02.05.2013 Views

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

Tydskrif vir Hervormde Teologie, Jaargang 1, nommer ... - Wie is ons?

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

55

soos Hy werklik is (1 Joh. 3: 2/83v). Alleen in die volle openbaring van

sy glorie, kan die gelowiges met volheid in sy teenwoordigheid staan;

sal die gelowiges ook na sy beeld volmaak volvoer word.

Hierdie volmaakte volvoering, wat sal geskied met die

wederkoms van die Heer in al sy majesteit en glorie, sal ons oorval; ’n

radikale gebeure van buite die mens waarin die mens geen insig het en

waarvoor die mens geen aanvoeling het nie (Brunner 1962: 411). Dit

sal volledig God se daad van die herskepping van die werklikheid wees.

Tog is dit reeds waar dat hierdie lewe, as ’n voorwaardelike modus

van die opstanding, reeds in ’n staat van progressiewe verandering

staan (Brunner 1962: 411-412). Hierdie verandering word sigbaar in

die teruggrepe, die herwinnende nadenke, van hulle wat vanuit geloof

die doxa, die glorie van God in Jesus Christus, herken (vgl Brunner

1962: 411): Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want

die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander

om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van

ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is (2

Kor 3: 18/83v). Hierdie transformasie is na die wese daarvan dus nie

iets wat skielik-afgeslote of oombliklik van aard is nie. Dit is ook nie

iets wat die gelowiges se deelname daaraan uitsluit nie; juis nie: Ons

word tog opgeroep: En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie,

maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle

kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is

(Rom 12: 2/53v; outeurklem). Dit is ’n geloofswerklikheid, tans nog nie

sigbaar nie en tog reeds in die geloofsgemeenskap ’n geloofservaring:

Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want

ons het ons broers lief (1 Joh 3: 14/83v).

So word die bestaan van die gelowige, met ander woorde, die lewe

in Christus, die Opgestane, self reeds “opstanding” en tog dialekties

ook nog die afwagting op die opstanding: Omdat die Gees van Hom

deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie

Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterfl ike liggame lewend

maak deur sy Gees wat in julle woon (Rom 8: 11/83v). Die verandering

van syn ten dode na syn tot lewe is verskuild, net soos wat die dood

self skuilgaande aan die werk is in die menslike bestaan; altyd steeds

daar, en nog nie reeds daar nie (Brunner 1962: 412). Hierdie syn tot

lewe is egter ’n syn-tot en nog nie synde-in nie: dit vertoon steeds as

syn ten dode, maar is dit nie meer nie.

Paradoksaal is dit juis die woorde Ek sterf daagliks wat die

wet van die nuwe lewe is: Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as

ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here (1 Kor 15: 31/53v). Dit

is juis in hierdie aktiewe sterwe waarbinne die nuwe element vestig,

as agape, as waarheidsvolle teenwoordigheid. Dit is nie toevallig nie,

maar ’n gevolg van hierdie paradoksale wet van lewe dat agape, die

Emil Brunner se opstandingsbeskouing - Dr Johann Beukes

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!