11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Namakwa Boerdery

Geskiedenis van volstruisboerdery

Volstruise is reeds deur die antieke Egiptenare, Grieke en Romeine benut en soms makgemaak. Die Egiptenare

het wilde voëls gejag vir hul vleis en velle, terwyl Romeinse vroue van die adelstand op spesiale feesdae op

volstruise gery het.

Inwoners van die Kaap het in die negentiende eeu die wilde voëls teëgekom en hulle veral vir hul vere, maar

ook vir hul vleis, benut. In 1862 is begin met die uitvoer van volstruisvere na Europa en Brittanje. Die vere is

veral gebruik om deftige vroueklere en nekbehangsels te versier. Dié nuwe modeartikel het gou besonder

gewild geraak en in 1870 is formeel met volstruisboerdery begin. Teen 1882 is 100 000 voëls op plase in die

Klein-Karoo aangehou, en teen die begin van die Eerste Wêreldoorlog 750 000. Die mannetjies is een of twee

keer per jaar gepluk. In 1913 is meer as 450 000 ton vere uitgevoer!

Die Eerste Wêreldoorlog het veroorsaak dat mense hul uitgawes ingrypend moes besnoei, en vir swier en

uitspattigheid was daar nie meer tyd of geld nie. Die aanvraag na volstruisvere het oornag verdwyn en die

meeste volstruisboere is gedwing om 'n ander heenkome te vind. Tog het die nywerheid nooit heeltemal

doodgeloop nie: Dekades lank het volstruisboerdery op 'n kleiner skaal voortgeduur, veral in die omgewing van

Oudtshoorn, die wêreldhoofstad van dié nywerheid.

In die twintigste eeu is 'n nuwe - hoewel meer beskeie - doel gevind vir volstruisvere. Hul sagtheid en struktuur

maak hulle besonder geskik om stof te verwyder, en verestoffers van volstruisvere is dus baie gewild. In die

tweede helfte van die twintigste eeu het volstruisvleis plaaslik en oorsee gewild geraak onder

gesondheidsbewustes en verslankers. Die uitbreek van dolbeessiekte in Europa het ook baie mense oortuig om

'n alternatief vir beesvleis te soek. Nuwe looimetodes het dit moontlik gemaak om volstruisvelle beter te benut.

Volstruisprodukte

Hoewel vleis en leer op die oomblik die belangrikste en winsgewendste volstruisprodukte is, kan min vee so

deeglik benut word soos die volstruis. Van die gebruike sluit in:

Vleis. Volstruisvleis is soortgelyk aan beesvleis, maar is laag in vet en cholesterol - en dus 'n gesonde

alternatief vir ander rooivleis. Daarby lewer volstruisvleis net sowat die helfte van die kilojoules van beesvleis.

Vleisprodukte sluit steak, nek, worsies, patee en biltong in.

Vel. Die vel lewer sterk leer van 'n hoë gehalte, met 'n kenmerkende patroon. Volstruisleer word meestal gebruik

vir die maak van duur skoene, jasse en handsakke. Leer bedra sowat 60 % van die inkomste uit

volstruisprodukte.

Vere. Hoewel vere nie meer op groot skaal gebruik word om klere en versierings te maak nie, word verestoffers

en aandenkings steeds daarvan gemaak.

Vet. Volstruisvet lewer 'n olie wat in skoonheidsprodukte gebruik word.

Byprodukte. 'n Verskeidenheid nuttige produkte kan verkry word uit dele van die volstruis wat nie geëet word

nie. Die senings van die been kan in mense ingeplant word, en navorsing dui daarop dat die kornea ook op die

menslike oog oorgeplant kan word. 'n Bestanddeel in die brein word nagevors vir moontlike gebruik in die

behandeling van Alzheimer-siekte en soortgelyke breintoestande.

Eiers. Die eiers van volstruise kan vir roereiers en omelette gebruik word, maar die eintlike aanvraag is vir die

dop. Heel volstruiseierdoppe word versier en as ornamente of lampkappe gebruik, en borsspelde en klein

aandenkings word uit stukke dop gekerf.

Lewende volstruise. Lewende voëls word soms as waghonde aangehou. Op volstruisplase kry besoekers

dikwels die kans om self op volstruise te ry of vermaak te word deur wedlope tussen volstruise wat deur jokkies

gery word.

Volstruisboerdery

Volstruise is besonder aanpasbare voëls wat kan oorleef in toestande wat wissel van baie koud tot tropies

warm. Die beste vere is egter afkomstig van warm, droë gebiede. Die voëls het min spesiale behoeftes, hoewel

eiers en kuikens ekstra toerusting en sorg vereis. Volstruise kan in troppe aangehou word, maar vir

teeldoeleindes is groepe van een mannetjie en twee wyfies of twee mannetjies en drie wyfies ideaal.

'n Groep van drie volstruise benodig sowat 0,25 ha grond. Die kamp moet verkieslik langwerpig eerder as

vierkantig wees om te verseker dat die voëls genoeg oefening kry, en omhein word met 'n draad van 1,7 m of

hoër. 'n Afdak op pale kan bokant die nes opgerig word om die voëls en eiers te beskerm terwyl die volstruise

broei. 'n Algemene praktyk is om geleidelik van die eiers te verwyder wanneer daar so drie eiers gelê is, en

sowat 15 eiers in die nes te laat. Party boere verwyder alle eiers om die wyfie aan te moedig om aan te hou lê.

Die eiers kan verwerk word vir die mark, of versorg word in 'n broeikas.

Kuikens is in hul eerste maande vatbaar vir koue - veral in reënweer, aangesien hul vere nie natuurlike olies

bevat wat hulle teen water beskerm nie. Veral in klam, koue gebiede is skuilplek met verhitte betonvloere

wenslik.

Volstruise leef in die natuur van 'n verskeidenheid plante. In aanhouding word hulle meestal gevoer op gras en

lusern, aangevul deur geskikte pluimveekos. Beskikbare weiding beïnvloed watter aanvullings nodig is.

Volstruise sluk ook klein klippies in wat help met hul spysvertering, maar skerp of groot voorwerpe soos

glasskerwe en koeldrankbottels moet van hulle weggehou word.

Produksiestatistiek

Volstruiswyfies begin lê op twee tot drie jaar, en lewer tussen 30 en 50 eiers per jaar oor 'n produksieleeftyd van

sowat 30 jaar. Aanvanklike verliese weens onvrugbare eiers of kuikenvrektes beloop sowat 50 %, sodat omtrent

die helfte van die eiers wat gelê word, voëls van slaggrootte oplewer. 'n Broeigroep van drie voëls behoort dus

tussen 30 en 50 volstruise te lewer wat geslag kan word wanneer hulle sowat 'n jaar oud is. So 'n dier behoort 'n

gewig van ongeveer 100 kg te hê en omtrent 30 kg vleis te lewer. As 'n broeigroep van drie volstruise binne 'n

jaar 40 kuikens lewer, kan dié kuikens as slagvee in die komende jaar 1 800 kg vleis, 50 m2 leer en 36 kg vere

lewer. 'n Koei, daarenteen, lewer jaarliks een kalf waarvan 250 kg vleis en 2,7 m2 leer verkry word.

Die bieërs

27

� By geleentheid in die NG

gemeente waar ek groot

geword het, neem die

pastoriemoeder haar

pastoriekind ferm aan die hand

en sleep hom uit die kerk uit.

Die mannetjie skree agterna vir

sy pa wat op die preekstoel

staan:" Help! Sy gaan my nou

dood blixem!"

Nodeloos om te sê die kerk

was na dit nie meer dieselfde

nie!

27

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!