Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
INLEIDING

63

’n Liturgiese perspektief op die Paasgebeure

Prof Natie van Wyk

Die opwekking van Jesus Christus is die hart van die Christelike geloof.

As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking, geloof en kerklike

lewe betekenisloos (1 Kor 15: 3-4, 14). Nogtans word daar elke nou en

dan bewerings gemaak dat sekere lidmate, predikante en teoloë moeite

het met hierdie boodskap. Sekeres meen dat wetenskaplik gevormde

mense nie die Bybelse berigte oor Jesus se opstanding kan glo nie.

Ander is weer oortuig dat die waarheid van die opstandingberigte nie

vertrou kan word nie. Hierdie bewerings en gerugte veroorsaak, heel

verstaanbaar, ontsteltenis in die Kerk.

Hierdie bydrae wil vanuit ’n liturgiese perspektief lig werp op

die sentraliteit van die opstandingsboodskap. Dit wil aantoon dat die

ontstaan en ontwikkeling van die kerklike liturgie met die Paasgebeure

verband hou; óf dat die oorsprong van kerklike teologie teruggaan op

die nadenke oor die liturgie waarvan die opstandingsboodskap die hart

en kern is1 . Dit wil dus aantoon dat dit vanuit ’n liturgiese perspektief

onmoontlik is om op ’n liggelowige wyse met die opstandingsboodskap

om te gaan.

In hierdie artikel fokus ons op sekere dae van die uitgebreide

liturgiese kalender. Ons begin by Sondag, óf beter benaam, “klein

Pase”. Met hierdie wegspring sal ons aantoon dat die opwekking van

Jesus Christus die fondament van die kerklike lewe is en dat dit

onverstaanbaar is dat bepaalde individue in die kerk onsekerheid oor

die teenwoordigheid van die opgestane Heer sou wou skep. Verder gaan

die fokus val op ’n seleksie van feesgeleenthede binne die Lydenstyd wat

aspekte van die Paasvreugde belig, asook die Sondae van die Paaskring

wat interessante aspekte van die opstandingsboodskap belig. Op

hierdie wyse sal aangetoon word dat die geloof in die opgestane Heer

nog altyd die hartklop van die kerklike liturgie – en daarom van die

kerklike lewe – in die verlede was en vandag behoort te wees.

Ek maak die bewering dat daar eers liturgie was; teologie het

later gekom. Die opstanding van die Heer is eers gevier; eers later is

daaroor begin besin. Nog radikaler: Die evangelie van die opgewekte

Heer is eers verkondig, die Vader is daarvoor bedank en die gemeente

het in vreugde daaroor gesing voordat hierdie blye boodskap skriftelik

neerslag gevind het. As Protestante glo ons dat die evangelie in die

’n Liturgiese perspektief op die Paasgebeure - Prof Natie van Wyk