief” van wat die beste is en word die res van Suid-Afrika dus as‟t ware na die

volgende fase van ontwikkeling gelei. Ons is dus nog nie volmaak nie, maar moet eers na hierdie

utopie of finale stadium gelei word, aldus die party. Hoewel die boodskap grondwetlik onberispelik is,

is dit polities onvernuftig. Die klassieke fout wat die liberale nog altyd gemaak het is om te aanvaar

almal is dieselfde en dink eenders. Dit is wel so dat as jy elke persoon oopsny kom daar rooi bloed

uit, ongeag die persoon se velkleur. Maar in die praktiese politiek word voorkeure bo grondwetlike

ideale verhef. Sommige mense sien die plakkaat as sagte pornografie en dink dis nog ʼn kreeftegang

in die morele karakter van die land. Ander mense van verskillende ouderdomme en rasse is bloot

gekant teen veelrassige verhoudings. Swart mans en wit vroue voel uitgesluit deur die plakkaat

omdat hulle nie daarin verteenwoordig word nie. Swart vroue voel hulle word as objekte eerder as

mense gesien. Uiteindelik is almal ontnugter en skepties. Presies dit wat die DA wou vermy.►►

11

Success seems to be connected with action. Successful people

keep moving. They make mistakes, but they don't quit.

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!