11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ek dreig nou al „n rukkie lank om met die brief te begin….

Ek dreig nou al „n rukkie lank om met die brief te begin, maar die moed en die tyd, het my tot dusver nog begewe. Hierdie bom het bitter hard en bitter

vinnig gebars en ons lei nog so bietjie aan bomskok. Ons sukkel nog om voete te vind en daar‟s feitlik elke week „n nuwe taak om aan te pak.

Nietemin, hier is ons nou. Kom ons begin by die begin:

Kempen is in Desember gediagnoseer met

Diffuse large B-cell, Non-hodgkins lymphoma, stage 4.

Stage 4 beteken dat dit aggressief is en in meer as een plek in

die liggaam en in meer as een orgaan ook.

Lymphoma is kanker van die bloedkliere om dit kortliks te stel.

Sy kanker is feitlik orals en op die volgende plekke:

Massiewe gewasse naby sy hart waarvan een

ongeveer die grootte van „n tennisbal is.

Massiewe gewasse in sy long.

Sy lewer en milt is oortrek daarvan.

Miljoene klein gewasse in,op en tussenin sy derms van die maag.

In sy bekkenbeen en in sy onderste twee rugwerwels.

Dit is feitlik in sy hele liggaam, omdat daar orals limfkliere is. Die bloed vloei deur die limfkliere en dus versprei die kanker orals heen. Ongelukkig is

dit nie die tipe gewasse wat kan uitgesny word nie, want hy sal hom doodbloei. Hy kan ook nie bestraling kry nie, want die gewasse is te veel en te

wyd versprei.

Die eerste chemo wat hy gekry het, was R-CHOP. Dit het bestaan uit 1 dag, 7 – 9 ure op drip, 5 dae se pille en „n inspuiting op die 3de dag na die

chemo. Daar was natuurlik allerhande komplikasies en sy onkoloë het toe uiteindelik besluit dat daar nie genoegsame vordering is met die

behandeling nie. Sommige van die gewasse ontwikkel „n “dop” om en die chemo kan dit dan nie binnedring om dit af te breek en te vernietig nie.

En omdat sny, of bestraling, nie „n opsie is nie, het hulle nou sy chemo plan verander. Hy ontvang nou R-ICE wat bestaan uit 4 – 5 dae, 24hr op drip,

3de dag inspuiting en pille op „n permanente basis. Hierdie chemo is egter VREESLIK sterk en breek die slegte sowel as die goeie af. Sy niere word

deurgaans gemonitor vir skade en infeksie, sy bloed word getoets om te kyk of dit nog stol, hy kry vreeslike sere in sy mond en letterlik . AL sy hare

gaan uitval. Hy was sedert gister so swak dat hy skaars kans sien om uit die bed uit op te staan. So in kort, die chemo maak hom baie siek!

Die vorige chemo het alreeds die spiere en weefsel in sy regterbeen beskadig. Hy het min/geen gevoel van die bokant van sy voet af tot onder sy

knie toe nie. Dit veroorsaak dat hy sukkel om te loop en soms gee die been sommer ook net mee. Hy moet fisio kry daarvoor en daar is ook „n

spesiale skoen wat hy kan aanskaf teen so R1500, maar dit word beskou as „n kosmetiese prosedure en word dus nie deur die mediese fonds betaal

nie. Die skoen is ontwerp teen „n “angle” wat dan die spiere oefen die heeltyd. As die gevoel in sy been terugkeer sal die skade nie permanent wees

nie. Ons hoop en bid maar vir die beste. * Ons het vandag nuus gekry dat dit die kanker is wat in die senuwee ingegaan het van die been. Dit

veroorsaak al die probleme. Die dokters sal verkies om te opereer wanneer hy klaar is met chemo om dit reg te stel.* Verder tas die chemo ook sy

geheue aan en onthou hy nie meer so lekker nie.

Hy het nog 4 chemo sessies oor waarna hy dan „n stamsel oorplanting moet kry. Sonder dit, het die dokters ons meegedeel dat hy sal doodgaan,

want die chemo breek alle weerstand af en dit is die enigste manier om hom te help. Die stamselle bou sy liggaam se weerstand op. Op die stadium

is die plan om sy eie bloed te vat, te hergenereer en weer terug te sit.Dit sal na die 2de chemo gebeur en gevries word vir latere gebruik. As sy eie

bloed nie bruikbaar is nie, moet sy 2 broers s‟n gebruik word sou hulle gepaste skenkers wees. As een van hulle s‟n gebruik word, sal hulle moet

Kaap toe gaan (van Windhoek af) op eie onkostes. Sou hulle bloed ook nie geskik wees vir donasie nie, gaan die dokters onmiddelik na „n lys van

skenkers toe wat alreeds bestaan. Kempen sal ongeveer vir „n maand in die hospitaal wees. Die eerste week sal die oorplanting self wees en die

volgende 3 sal hy in isolasie deurbring omdat hy dan vatbaar sal wees vir enige kieme en gogga‟s.

