11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geestelike voedsel

Oordenking

Dr.Kobus Victor

Ek het eendag „n kinderdiens gehou. Ek hou toe „n

groot stuk wit papier vir hulle voor en vra wat hulle

sien. Dadelik was almal se hande op. Ek vra toe vir

die een seuntjie wat hy sien. Ek sien „n swart kol op

die bladsy, was sy antwoord. Ek vra toe vir die

kinders of hulle met hom saamstem. Soos „n koor

antwoord hulle: Ja! Natuurlik was hulle reg. Want

voor die diens het ek in die een hoek van die groot

vel papier „n swart kolletjie gemaak, kleiner as „n

sent.

En tog was hulle nie reg nie. Want twee dinge het

gebeur. Hulle het die groot vel wit papier misgekyk

en net daardie een swart kolletjie raakgesien. En

tweedens: daardie outjie het daarin geslaag om

almal bewus te maak van die swart kolletjie.

Dit gaan ook soms so in die lewe. Ons word elke

dag oorlaai met seëninge van die Here. Maar word

net „n oomblik stil en dink aan al die voorregte wat

jy elke dag het. Jy het „n huis, jy is gesond, jy het „n

werk, jy is gelukkig getroud en jou kinders is vir jou

jou trots en vreugde. Jy het familie en vriende wat

vir jou lief is en jou in tye van nood bystaan. En so

sal jy kan aangaan. Maar dan gebeur dit so dikwels

dat ons verby al die mooi goed in ons lewe kyk en

net die swart kolle raaksien.

Dit gaan so ook met ons belewenis van ons land en

sy mense. Ons kan lyste en lyste slegte en

verkeerde dinge opnoem wat in ons land aangaan.

Korrupsie, bedrog, moord en doodslag, slaggate en

onrybare paaie. Maar is dit al? Kyk weer. Daar is

ook die positiewe wat ons soms miskyk. Verder, as

ons só die swart kolle in die kollig plaas, maak ons

ook die mense rondom ons negatief.

Miskien moet jy weer „n slag gaan kyk wat in 1

Kronieke 16 vers 34 staan. Dit kom voor in „n lied

wat Dawid vir Asaf en sy ampsgenote laat sing het

toe die ark van God in die tempel ingebring is. Uit

volle bors het hulle gesing: Loof die Here, want Hy

is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! Is dit

nie wat ons eerder moet doen nie? In plaas van

klaagliedere moet ons lofliedere sing. Hierdie

wêreld (ook rondom jou) sal „n vreugdevolle een

wees as elkeen van ons maar net in sy klein hoekie

positief begin lewe. Kyk verby die swart kol en sien

die mooie raak.

�Koos en sy pêl het 'n sak vol lemoene by die

neighbors gesteel. Hulle hardloop na die naaste

begraafplaas om die lemoene te verdeel. Toe hulle

by die hekke inhardloop, val 2 lemoene uit die sak

en word net daar gelos.

'n Dronkie oppad terug van die kroeg loop daar

verby en hoor toe - "Een vir my en een vir jou, een

vir my en een vir jou".

Hy skrik hom sommer dadelik nugter en hardloop

na die Dominee toe.

"Dominee, Dominee, kom saam my asseblief, kom

hoor hoe deel God en satan lyke tussen hulle in die

begraafplaas!".

Hulle hardloop na die begraafplaas en die stemme

gaan voort! "Een vir my en een vir jou, een vir my

en een vir jou!". Skielik se die een stem - " Nou wat

van die twee by die hek?".

Dominee het die vinnigste gehardloop...

‟N NUWE BEGIN ... vir 2012

Dit was laatmiddag toe die boer en sy vrou met hulle bakkie op die grondpad verby die

man met die groot rugsak op sy rug ry. Die boer het onmiddellik gestop om aan die man

‟n rygeleentheid aan te bied. Dié het dit met ‟n breë, verligte glimlag aanvaar en op die

bakkie se bak geklim voordat hulle vertrek het.

