11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOME IS WHERE YOUR JOURNEY

BEGINS

Nostalgie word beskryf as daardie bittersoet verlange wat „n mens

oorval wanneer jy na dinge, persone, situasies en ervarings van die

verlede verlang. Dit kan ook beskryf word as homesickness. Die

verlange na die huis.

By Houthoop in Namakwaland is daar „n bordjie waarop daar staan:

Home is where your journey begins. Jou reis het daar begin. Maar

intussen het jy al ver op die lewenspad gereis. Elke tree wat jy gee, is

verder van die huis, van die verlede af. As jy op „n dag van die besige

pad afdraai en stilhou en stil word en nadink, dan oorval hierdie gevoel

jou. Jy besef eintlik dat jy nie na die verlede kan terugkeer nie.

Max Lucado skryf hierdie treffende woorde: You no longer have

yesterday. It slipped away as you slept. Sorry, what‟s gone is gone.

The second hand of the clock refuses to tick backward. You no longer

have yesterday.

Onlangs het ek ek my neef, Koos Victor, tot baie laat die aand op sy

heerlike dek van sy huis op Onrus gesels. Natuurlik het ons oor die

verlede gesels en aangename en minder aangename herinnerings

opgediep. Ons het onder andere gepraat oor oupa Koos se plaas,

Aasvoëlbos, en die tuishuis op Merweville, Voortrekkerstraat 66, waar

ek gebore is. Dit is nie meer in die besit van die Victors nie. In daardie

huisie en op daardie plaas het my lewensreis begin – baie jare gelede.

En tereg sê Max Lucado, die horlosie kan nie agteruit loop nie. Jy kan

dit ook nie met geweld terugdraai nie. Want „n horlosie is nie tyd nie. Dit

meet maar net die tyd soos dit verbygaan. En met die water wat verby

is, sal jou meul nooit weer maal nie, het die wyse Langenhoven geskryf.

Op Aasvoëlbos lê „n hele paar van ons voorsate begrawe. Daar is pa se

jongste broertjie wat by geboorte oorlede is, ouma Kittie wat na hom

daar begrawe is en oupa se tweede vrou. Oupa self se graf is daar en

sy een suster, tant Trynie. So ook die graf van pa se broer wat vir baie

jare, eers saam met oupa en later alleen, daar geboer het. Maar die

begraafplasie is verwaarloos. Die omheining is stukkend. Van die grafte

het ingeval. Die terrein is vol bosse en vuilgoed. Ek het verlede jaar met

die eienaar gesels en genoem dat die plek onnet is. Sy antwoord was

dat dit ons saak is. Ons is welkom om dit te kom regmaak. Ek het nie

geantwoord nie. Ek sou graag egter wou weet wat die

verantwoordelikheid van „n nuwe eienaar is ten opsigte van grafte op „n

eiendom wat hy koop. Sal dit in die koopbrief dalk beskryf word? Om te

verwag dat die nageslag dit instand moet hou, is amper onmoontlik.

Dis toe dat ons twee neefs vir mekaar sê dat ons seker die laaste twee

is wat nog enige sentiment oor ons herkoms en plekke van herkoms

het. Sy kinders woon in die buiteland en ek het nie kinders nie. En met

ons ander niggie en neefs is dit maar dieselfde. Van hulle was sedert

oupa se dood in 1966 nooit weer daar nie. En as ons geslag nie meer

daar is nie, kan ons tog nie op hulle wat na ons kom, reken om daarna

om te sien nie. Daarom dat ek toe die opmerking maak dat dit dan maar

ook so moet wees. Ek kan tog nie daarna terugkeer nie. Dit mag die

plek wees waar my reis begin het. Maar dit sal nie daar kan eindig nie.

My reis na die toekoms gaan voort. En waar ek gaan rus, is nie in my

hande nie.

Mon repos! My rusplek is elders.

( Dr.Kobus Victor)

Die Houthoop Gasteplaas

15km buite Kleinzee

On suite / Hutte / Graskampering

� 0832362152 / 027 8211 669

www.houthoop.info

www.namaqualand-info.co.za

SKY TREE-GEBOU

- Met erkenning aan die Japansending:

21

Die Tokyo Sky Tree sal volgens verwagting voltooi wees teen Februarie

2012 met die amptelike opening op 22 Mei 2012. Die konstruksie van

die wêreld se hoogste TV- en radiogolfuitsendingtoring het tot gevolg

dat werkers hulle werk moet doen op ongelooflike hoogtes. Bokseile is

so geplaas dat werkers teen die wind beskerm word en ook om die

somtyds duiselingwekkende blik na die grond daar ver onder te

verberg.

Swaar gereedskap of selfs 'n bout wat van so 'n hoë struktuur in 'n

besige woongebied val, hou ernstige gevaar in. Dit noop die bouer van

die alreeds 634 meter hoë Tokyo Sky Tree om buitengewone

voorsorgmaatreëls te tref.

Twee veiligheidsgordels is aan elke werker vasgemaak. As werkers

een losmaak om van een stellasie na 'n ander te beweeg, dan bly die

ander een nog steeds in plek. Gereedskap en selfs balpuntpenne is

met toue aan die werkers se gordels vasgemaak. Boonop is 100 meter

lange beskermende staalpanele bo-oor die treinspoor reg onder die

toring gesit. Te danke hieraan het geen werker of gereedskap nog

sedert die begin van die konstruksie in Julie 2008 geval nie.

Die staalraamwerk van die Tokyo Sky Tree is geverf met hoogs

waterafwerende materiaal wat dit baie moeilik maak vir sneeu om

daaraan vas te sit. Nieteenstaande hierdie maatreël is 'n hoop sneeu,

wat waarskynlik van die toring afgeval het, honderd meter van die

toring af gevind.

Niemand is in die voorval beseer nie, maar dis kommerwekkend vir die

plaaslike inwoners omdat dit menige gevare inhou, soos hoofbeserings,

ens.

“Ons veg teen die natuur. Alhoewel ons veiligheidsmaatreëls

implementeer, kan onvoorsiene insidente tog voorkom,” sê 'n Tokyo

Sky Tree Mpy. woordvoerder. “Daarom hanteer ons die situasie deur

gereeld inspeksies te doen en te leer uit ondervinding wat ons opdoen.”

Sky Tree- world‟s largest tower

Regstelling: Januarie 2012 Namakwa Kletz

21

Me.C. van Niekerk was nie `n getuie, maar slegs waarnemer

tydens die parlementêre sitting –Alexcor Ontwikkelingstigting.

Foto: Lulama Zinzele

21

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!