02.05.2013 Views

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

UV Jaaroorsig - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

36

Jaaroorsig • 2007

Prof. Frikkie Booysen is hoofnavorser in die Effective

Aids Treatment and Support in the Free State (FEATS)

Study. FEATS is ’n multi-miljoenrandprojek oor die

effektiwiteit van vigsbehandeling en -ondersteuning in die

Vrystaat en word deur die Wêreldbank en Nederland

gefinansier. Dit is die grootste toekenning nog deur die

Navorsingskomitee van die Wêreldbank aan navorsing in

een land, en het ten doel om die voordele van antiretrovirale

behandeling vir ouers, familie van pasiënte en die

gemeenskap te bepaal. Prof. Booysen is ook aangewys op

die Interim Research Sector Steering Committee of the

South African National Aids Council (SANAC).

Prof. Hentie van Wyk is as vise-president van die

Suider-Afrikaanse Rekenmeestersvereniging en is op die

akademiese oorsigkomitee van die Suid-Afrikaanse Raad

van Geoktrooieerde Rekenmeesters verkies, met prof. Alta

Koekemoer as nasionale voorsitter van die Be lasting belange

groep van die Suider-Afrikaanse Reken meesters vereniging.

Prof. Van Wyk was hoofspreker op die 7th

National Management Convention van die Maurition

Mananagement Association en ’n genooide hoofspreker op

die International Financial Accounting and Tax Practice

Conference by die I-Shou Universiteit in Taiwan.

Dr. Cobus Pienaar van die Departement Bedryfsielkunde

is Direkteur en verteenwoordiger van die Arbinger Insituut

in Suid-Afrika.

Me. Sunell Wiehman van Kovsie-voorligting en

-ontwikkeling is die voorsitter van die Vrystaat-streek van

die Society of Student Counselling in South Africa

(SSCSA). ’n Referaat – Preparing students for the future

journey of marriage – wat sy by die SSCSA-konferensie in

Vanderbijlpark gelewer, het ’n toekenning gekry.

Me. Sheila Vrahimis is aangestel op die Vrystaatse

Benoemingskomitee en prof. Kobus Laubscher is aangestel

as die voorsitter van die Nasionale Produktiwiteitsinstituut

se Maatskaplike Plan- en Produktiwiteitsraad.

Die fakulteit se samewerking met die National Council

on Economic Education (NCEE) van die VSA is voortgesit.

Werk is aan die gang om ’n soortgelyke liggaam in Suid-

Afrika te vestig.

Musiek skuif grense

Die Departement Musiek het ’n belangwekkende same werkingsooreenkoms

met die National Institute for Higher

Education in Kimberley gesluit om die B.Mus-kwalifi ka sie

daar aan te bied. Noel Stockton en Leon Snyman het op

streeksvlak seminare aangebied vir lede van polisie-orkeste.

Noel Stockton het ook as ’n beoordelaar van die Lubner

Instrumental Music Awards in Kimberley opgetree.

Die Mangaung String-program onder leiding van Peter

Guy het in 2007 gegroei het tot die grootste musikale

uitreikprogram in die land. Die UV, ’n vennoot in hierdie

program van die provinsiale Departement van Kuns en

Kultuur, maak klaskamers en kantore beskikbaar en help

met gevorderde onderrig aan leerders.

Samewerking tussen die Departement Musiek en die

Neuberg-somerskool in Oostenryk het in April neerslag

gevind in die Neuberg-in-Bloemfontein-projek en is deur

52 studente landwyd bygewoon. Hanna van Schalkwyk,

georganiseerder, was ook beoordelaar op die Oos-Kaapse

Musiekkompetisie in Oos-Londen, terwyl Sanyo se

Nasionale Junior Orkeskursus in Kimberley onder die

leiding van Hans Huyssen gestaan het.

Die personeel en studente van die departement is op

talle vlakke internasionaal betrokke. Pianis Albie van

Schalkwyk het Indië op uitnodiging besoek en saam met

die tjellis Berthine van Schoor opgetree. Hy het ook in

Julie as deel van die personeel van die Neuberg Inter nationale

Kulturtage in Neuberg, Oostenryk opgetree.

Hans Huyssen het in Oostenryk en Duitsland as

baroktjellis opgetree en deur Suid-Afrika getoer as lid van

die Vroeë Musiek-ensemble così facciamo. Twee nuwe

komposisies het elk ’n première beleef, naamlik Gan meets

Ursula in Stellenbosch en Ciacona & Tshikona in

Johannesburg. Laasgenoemde werk het soveel byval gevind

dat ’n tweede uitvoering in Oktober op versoek van die

Minister van Kuns en Kultuur, dr. Pallo Jordan, tydens die

IBSA-konferensie in Sandton met die Johannesburgse

Filharmoniese Orkes onder leiding van die komponis

plaasgevind het. Die konferensie bevorder samewerking

tussen Indië, Brasilië en Suid-Afrika.

Internasionale kundige aangestel

Prof. Christiane Nord, internasionale vertaalkundige van

Heidelberg, Duitsland is aangestel as buitengewone professor

in die Departement Afro-Asiatiese Studie, Gebaretaal

en Taalpraktyk (AGT) en het die departement in Julie

be soek. Sy was die hoofspreker op linguistiek kon gresse in

Potchefstroom en Port Elizabeth en ’n aantal le sings en

kort kursusse aangebied aan die vertalers van die Lesothoparlement

en dosente en studente van die Uni ver siteit van

Limpopo.

Die Lessius Hocheschool in Antwerpen het prof. Jackie

Naudé (AGT) genooi om vyf referate in Vertaalkunde by

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!