11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

►►Dit is bloot dwaas-idealisties om te dink almal dink dieselfde in ʼn uiters diverse

land soos Suid-Afrika. Die DA kan gerus gaan kyk wat het van die “nasiebou”projekte

van menigte Afrikaleiers ná onafhanklikheidswording geword: Hulle is

almal in die asblik. Die ANC probeer enersyds sy meesternarratief van nasiebou in

die vorm van swart vergelding, regstellende aksie en gelykheid van uitkomste

afdwing. “Ons sal versoen wees sodra die swartes die blankes se peil bereik,” lui

hul mantra. Dus, regstelling voor versoening. Ongelukkig kan jy nie een groep

benadeel en aftrek ten gunste van ʼn ander groep om versoening te bereik nie, want

dit gaan net nuwe ongelykhede en griewe skep. So daar het die ANC se plan reeds

misluk met sy foutiewe platform. Andersyds wil die DA bloot ʼn “sagter” weergawe

hiervan gebruik om sy doelwitte te bereik. Effens minder regstellende aksie, minder

swart vergelding en regstellende aksie lite terwyl wit mans met swart vroue trou.

Dus, versoening (met die klem op soen in plakkate) voor regstelling. Werklikhede in

ons land soos groepsgriewe, ongelykhede en kultuurverskille maak volgens die DA

nie saak nie, want ons is almal mos net individue sonder ons eie identiteite en net

dele van ʼn nihilistiese geheel.

Met beide groot partye in Suid-Afrika wat nie die realiteite en nuanses van die

bevolking verstaan nie en weier om te besef verandering kom van die mense af en

nie deur ʼn meesterplan nie, het ons geen ander lewensvatbare politieke opsies nie?

Ek wag nog vir ʼn plakkaat van mense van verskillende rasse wat mekaar help oor

statusgrense heen en waar ras nie die enigste faktor is nie.

(Eugene Brink)

Matriekvraag oor dosyne eiers bekommer LP

Kaapstad – Hoeveel eiers is in twee en ‟n half dosyn?

Dìt is een van die vrae wat glo in ‟n 2011-matriekvraestel vir wiskundige

geletterdheid gevra is en wat ‟n DA-LP Dinsdag die kop laat skud het.

Donald Smiles, DA-LP wat in die parlementêre komitee vir basiese onderwys

dien, het sy bedenkinge uitgespreek oor die gehalte van sommige vrae wat aan

matrieks gestel is.

Die nasionale departement van basiese onderwys en die

gehalteversekeringsliggaam Umalusi het voorleggings oor die 2011matriekeksamen

aan die komitee gedoen.

Smiles het gevra wat presies met so ‟n vraag op matriekvlak gemeet word.

“Ek verstaan nie hoe so ‟n vraag in ‟n matriek-wiskundevraestel kan kom nie. Wat

word getoets? Die konsep dosyn – en dit op matriekvlak?”

Hy het gevra die departement moet ondersoek instel na dié vraag, aangesien hy

nie seker is van die presiese bewoording nie.

Dr. Rufus Poliah, waarnemende hoofdirekteur van nasionale eksamens in die

departement, het ook ander kwelpunte uitgewys wat in Umalusi se assessering

van verlede jaar se vraestelle opgeduik het.

Boonop word dieselfde kortverhale reeds tien jaar lank op matriekvlak vir

Afrikaans as tweede bykomende taal voorgeskryf. Volgens Poliah kan dit daartoe

lei dat dié vraestel lank reeds te voorspelbaar is.

Umalusi het aanbeveel dat die voorgeskrewe werk hersien moet word.

Annette Lovemore, DA-LP, wou weet hoe dit kan wees dat vraestelle waarvan

Umalusi die gehalte nagaan op so ‟n swak peil is soos die Engels-vraestel wat

matriekleerders moes skryf.

In Umalusi se verslag is ook na 11 vakke in besonder gekyk en spesifieke

probleme geïdentifiseer.

Talle van die probleme word aan swak onderrig toegeskryf.

