11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Verband tussen klimaat,

oorloë

Londen – Oorloë en burgerlike konflik is twee keer

meer geneig om plaas te vind tydens jare waarin

El Niño-klimaatstoestande voorkom, het „n studie

bevind.

Die natuurlike weerverskynsel, wat temperature

laat styg en reënval laat daal, kom elke drie tot

sewe jaar oor „n groot deel van die wêreld voor.

Die Amerikaanse navorsers het bevind die

verskynsel verdubbel die kans op burgeroorloë in

verskeie tropiese lande.

Hul navorsing is in die joernaal Nature gepubliseer

en is die eerste om „n verband tussen die stabiliteit

van moderne samelewings en die klimaat te

probeer vind.

“As daar ongelykheid in die samelewing is, as daar

onderliggende wrywing is, is dit moontlik die

klimaat gee die uitklophou,” het die hoofnavorser

Solomon Hsiang gesê.

Die navorsers meen El Niño kan in die laaste

halfeeu vir tot „n vyfde van die wêreld se konflik

verantwoordelik wees.

I Believe...

That just because two people argue

it doesn't mean they don't love each

other.

And just because they don't argue,

it doesn't mean they do love each other.

Facebook : Namaqualand-info /

of : www.namaqualand-info.co.za

'Urine is goed vir kweek

van groente'

Johannesburg. – Australiese wetenskaplikes het

met ‟n veldtog begin om mense ter wille van

voedselsekerheid en skoon waterbronne te oorreed

om hul urine te herwin en hul groentetuine

daarmee te bemes. Die wetenskaplikes by die

Instituut vir ‟n Volhoubare Toekoms by die Sydney-

Universiteit van Tegnologie (SUT) het gesê urine is

‟n belangrike bron van fosfor en behoort daarom as

natuurlike bemestingstof vir gewasse gebruik te

word.Dena Fam, leiernavorser, het aan die

Australiese medianetwerk ABC gesê fosfor is die

hoofoorsaak van die verryking en gevolglike

besoedeling en algegroei in die wêreld se

waterbronne. Dit beland in riviere en damme deur

rioolsuiweringstelsels wat onklaar geraak

het.“Terwyl kundiges waarsku fosfor, sowel as

skoon water, is besig om al hoe skaarser te word,

klink die herwinning van urine dalk na ‟n radikale

oplossing. Historiese navorsing het egter bewys in

antieke tye het mense – van die ou Grieke tot die

Arabiere – hul eie urine gebruik om gewasse mee

te bemes,” het Fam gesê.Mense kan dalk

wegskram van dié gedagte, maar die waarheid is

dat urine feitlik steriel is sodra dit die liggaam

verlaat.“Die hoeveelheid nie-herwinbare fosfor, wat

noodsaaklik is vir alle lewe op aarde, is besig om te

kwyn en urine bevat alle voedingstowwe – fosfor,

potassium en stikstof – wat nodig is vir die kweek

van gesonde groente.”Fam en haar

navorsingsvennote gebruik nou tegnologie om

urine van vaste stowwe te skei, asook “droë

toilette” wat reeds in Finland en ander dele van

Skandinawië gebruik word. Die urine word as

natuurlike bemestingstof in ‟n eko-dorpie naby die

SUT gebruik en die groente daar groei glo

welig.Fam en haar kollegas doen nou ook

navorsing om te probeer vasstel watter medisyne

en ander hormonale middels in urine is wat

plantgroei moontlik kan benadeel.Volgens Fam

moet mense oorreed word om kulturele

vooroordele te oorkom en die konsep van urineherwinning

te aanvaar. Hulle het reeds ‟n

ooreenkoms met ‟n maatskappy gesluit wat Sydney

se urine gaan herwin. Die navorsers gaan nou ‟n

spesiale groentetuin buite die stad aanlê en net

urine gebruik om die groente mee te bemes.

Men for the sake of getting a

living forget to live.

Tant Ina se Kook en

Geniet laat rekords spat

Dit was bitterlik harde 7 werk wat haar

ma die sukses gemaak het wat sy

vandag steeds is, sê Eunice van der

Berg, die dogter van die kookboeklegende

Ina de Villiers.

En tant Ina, soos almal haar geken

het, oortref vandag nog rekords– 60

jaar nadat Kook en Geniet in haar

agterplaas in Pretoria die eerste

keer die lig gesien het.

Hierdie immergroen resepteboek het

pas die magiese verkoopsyfer van

1111111 oortref.

Human & Rousseau het die

publikasieregte van sowel die

Afrikaanse as Engelse boeke in

1990 oorgeneem nadat De Villiers

dit al die jare self uitgegee het.

Van der Berg, ‟n huishoudkundige

soos haar ma, het later meer as ‟n

jaar lank saam met haar vriendin en

kollega Heleen Meyer aan die bygewerkte

uitgawe gewerk, wat in

November 2009 verskyn het.

Hoewel sy die boek gemoderniseer

het, was dit vir haar belangrik om

die boek as eenheid te benader, die

essensie te behou en iets van die

kultuur wat dit weerspieël, vertel sy.

Haar ma het sommer van vroeg al

metrieke mate ingebring, maar altyd

die koppies en lepelgroottes tussen

hakies behou. Dis vandag nog so.

“Ons het meestal foute reggemaak,

hier en daar herhalings uitgegooi en

enkele van die heel outydse

resepte. Ek was vas van plan om

die resep vir gekookte skaapboud te

skrap, maar toe sê ‟n vriend en

bekende sjef dis deel van ‟n

klassieke Franse tradisie.

“Só het die jellieslaaie ook gebly, en

selfs bron en hoe om tarentaal te

maak. Dis vir daardie resepte

waarvoor baie mense vandag nog

die boek koop.”

Een klassieke resep wat aangepas

is, sê sy, is die bekende “Japie se

gunsteling”, ‟n gebakte

lemoenpoeding. “Die poeding is na

my pa genoem. Ek weet nie of dit is

omdat hy altyd gesê het dis so

lekker hy eet als op nie, maar die

resep was baie klein. Ons het dit toe

met ‟n halfgrootte vergroot.”

7

7

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!