Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
13

eerder as om refl ekterend meester te probeer wees en jou eie stempel

af te druk. “Authentically historical consciousness... does not see the

present as the apex of truth; it holds itself open for the claim which the

truth in the work can address to it” (Palmer 1977: 193). In hierdie sin

kan ’n teks uit die verlede nooit op die gewone manier objektief benader

word nie, want dan kom verstaan neer op passiewe afstand neem en ’n

passiewe soort kennisname van die boodskap van die verlede, ’n soort

kennisname waarin die hede reeds gedogmatiseer is om buitekant die

invloedsfeer van die teks te staan. Dan word nie werklik gehoor wat

die teks uit die verlede wil sê en inderdaad sê nie. Wat nodig is, is

dat die navorser homself bewustelik moet blootlê aan die aansprake

van die boodskap en teks van die verlede. Wat nodig is, is nie bloot

geobjektiveerde kennis nie, maar eerder ’n nie-objektiveerbare ervaring

waarin die navorser bewus geword het van wat die geskiedenis sê, in

’n teks uit die verlede werklik sê (sonder dwang van die navorser) (vgl

Palmer 1977: 191-193.) Daar moet deur die oë van die mense van die

verlede gekyk word. Dis die groot uitdaging vir die navorser.

In die metodologie van Kerkgeskiedenis, in die jongste

navorsing, het “new ways of looking at old evidence” gelei tot ʼn

betekenisvolle veranderde verstaan van dit wat in die verlede gebeur

het (Young 2007: xiii). Hiervolgens is geleer om die metodologiese en

hermeneutiese ekstremiteite wat veral sedert die 19de eeu ontwikkel

het, te vermy. In terme van ekstremiteite moet twee uiterstes vermy

word. Enersyds: Isolering (oorbeklemtoning) van die objek van navorsing

moet vermy word, omdat dit die menslike bewussyn se respons op dit

waarmee in aanraking gekom word totaal onderskat, en die bestaan

van menslike spirituele en eksistensiële ervaring virtueel uitskakel.

Voorbeelde hiervan word gevind in Objektivisme, Materialisme,

Modernisme en Positivisme. Andersyds: Isolering van die subjektiewe

menslike bewussyn moet vermy word, wanneer dit voorgehou word as

die uitsluitende oorsprong van die mens se verstaan van moraliteit,

spiritualiteit en religiositeit. Die moontlike wêreld daar buite word

hiermee te maklik verbygegaan of by voorbaat uitgeskakel. Voorbeelde

hiervan word gevind in Subjektivisme, in die immanensie van die

outonome menslike bewussyn in fi losofi eë sedert Immanuel Kant se

fi losofi e van die praktiese rede, en aanverwante teologieë, soos die

Liberale Teologie (vgl Labuschagne 2012: 3).

Die jongste benadering vra uitdruklik ons aandag vir die subjekobjek-interaksie

binne daardie wêreld wat deur ons ondersoek word. In

die menslike bewussyn se proses van verstaan is sowel die subjek (wat

belewe) as die objek (van dinge en gebeure wat die mens raak) baie

belangrik, want hulle verkeer in ʼn volgehoue interaksie met mekaar.

In hierdie interaksie is hulle nie uitsluitend ten opsigte van mekaar

nie. Hulle moet dus ook nie deur die ondersoek van mekaar geskei

Die Opstanding van Jesus Christus in die Vroeë Kerk - Dr Kobus Labuschagne