02.05.2013 Views

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

epaling dat koshuise steeds ’n sê sal hê in die plasing van

eerstejaars – hulle kan 50% self plaas.

Met duidelike blyke gedurende die gespekke dat ’n

aan sienlike mate van aanvaarbaarheid onder die stu dente

en alumni op hierdie wyse bereik is, het die Bestuur in

Junie 2007 ’n nuwe beleid om diversiteit in koshuise te

ver hoog – wat onder meer die integrasie van kos huise

vanaf 2008 impliseer – aan die Raad voorgelê. Dit is met

’n groot meerderheid goedgekeur (en weer in September

2007 met slegs een teenstem bevestig nadat ’n vergadering

van die Konvokasie ’n versoek aan die UV gerig het om

die beleid te herroep).

’n Gesofistikeerde beleidsdokument: Die goedgekeurde

dokument was ’n omvattende be leids dokument oor diversiteit

in koshuise waarin ’n ge so fisti keerde en opvoedkundige

benadering tot diversiteit en die ver skil lende dimen

sies van diversiteit in groot besonderhede uit een ge sit

is. Dit het die billike en gebalanseerde hantering van veel taligheid

met o.m. tolkdienste ingesluit. Dit is ook gelei deur

die beginsels van voldoende diversiteit en voldoende en

substantiewe veeltaligheid wat in die konsep Institusionele

Handves ontwikkel is, met die oog daarop om alle studente

tuis te laat voel in koshuise.

Wat plasing spesifiek betref, is teikens gestel om voldoende

diversiteit in koshuise te bereik. Daarvolgens moet

tradisionele blanke of swart junior koshuise minstens 30%

van die ander ras op eerstejaarsvlak in 2008 en daarna

inneem. Dit sou beteken dat die nuwe beleid oor ’n driejaar

tydperk ingefaseer word. (Vir senior koshuise is ’n

teiken van 50% gestel.) In effek moes junior koshuise in

2008 maar ongeveer 10% van hulle totale plekke met

studente van ’n ander ras vul.

Om die besluit te implementeer, is ’n Kos huis di ver si teitimplementeringskomitee

(Residence Diversity Im plementation

Committee – RDIC), onder leiding van dr E Moraka,

Viserektor: Studentesake, tot stand gebring. Personeel sowel

as studente leiers is hierin opgeneem. Die komitee se hooftaak

Annual Review • 2007 15

was om meganismes vir die imple mentering van die Raadsbesluit

te ontwikkel en te finaliseer.

Die rektor het ook in ’n reeks koerantartikels die

belangrikheid van die nuwe beleid aan ouers, alumni en

studente uiteengesit.

Ontwrigting van implementering: Ten spyte van die

konsultasie- en goedkeuringsprosesse wat gevolg is, en die

lae tempo van infasering, het die Vryheidsfront Plus

Kovsies kort na die Raadsbesluit begin om weerstand by

wit koshuise teen rasse-integrasie te mobiliseer op grond

van beweerde onvoldoende konsultasie en omdat koshuise

se tradisies aangetas sou word. Ook gedurende die SRverkiesing

het die VF+ Kovsies heelwat teenstand op

hierdie basis gemobiliseer. Dit het onder meer daartoe ge lei

dat wit studenteleiers in ’n slegs beperkte mate deelgeneem

het aan implementerings taakspanne. Dit het hul deelname

en bydraes in verdere beplanning en konsultering vertraag

en verwring. Die primariusse en primaria is in ’n stadium

deur die rektor uitgenooi om met voorstelle vorendag te

kom oor alternatiewe implementeringsmodelle, maar niks

is ingedien nie.

In Augustus 2007 het die Vryheidsfront Plus (d.w.s. nie

die studentetak van die VF+ nie) ’n aansoek by die Hoog geregshof

ingedien om die rasse-integrasie van UV-stu dentekoshuise

ter syde te stel. Enkele dae voor die hofsaak, en

kort nadat die UV se responderende dokumente by die hof

ingedien is, het die VF+ in Oktober 2007 on voorwaardelik

sy saak teruggetrek, met kostes. Hoewel VF-gesinde studenteleiers

daarna meer begin deelneem het aan die taakspanne,

was dit reeds eksamentyd en kon baie min be planningswerk

nog met hul medewerking gedoen word.

In geheel gesien het die politieke inmenging van die

VF+ die implementering van die beleid aansienlik gekortwiek,

die bydraes van studenteleiers dikwels van die spoor

af geneem, en dalk veroorsaak dat heelwat koshuise en die

afdelings Studentesake asook Verblyfdienste nie heeltemal

vir 2008 voorberei was nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!