11.12.2012 Views

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

In hierdie uitgawe

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HULDEBLYK

JAN AURET

(21/08/40 – 14/02/12)

Johannes Petrus Auret (Jan)

is die tweede oudste van ses

kinders van oom Hendrik en

ant Kowa Auret, van Aigab,

naby Wallekraal.

Hy het op die familieplaas, Aigab,

grootgeword en het op Wallekraal

onder die bekwame hande van Jan & Rina Auret

wyle Karel Meiring sy laerskooljare

deurloop. Jan was „n skrander leerling en dit het hom net vyf jaar

geneem voordat hy 1954 na Garies Hoërskool toe bevorder is.

Einde van 1958 het hy gematrikuleer en daarna moes hy met die

trein vanaf Bitterfontein die vreemde inry om sy studies op

Stellenbosch voort te sit.

Die familie het dit nie breed gehad nie en Jan moes vakansies op

Alexanderbaai gaan werk vir „n ekstra inkomste. Soos ons die

Namakwalanders ken, weet ons dat hulle „n ingebore wil het om die

boonste trap te bereik en Jan was geen uitsondering nie.

Hy was „n gebore leier en het ook desjare die eerste rugbyspan van

Garies aangevoer, wat Springbok op sy eie veld afgeransel het.

Onderwys was die loopbaan wat hy gekies het en sy eerste

hoërskoolpos was by Diamantveld Hoër op Kimberley. Hier het hy

sy vrou, Rina, wat ook „n leerkrag was, ontmoet en hulle is 1965 op

Witbank getroud. Hulle het 2 seuns en 2 dogters. As

hoërskoolonderwyser het hy vroeg sy stempel afgedruk en sy

eerste skoolhoofpos was Vryburg, waar hy vir 2 en „n half jaar die

septer geswaai het. Diamantveld Hoër het goed geweet wat hulle in

Jan het en is hy ook die pos van hoofskap aangebied wat Vryburg

armer gelaat het. Op die jeugdige ouderdom van 45 het hy hierdie

sonderlinge prestasie behaal om Diamantveld Hoërskool se leisels

vir die volgende twee dekades te hou.

Die personeel van hierdie skool en die ouerkorps het onder Jan se

bekwame hande dié skool in die Noordkaap geword. Die slaagsyfer

van sy matrieks het elke jaar die skool vooruit geloop. Vandag nog

word hy deur sy ou personeel en oudleerlinge vereer vir sy

besondere bydrae tot die opvoeding.

Jan was „n kranige hengelaar en as gesin het hulle elke jaar naby

Strandfontein, waar sy voorouers gebly het, gaan uitkamp om „n

lyntjie nat te maak.

Jan en Rina het 1996 afgetree en 2 jaar later Namakwaland toe

getrek na hulle familieplaas, waar hulle dan ook deel geword het

van Wallekraalwyk. Sy gewildheid as hoof het wyd gestrek, want hy

is laterjare gereeld as spreker genooi na sy skool waaraan hy byna

sy hele onderwysloopbaan gewy het.

In die Wallekraalwyk het Jan en Rina ook „n reuse bydrae gelewer,

veral tydens ons wyksbasaar. Hy was die afgelope 4 jaar ons

wyksouderling, maar ongelukkig het hy siek geword tydens sy

dienstermyn. Ons is jammer om te moes verneem dat hy in die

vroegmôre-uur van 14 Februarie die stryd teen kanker verloor het.

Sy oudkollegas, vriende en naasbestaandes salueer die ou grote,

wat nog lank onthou sal word. Ons as wyk van Wallekraal en die

gemeente van Garies groet hierdie begaafde mens en bid vir Rina

en hulle kinders alle sterkte toe.

(Hestelle Engelbrecht)

Springbok Golfklub

Namakwaland, Suid Afrika

www.springbokinfo.co.za

Die 18 putjie Springbok Golfklub is geleë in

'n lieflike landelike omgewing sowat

6 km buite die dorp op die pad na die

vliegveld en die Goegap Natuurreservaat.

‟N NUWE BEGIN... MET NUWE

DOELWITTE

Deur Benescke Janse van Rensburg

26

‟n Bekende gesegde lui: “Die persoon wat nalaat om te beplan, beplan

om te misluk.” Sonder duidelike doelwitte word ons soos iemand wat in

sy of haar motor klim en sonder ‟n eindbestemming begin ry. Maak nie

saak hoe spoggerig die motor is of hoe vinnig dit kan ry nie, na ‟n ruk sal

die tenk petrol leeg wees en die persoon sal steeds geen bestemming

bereik het nie.

Dink vir ‟n oomblik waar jy oor ‟n jaar van nou af wil wees. Wat wil ‟n

beter werk hê? Wil jy gewig verloor? Oorsee gaan? Beter verhoudings

met jou familielede of kollegas by die werk hê? Toe, dink vir ‟n oomblik.

Besef jy dat die manier hoe jy vandag en elke dag hierdie jaar gaan

aanpak, jou nader of verder van daardie doelwitte gaan bring? Hier is

twee wenke wat jou kan help met die stel van doelwitte vir 2012:

Wenk 1: Vra God se leiding

In Spreuke 16:9 lees ons: “'n Mens beplan sy pad, maar die Here

bepaal hoe hy loop.” Voordat jy dus jou doelwitte neerskryf, vra die

Heilige Gees om jou te lei. Vra spesifiek dat God aan jou sal wys wat Hy

vir jou vir 2012 beplan.

Wenk 2: Wees spesifiek

Kry doelwitte vir die jaar, maar breek dit af na doelwitte vir elke maand en

dan elke week. Kleiner doelwitte maak dit makliker om die groter

doelwitte te bereik. Gebruik gerus hierdie sewe kategorieë as ‟n

vertrekpunt om doelwitte vir 2012 te stel:

1. Werk (Wat wil jy in hierdie jaar in jou werkplek bereik?);

2. Sosiaal (By watter vriende moet jy meer gaan kuier? Vir watter

van jou ongelowige vriende moet jy meer bid?);

3. Finansieel (Besluit watter gedeelte van jou salaris jy gaan

spandeer om jou tiende te betaal, om te spaar of om armes te

help);

4. Verhouding met God (Besluit watter tyd van die dag jy saam

met God gaan spandeer – byvoorbeeld ‟n halfuur voor werk of ‟n

tyd oor middagete?);

5. Familie (Besluit om gereeld vir jou familielede te bid en/of hulle

gereeld te kontak);

6. Gesondheid (Besluit om meer gesond te eet en meer oefening

te kry);

7. Drome (Neem ‟n besluit om ten minste een van jou jare lange

drome hierdie jaar te probeer verwesenlik).

Onthou, jy gaan dalk nie eensklaps daai oortollige 10kg afskud, ‟n 10km

wedloop kan hardloop of met jou onbeskofte kollega oor die weg kom nie.

Tog, met dissipline, klein opofferinge en baie gebed, sal jy beleef hoe jy

mettertyd makliker “nee” sê vir soetgoed, begin draf sonder ‟n miltsteek

en selfs ‟n vriendskap met daai onbeskofte kollega kan aanknoop. Kom

ons neem die eerste stap en beplan ‟n onvergeetlike 2012!

26

7

15 15

25 20

26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!