02.05.2013 Views

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

der rigstudente in Bloemfontein aangebied. Ongeveer 50%

van die sentrum se studente kom uit die Suider-Afrikaanse

Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), Sentraal- en Noord-

Afrika en so ver as Kanada, die VSA, die Verenigde

Koning ryk en Europa. Die sentrum het 52 nuwe voor afgekeurde

studente in 2007 gehad.

Die Departement Menslike Bewegingskunde het sy

dienste beskikbaar gestel aan die Lebone-kinderhuis van

die Calhib Mohabi-sentrum. Die praktiese opleiding en gepaardgaande

dienslewering van Remediërende Onderrigstudente

van die Departement Psigo-Opvoedkunde lewer

’n bydrae tot samelewingsdiens en diensleer. Elke jaar

word ’n gemeenskapsprojek geïdentifiseer waarby hierdie

studente as deel van hul praktiese opleiding betrokke moet

wees. Dié studente was aktief by die Hoërskool Martie du

Plessis betrokke.

Dr. Gregory Alexander (Psigo-Opvoedkunde) is be trokke

by verskeie streeksinisiatiewe. Hy werk saam met dr. R

Maarman, vakhoof: Vergelykende Opvoedkunde van die

Noordwes-Universiteit aan verdere navorsing oor die geamalgameerde

skoolsituasie in Noordwes en Noord-Kaap.

Hy is deur die Nasionale Raad vir Ekonomiese Onderwys

van die VSA gekies vir verdere opleidingsessies in Mexiko.

Die UV Regskliniek het ’n ooreenkoms gesluit met die

Departement van Justisie en Grondwetlike Sake in terme

waarvan die kliniek in staat gestel word om vyf kandidaatprokureurs

en een “mentorprokureur” aan te stel vir die

volgende twee jaar.

Die Fakulteit Teologie het die voortou geneem deur

twee buitengewone leerstoele in te stel op vakterreine wat

nog nie in Suid-Afrika ontgin is nie. Prof. Pieter de

Villiers, buitengewone professor in Bybelse Spiritualiteit,

het op 12 September 2007 sy intreerede gelewer oor

Bybelse spiri tualiteit, vrede en ’n geweldskultuur. Prof.

Laetus Lategan, dekaan: Navorsing aan die Sentrale Universiteit

vir Tegnologie, is aangestel as buitengewone professor

in Professionele en Navorsingse tiek in die De partement

Dogmatologie.

Die Sentrum vir die Begeleiding van Geestelike Leiers

(Shepherd), die gemeenskapsdiensarm van die fakulteit,

het in 2006 onder leiding van die direkteur, dr. Gerhard

Annual Review • 2007 25

Studente presteer

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe was

suk sesvol met opleiding van studente uit voor heenbenadeelde

gemeenskappe. Desmond Ncango (Ph.D.student

in Biochemie) het in Desember die eerste prys

van die gewilde biochemie- en industriëlemikologiesessie

van die Asiatiese Mikologie-kongres (AMC

2007) gewen. Meer as 300 verteenwoordigers van 27

lande het die kongres in Maleisië bygewoon.

Pulane Mahoka van die Departement Bou rekenkunde

en Konstruksiebestuur het die Vereniging van

Suid-Afrikaanse Bourekenaars (VSABR) se goue

medalje as uitstaande finalejaarstudent in Suid-Afrika

ontvang. Sy is die eerste swart damestudent in Suid-

Afrika wat hierdie gesogte toekenning ontvang.

Botha, tot stand gekom. Talle werksessies is reeds gehou

en netwerke word opgebou waardeur die geestelike leiers

van talle kerke vaardigheidsopleiding kan bekom.

Personeel van die Departement Ondernemingsbe stuur

het verskeie KMMO-gerigte opleidingsessies in same werking

met SETA aangebied, terwyl die Suid-Afrikaanse Bestuurs

ontwikkelingsinstituut ’n tender aan die program

Openbaresektorbestuur toegeken het om die Ontluikende en

die Gevorderde Bestuursontwikkelingsprogram in Noordwes,

Vrystaat en KwaZulu-Natal aan te bied. Die ven nootskap

tussen die Eenheid vir Entrepreneurskap en Senwes vir

die aanbieding van die Skole Entrepreneursprojek het in

2007 nuwe hoogtes bereik en met die ruim finansiële

betrokkenheid deur die Nederlandse Naober Stigting word

ontluikende entrepreneurs deur middel van die Mind

Dynamics Profile deur dr. Johan van Zyl opgelei.

Die Bestuurskool het in samewerking met ABSA die

High Performing Directors and Governance Programme

bekend gestel wat ten doel het om rolspelers in die kor poratiewe

bestuursomgewing, soos uitvoerende en nie- uitvoerende

direkteure, trustees en raadslede, te bemagtig.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!