11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SA se nr. 1-skedonk

‟n Toyota-bakkie van 1976 waarvan “net die voorruit nog padwaardig was” is

Woensdag in die Noord-Kaap van die pad getrek.

In sy 40 jaar as verkeersman het hy nog nie so ‟n onpadwaardige voertuig

gesien nie, het Moses Alfonse, hooflisensiebeampte van die Sol Plaatjemunisipaliteit,

Woensdag gesê.

“Dit was net die voorruit wat reg was, maar die ruitveërs was stukkend.”

Alfonse was Woensdag op pad werk toe, toe hy die gehawende bakkie in die

township Galeshewe gewaar het.

Hy het die bakkie afgetrek. Toe hy sy identiteitskaart aan die bakkiebestuurder

wys, het die bestuurder weggestap.

‟n Kollega het Alfonso se motor kom haal en Alfonso het agter die stuurwiel

van die bakkie ingeklim om dit tot by die toetsterrein te bestuur. Só ‟n rit het hy

in sy 40 jaar as verkeersman ook nog nie beleef nie, het hy gesê.

“Die bakkie het net twee ratte en jy moet daarom baie stadig ry. Dit spring oor

die pad. Die bande is glad en nie gebalanseer nie en die skokbrekers in ‟n

skokkende toestand. Ek was vreesbevange. “By die toetsterrein het ons die

bakkie van nader bekyk. “Wat my die bangste gemaak het, is dat daar ‟n 5

liter-plastiekwaterbottel langs die enjin vasgemaak is. Dit voer brandstof

na die vergasser. Die bottel lek. Dis ‟n ontploffing wat wag om te gebeur.

“Niks werk nie. Nie die voorligte, agterligte, ruitveërs of flikkerligte nie. Alles

wat los is, is met draad aanmekaar gebind.”

Die deurpanele en sitplek is aan flarde. Selfs die bakwerk is haglik, hoewel dit

op die oog af darem na ‟n bakkie lyk.

“Die eienaar, ‟n Zimbabwiër, het my later kom sien. Hy het die bakkie verlede

jaar vir ‟n hele R5 000 by ‟n Suid-Afrikaner gekoop. “Hy het glo al sy geld

probeer terugkry. Ons het hom aangeraai om na die polisie te gaan en ‟n klag

in te dien.” Die Zimbabwiër is beboet en die bakkie geskrap. Op die pad mag

dit nooit weer nie.

Organ Donors in SA

There are around 45 000

Registered Organ Donors in

SA. That's less thatn 0.1% if the

population. Come on SA...

register TODAY.

by OrganDonorSA

'Kapitalisme sorg die beste vir mense'