‟n Paar minute later het die boer in sy tru-spieëltjie gekyk om seker te maak dat sy

passasier reg is. Verbaas het die boer gesien dat die man steeds met die swaar rugsak

op sy rug sit. Hy het gestop en vir die man gevra hoekom hy nie die swaar rugsak van sy

rug aftel nie. Dié het geantwoord: “Meneer, u doen my reeds so groot guns om my op te

laai. Ek kan nie verwag dat u bakkie nog hierdie ekstra gewig ook moet dra nie!”

Watter tipe jaar was 2011 vir jou? Was dit ‟n jaar gevul met hoogtepunte (‟n verlowing, ‟n

troue, ‟n nuwe baba in die familie of dalk ‟n prys wat jy vir ‟n oorsese vakansie gewen

het)? Of was dit ‟n jaar wat jy eerder so gou moontlik wil vergeet (omdat jy ‟n geliefde

aan die dood moes afstaan, omdat jy deur ‟n egskeiding gegaan het, omdat jy jou

besigheid se deure moes sluit of dalk omdat jy die afgelope Kerstyd alleen moes

spandeer)?

Soms word ons soos die passasier op die boer se bakkie. Hoewel Jesus reeds vir ons

aan die kruis gesterf het om ons hartseer, teleurstelling, seer en sonde weg te neem en

aan ons ‟n oorvloedige lewe te gee (Johannes 10:10), kies ons om dit soos die groot,

swaar rugsak saam met ons te dra.

Luister egter weer na die woorde in Filippense 3:13-14: “… een ding doen ek: ek maak

my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die

wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep

het in Christus Jesus.”

Wat voel vandag vir jou soos ‟n groot, swaar rugsak op jou rug? Waarom kies jy nie om

dit los te maak en af te tel nie? Wat verby is, is verby. Kom ons strek ons uit na wat God

vir ons in 2012 beplan. Wie weet, dalk is hierdie nog jou beste jaar sovêr!

BEGIN NUUT. . . MET ‟n REIN HART

Naalde, knope, muntstukke, ‟n televisie-kontrole, ‟n soutpot en beendere van diere. Dìt is

enkele van die vreemde voorwerpe wat oor die afgelope 80 jaar tydens operasies in ‟n

Kroatiese hospitaal uit pasiënte verwyder is. Hoewel die artikels aanvanklik gehou is om

aan jong voornemende mediese studente te demonstreer wat op hulle mag wag, het die

hospitaal onlangs besluit om die versameling te raam en in die hospitaal te vertoon,

tot vermaak van besoekers.

Een van die redes waarom dokters vreemde voorwerpe so spoedig moontlik uit pasiënte

moet verwyder is omdat dit ‟n infeksie kan veroorsaak wat later die pasiënt se hele

liggaam kan affekteer.

Ongelukkig laat ons ook soms toe dat “vreemde voorwerpe” in die vorm van selfsug,

jaloesie, trots, ‟n kort humeur, bitterheid en ‟n onvergewensgesindheid in ons harte

posvat en groei. As ons nie toelaat dat God dit verwyder nie, gaan ons ook beleef hoe dit

‟n infeksie veroorsaak wat later ons hele lewe affekteer.

God is heilig en Hy begeer dat ons met ‟n rein hart voor Hom sal staan. In Psalm 24:3-4

lees ons: “Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan

staan? Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is. . .” Ook in Mattheus 5:8

sê Jesus: “Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.”

In Efesiërs 4 vind ons ‟n paar wenke hoe ons hierdie “vreemde voorwerpe” uit ons lewe

kan hou: “Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die

beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. . .

As julle kwaad word, moenie sondig nie . . . Vuil taal moet daar nooit uit julle mond

kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede,

sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. . . Moet nooit verbitter of opvlieënd

wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is

nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God

julle ook in Christus vergewe het.”

God is ons Chirurg. Omdat Hy ons liefhet, kan Hy sy skalpel nadertrek en die dinge uit

ons harte sny wat ons geestelike doodmaak. Kom ons vra Hom dus om dit te doen

voordat dit te laat is.

Deur Benescke Janse van Rensburg

Daar is geen skaarste aan geleenthede 2

nie; daar is slegs 'n skaarste aan die

wilskrag om dit te benut.

2

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!