02.05.2013 Views

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Onder tutors is 80% van kleur, terwyl al die tydelike personeel

in die navorsingsprojekte van Khoe-San-afkoms is.

In die Departement Engels en Klassieke Take is 47%

van die personeel swart (sewe mans en ’n vrou) en 47%

van die personeel is vroulik (sewe blank en een swart).

Die Departement: Studente Akademiese Dienste het

ook groot vordering gemaak en nege persone uit die

aangewese groepe (wit vroue uitgesluit) aangestel. Uit die

billikheidsfonds is vyf persone aangestel en die ander vier

was nuwe aanstellings in vakatures wat voorheen deur wit

vroue beklee was.

’n Besondere mylpaal ten opsigte van diversiteit is in

die Departement Maatskaplike Werk bereik met die aanstelling

van me. Merlene Esau as junior lektor, die eerste

per soon van kleur by die departement. Die Eenheid vir

Taalbestuur (ETB) het ’n navorser van formaat vanuit die

aangewese groepe aangestel. Die Departement Siel kunde

beskik oor vyf (35,7%) doserende personeellede (per manente

aanstellings) uit die aangewese groepe waarvan een

personeellid op die Qwaqwa-kampus is.

In die Sentrum vir Gesondheidsisteemnavorsing en

Ontwikkeling (SGSN&O) was nege swart vroue, twee

kleur lingvroue, nege wit vroue, ’n swart man en ses wit

mans, waarvan een die diens verlaat het.

Ook by UV-Bemarking duur die strewe na groter integrasie

van swart alumni voort. Die inkorporering van alumni

wat by die Qwaqwa- en Vista-kampusse gestudeer het,

lewer ’n betekenisvolle bydrae tot hierdie strewe.

By Rekenaardienste is reuse-vordering gemaak met die

indiensneming van personeel uit die aangewese groepe. Reke

naar dienste het vanaf ’n baie lae verteenwoordiging in

2005 tot 52% van personeel uit die aangewese groepe

gevorder.

In die Fakulteit Teologie is dr. Jeannette Steyn aangestel

as die eerste voltydse vroulike dosent in die fakulteit.

Sy is in die Departement Praktiese Teologie (Pastorale

Terapie), maar sal ook vir 50% van haar tyd diens doen as

Onderrig- en Leerbestuurder van die fakulteit.

Dr. Ingrid Dennis is as die eerste vroulike Direkteur

van die Instituut vir Grondwaterstudies aangestel.

Annual Review • 2007 19

Hulp met taaldiversiteit

Die tolkdiens in die Departement Afro-Asiatiese Stu die,

Gebaretaal en Taalpraktyk het ’n rol gespeel in die

hantering van diversiteit deurdat enkele SR- en twee UBvergaderings

van Engels na Suid-Sotho en omgekeerd

getolk is. By verskeie vergaderings van die Mangaung

Plaas like Munisi paliteit en die Motheo-distriks munisipaliteit,

asook Pansat, is buiten Afrikaans/Engels-tolking

ook ’n diens in onder meer Engels/Xhosa, Engels/Suid-

Sotho en Engels/Tswana gelewer.

’n Sesotho/Engels-tolk het by die tolkspan aangesluit.

Dié blinde persoon het hy hom by vergaderings geweldig

goed van sy taak gekwyt. Hy het ook gehelp met die opleiding

van bykomende Engels/Suid-Sotho-tolke. Die

tolk diens – veral ’n diens in onder meer Suid-Sotho,

Xhosa en Tswana – het verskeie geleenthede aan tolke

gebied om hulle vaardighede aan te wend, uit te bou en ’n

inkomste te genereer.

In die tweede semester is begin om by die huis vergaderings

van die koshuise Emily Hobhouse en Roosmaryn

te tolk. Dié tolking is baie goed deur sowel Engelse as

Afrikaanse studente ontvang en het ’n positiewe invloed

op die wedersydse kommunikasie, maar ook die wedersydse

begrip tussen die studente tydens huis ver gaderings

gehad. Studente uit die koshuise het opleiding gekry sodat

hulle self in hul koshuise kan tolk onder toesig van ’n

senior tolk.

Die Afdeling Personeelontwikkeling en Prestasie bestuur

het vier Sesotho-kommunikasiekursusse aan gebied

wat 34 personeellede voltooi het.

Om ’n diverse groep studente te bedien is ’n

Sesotho-sprekende sielkundige by Kovsievoorligting

aan gestel. Die Departement Sielkunde sal ook jaarliks

’n Sesotho-sprekende verskaf om internskap by Kovsievoorligting

te doen.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!