Op hierdie stadium sal die dokters na die 2de of 3de chemo besluit of dit werk en dan van daar af die plan vorentoe bepaal. Oorspronklik is besluit

dat hy teen Julie sal kan huistoe kom en dan teen September weer sal kan werk. Ongelukkig is daar nou besluit dat hy nie weer die jaar sal terug

gaan werk toe nie, nog minder wanneer hy sal kan huis toe kom omdat hy net dood eenvoudig te swak sal wees. Dus is hy vanaf die maand op

ongeskiktheid geplaas. Dit beteken dat hy net 75% van sy basiese salaries sal kry en hy sal nie geregtig wees op enige verhogings of bonusse nie.

Die persentasie word ook jaarliks verminder en na 3 jaar word hy dan permanent ongeskik verklaar sou dit nog so lank aanhou. Dit is om hierdie rede

dat my suster nie kan bekostig om haar werk te verloor nie en waarom sy nie saam met hom kan Kaap toe trek nie.

Ons gaan deurgaans probeer om soveel as moontlik fondsinsameling te doen vir hulle as gesin. Daar is „n groot aantal dinge, wat „n mens nooit

besef moet betaal word nie. Kostes wat nie deur die mediesefonds of deur Namdeb gedek word nie. Dit sluit in: petrolgeld Kaap toe en terug, asook

petrol in die Kaap, selfoon lugtyd en datatyd vir internet gebruik, konsultasie- en medisyn fooie, klere (hy benodig feitlik maandeliks nuwe klere,

omdat hy so vinnig maer word), toiletware ens. Omdat hy so gou siek word, moet hy naby aan die hospitaal bly. Op die oomblik bly hy by „n gastehuis

waar die mense baie gaaf en goed is vir hom. Tog kry hy net ontbyt en moet hy self sorg vir aandete en middagete. As Liesbet saam met hom wil bly,

kom dit uit ons sak uit. Dit is waarvoor die fondse sal gaan sowel as vir die aftrekkings wat hulle het wat nie gedek gaan word deur sy verminderde

salaris nie.

Soos julle kan sien is dit „n groot mond vol en dit is maar „n goor situasie. Hy was tot dusver nog baie sterk, maar die verlange na sy vrou en

kind(ers), vriende, familie en huis begin nou knaag aan hom. Ek bid net dat God hom sal sterk maak en sterk hou deur hierdie hele proses.

Liesbet gaan op die 6de Maart met kraamverlof en ons verwag om vir Boetie-baba so teen die 2de April te gaan haal by die hospitaal. Ons het

besluit dat sy by Kempen sal gaan kraam, by Panorama hospitaal. Op die oomblik soek ons na „n plekkie waar hulle 4 en moontlik ek, sal kan bly vir

so „n rukkie na die kraam. Iewers wat naby aan die hospitaal is sodat Pa darem tyd saam met sy seun kan spandeer voor ons moet huis toe kom en

die paspoort-storie aandurf. As enigiemand kan help met dit sal dit wonderlik wees. Julle kan my kontak daarvoor.

Nou ja – nou het ek „n mondvol geskryf. Namens my en die hele familie – BAIE DANKIE vir almal se gebede en hulp. Woorde en dade sal nooit kan

wys hoe dankbaar ons is nie. Kempen gee nie om as iemand met hom wil praat nie. Hy vra net dat julle verstaan dat hy nie altyd kan antwoord nie en

dat hy ook maar vergeetagtig en moeg is heeltyd. Julle is welkom om my te kontak vir sy besonderhede , ook sou julle „n donasie wil maak.

Groete van my kant af!

Daleen

(+264 63 232632)

daleendp@mtcmobile.com.na

daleen@mtc.blackberry.com

20

Kleinzee Hengelklub

Spanfoto Griekwas -met

handtekeninge op- word

Saterdagaand (3 Maart) by die

Hengelklub se voorsittersete opgeveil

t.b.v. Kempen. Enige iemand wat wil

bie op die "portret" kan Magda

Erasmus

� 027 877 0237 / 084 800 0268

Sien ook Hengelklub se Facebook

blad .

Ondersteun asb.

20

19

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!