Poliah het gesê daar sal vanjaar gefokus word op skooldistrikte wat onderpresteer

en spesifieke aandag sal aan wiskunde, fisiese wetenskappe,

lewenswetenskappe en rekeningkunde gegee word. (Nuus 24)

Onaangepaste uitslae skokkend

Ondersoekspan, Media24-Ondersoeke

Johannesburg – Een uit elke ses matrieks wat verlede jaar wiskunde geskryf het,

het minder as 10% behaal en ‟n derde wat fisiese wetenskappe geskryf het, het

minder as 30% gekry.

Die onaangepaste syfers vir 2011 se matriekeksamen skets dié skokkende

realiteit van Suid-Afrika se onderwysstelsel. Dit staan in skrille kontras met die

blydskap van die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, toe sy die

eindresultate vroeër vandeesmaand aangekondig het.

Onderwyskenners het die syfers as “skrikwekkend” en “kommerwekkend” beskryf,

hoewel die amptelike slaagsyfer vir 2011 twee persentasiepunte hoër as 2010 s‟n

is. In 2009 was die slaagsyfer 61%.

Die onveranderde punte skets ‟n donker prentjie, veral wat betref belangrike

vakke soos wiskunde, wetenskap, ekonomie en rekeningkunde.

Volgens die departement se eie kriteria het net 9% van leerlinge wat wiskunde

geskryf het, genoegsame kennis van dié vak. Dieselfde geld fisiese wetenskap,

waar net 10% ‟n basiese begrip van die vak het.

GRADEPLEGTIGHEIDSFUNKSIE VIR

GR. R -OPVOEDERS

Isaac Cloete

12

Volgende maand gaan die streek se Gr. R opvoeders

met sertifikate beloon word vir hul harde en toegwyde

diens aan die streek se voorskoolse leerders.

Ongeveer 43 leerders van die Namakwa Distrikskantoor is

die afgelope tyd intensief opgelei om voorheen benadeelde

leerders, met agterstande in taal en

vaardigheidsontwikkeling doeltreffend te onderrig.

Hulle het die sogenaamde program in Basiese Begrippe

Program (Basic Concepts Programme) voltooi en gaan op

20 Maart hulle sertifikate hiervoor ontvang, tydens „n spesial

seremonie.

Volens die projekleier, van die program, Dr Louis Benjamin,

het hierdie 43 opvoeders die kuns bemeester om „n gunstige

klaskamer- en leeromgewing vir hulle leerders te skep.Deur

middel van hierdie belangrike grondleggingswerk is hul

leerders nou voorberei en gereed om na die volgende stap

te beweeg.Dit sluit in die vermoeë om te leer lees, skryf en

berekeninge te doen.

Benjamin voorts gesê dat die Gr. R-opvoeders baie moeilike

uitdagings in die streek die hoof moet bied.

“Boonop het baie nie die nodige of voldoende opleiding om

voorskoolse kinders te onderrig nie.Die meeste van die

kinders is ook nie altyd skoolgereed nie, wanneer hulle na

die laerskool toe moet gaan.

Hierdie program( BCP) is daarop gemik om die Gr.Ropvoeders

toe te rus met basiese boustene sodat hulle

presies weet en verstaan hoedat jong kinders dink.Die BCP

het ook „n positiewe uitwerking op die algehele skolastiese

vordering van leerders met leerprobleme het Benjamin ten

slotte, bygevoeg.

Die projek word aangebied deur die Namakwa-Distrik

Onderwys Departement wat die klem plaas op „n vroeë

grondslag vir leer. Dit word befonds deur die Rural

Namaqualand Education Trust.

Volgens me.Rose Fielding, van die distrikskantoor, op

Springbok, gaan die plegtigheid op 20 Maart plaasvind by

die skoolsaal van Springbok Primêre Skool.

Gr R’e besig om te basiese begrippe baas te raak

"Emancipate yourself

from mental slavery,

none but ourselves 12 can

free our mind."

12

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!