02.05.2013 Views

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

internasionale befondsing van ongeveer R1,8 miljoen

ontvang. ’n Ander projek oor die Korannagodsdiens is

afgehandel en ’n boek en artikel het hieroor verskyn.

Drama en Kuns wys hoe dit dit gedoen word

Prof. Nico Luwes is vir ’n derde keer genooi om regie in

Pavlodar in Kazakhstan te doen en het Die Buite-egtelike

Ouma in die Tsjechof-teater opgevoer. Hy het ook die

Sanlamprys vir beste regisseur en beste produksieprys vir

Lewensreg by die KKNK ontvang. Die stuk is bekroon as

beste teks en JP du Plessis van die departement is as die

naasbeste akteur aangewys. Mnr. Gerben Kamper is

benoem vir die gesogte Kanna-toekenning as beste akteur

by die KKNK en by Aardklop vir sy spel as Caliban in

Storm (Shakespeare).

Die professionele been van die departement, Facts, is

deur Lotto-befondsing in staat gestel om verskeie groot

produksies op te voer en het die jaar afgesluit met ’n

musiekspel, Little Shop of Horrors.

Me. Emmie van Wyk het opgetree as adviserende

paneellid vir fondstoedeling deur die Nasionale Kunsteraad

en vir die RGN as rapporteur van die National Arts, Culture

and Heritage Policy Review Summit.

Die Artists-in-Schools-projek van die Departement

Beeldende Kunste gaan voort om kunstenaars uit die

gemeenskap die geleentheid te gee om hul kennis en

vaardigheid in skole oor te dra. Die Departement Kuns en

Kultuur het R750 000 aan die projek toegeken. Die

aktiwiteite is in 2007 na die Suid-Vrystaat uitgebrei.

Jaco Spies (Beeldende Kunste) het ’n merieteprys op

ABSA se 22ste L’Atelier Kunskompetisie gewen – die

eerste Vrystater om dit te doen.

Aan die stuur op verskeie terreine

Dr. Marcel Brüssow (Menslike Bewegingskunde) het ’n

open bare verhoor oor die Nasionale Sport en Rekreasiewysigingswet

in Bloemfontein toegespreek op uitnodiging

van die Vrystaatse provinsiale Departement van Sport,

Kuns en Kultuur. Hy tree ook op as konsultant vir die

Vrystaat Sportwetenskapinstituut (FSSSI). Benewens hul

betrokkenheid by verskeie sportspanne van die UV,

Lindsay Saker- en OFM-fietsryspanne is die personeel van

dié departement ook betrokke by nasionale atlete met die

oog op die Olimpiese Spele in Beijing, asook die Springbokrugbyspan.

Annual Review • 2007 35

Dr. Santjie Botes is aangewys op die nasionale

Departement van Onderwys se Komitee vir Liggaamlike

Opvoeding.

Dr. Derik Coetzee was die kondisioneringsafrigter

van die Springbokke wat in 2007 die Wêreldbeker gewen

het. Hy was ook die ontvanger van die Kovsie Alumni se

Cum Laude-toekenning en die Vrystaatse Sport skrywersvereniging

se Toyota-toekenning as Sport beampte

vir 2007.

Uit die Departement Geskiedenis is prof. André

Wessels benoem as lid van die Suid-Afrikaanse Akademie

vir Wetenskap en Kuns se Geskiedenis-kommissie. Hy het

op versoek uit die buiteland ’n hoofstuk oor lord Roberts as

militêre bevelvoerder vir die Britse publikasie Victoria’s

generals voltooi.

Mnr. Lourens Geyer, Direkteur: Menslike Hulpbronne,

is deur die Nasionale Menslikehulpbrondirekteursforum

vir Hoër Onderwys as sy verteenwoordiger op die ACU

HRM Network Steering Committee aangewys. Dié komitee

het in Julie 2007 in Hongkong vergader om onder meer

die internasionale menslikehulpbronkonferensie van Mei

2008 in Tobago (Wes-Indiese Eilande) te beplan. Hy het ’n

aanbieding by die nasionale Welstandskonferensie, wat in

April 2007 deur die UV gereël is, gemaak en een oor

prestasiebestuur by ’n internasionale konferensie van die

South African Association for Research and Development

in Higher Education (SAARDHE).

Prof. Hennie van Coller is steeds die Suid-Afrikaanse

leier van ’n internasionale digitale projek oor literêre

relasies, voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en

Kuns én lid van die letterkundekommissie.

Die departementele voorsitter van die Departement

Maatskaplike Werk, dr. Roelf Reyneke, het ook gedien op

die wetenskaplike komitee van die International Association

for Social Work se internasionale konferensie van 2007.

Hy is ook lid van die keuringskomitee van die Suid

Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die Stalsprys

in maatskaplike werk.

Prof. Koos Bekker dien op die Raad van die Vrystaatse

Vereniging vir Publieke Administrasie en Regering, terwyl

prof. Cobus Rossouw, me. Cornelie Crous en mnr. Dion

Holtzhausen (Sentrum vir Rekeningkunde) op die bestuur

van die Suider-Afrikaanse Rekenmeestersvereniging in

Afrikaans (sentrale streek) gekies is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!