Deesdae praat almal van die einde van kapitalisme. Sommige

mense maak te veel geld terwyl die meeste mense blykbaar nie

16

genoeg het nie. Bose bankbase het nou almal – insluitend die staat

– se geld gevat.Hier in Suid-Afrika is dit erger, want Jan Alleman

word daagliks vertel van die uitbuiting van armes deur die

verskriklike sakelui wat belasting ontduik.Wel die feite oor

kapitalisme is in werklikheid die teenoorgestelde, want nog nooit in

die wêreld se geskiedenis was so baie mense so ryk nie.Die mense

wat in ‟n ander stelsel geleef het soos sosialisme het nie die keuses

en die rykdom wat mense onder kapitalisme het nie.‟n Tipiese

voorbeeld is aftreebeplanning. The Economist het al in 2007 berig

dat meer as 800 miljoen mense spaar vir hul oudag.Benewens

Europa waar die staat moontlik vir jou op jou oudag sal sorg, het die

pensioenstelsels in die res van die kapitalistiese wêreld meegebring

dat mense wêreldwyd vir die eerste keer in die geskiedenis kan

aftree – nie met bietjie staatshulp nie – maar op hul eie.Nie al die

mense se aftrede is ten volle onafhanklik nie, maar die

bymekaarmaak van bates het ‟n baie groot verskil gemaak vir

miljoene.Die 800 miljoen mense was net meer as 25% van die

wêreld se bevolking tussen 15 en 64 jaar en amper 40% van die

wêreld se werkers – onthou nie almal werk vir vergoeding nie.In die

1950‟s was daar byna geen maatskappy-pensioene nie en selfs

baie min staatswerkers het ‟n pensioen gehad.Bismarck het die

eerste staatspensioen belowe in die 1880‟s vir mense ouer as 65

toe die gemiddelde Duitser sowat 52 jaar oud geword het – dus nie

regtig van toepassing op die meeste mense nie.Vandag het die

kapitalisme en die “onregverdige” stelsel die meeste mense

onafhanklik gemaak op hul oudag.Baie van hulle sal dalk nog moet

ekstra spaar of langer werk maar in lande wat deur diktators regeer

word of wat ander ekonomiese stelsels het, is daar min mense wat

dit kan bekostig om op te hou werk.Daar is sekerlik vorms van

kapitalisme en sekere reëls wat verbeter en beter toegepas moet

word, maar dit is baie meer volhoubaar as die welsynstaat soos dit

in Europa en dele van Latyns- Amerika toegepas word en wat op

die rand van ‟n afgrond staan.Volgens ‟n Unicef-verslag verlede jaar

het die persentasie inkomste van die wêreld se rykste 20%

mense,gedaal vanaf 87% in 1990 tot 82,8% in 2007.Ja dit is steeds

ongelyk maar dit verander redelik vinnig, namate meer welvaart in

meer lande geskep word.China en Indië maak goeie vordering en

ek glo Afrika sal in die volgende dekade kan bykom mits kapitalisme

toegelaat word om sy werk hier te doen. Die armste mense se deel

van die inkomste het van 0,8% gegroei tot 1%.Nie goed genoeg nie,

maar die 20 armste lande word almal regeer deur diktature,

despotiese families of dit is lande waar die ekonomiese stelsel

kommunisties van aard is.Studies van Angus Maddeson – ‟n

Nederlandse geskiedkundige ekonoom – wys dat vanaf Jesus se

geboorte tot 1820, met die koms van die nywerheidsrevolusie, die

gemiddelde mens met minder as 1% per jaar verryk is.Daarna het

die per capita-inkomste met sowat 2% gestyg tot na die Tweede

Wêreldoorlog toe dit met ongeveer 2,5% gestyg het.Na 1980 en die

bewind van Reagan en Thatcher asook die Chinese se

kapitalistiese revolusies het dit nader aan 3% geskuif.Een van die

redes vir ‟n land soos China se sukses is privatisering. China het

meer as 100 000 maatskappye aan die bestuur en/ of aan nuwe

eienaars verkoop plus sowat 5 miljoen plase toegelaat om hul eie

produkte te verkoop.

Oos-Europa het ook geprivatiseer in die 1990‟s en dele van Asië

soos Viëtnam het ook in die laaste dekade daarmee begin.

In die ou Wes-Europa, waar die welsynstaat onbekostigbaar geword

het en lande soos Griekeland en Italië op hul knieë gedwing het, sal

die staat nou baie meer op die private sektor moet staat maak.Een

van die redes waarom die Amerikaanse ekonomie goed herstel van

die onlangse ekonomiese krisis is omdat sy ekonomiese beleid

buigsamer is en sy ondernemings mededingender.Duitsland self

moes vakbonde vasvat en meer werksplekke vrymaak van

staatsinmenging. Dit beteken nie die einde van vakbonde nie – net

dat vakbonde deesdae in suksesvolle lande hulself meer as vennote

in groei sien as in onsuksesvolle lande.Suid-Afrika sal binnekort ‟n

paar besluite moet neem en dit is in almal se belang dat dié besluite

op grond van die regte feite oor kapitalisme geneem 16 word.

Die stelsel wat mense toelaat om jou eie vrugte te pluk het by verre

die beste resultate aan die mensdom gegee.

Mike Schüssler van Economists.co.za en ‟n vorige wenner van

Sake 24 se Ekonoom van die Jaar-wedstryd. 16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!